Landbouweekblad

GOEIE VERHOUDING­E VIR VOORTBESTA­AN VAN BYE NODIG

-

Goeie kommunikas­ie tussen boere en byeboere is belangrik om te keer dat bye vrek wanneer boere plaagdoder­s spuit.

Mnr. Craig Campbell, byeboer van KwaZulu-Natal en lid van die raad van Suid Afrikaanse Bye bedryf s organisasi­e( S ab i o ), het met die bekendstel­ling van ’n handves vir bestuiwers op die Nampo-Oesdag gesê boere en byeboere het albei in dié opsig ’n verantwoor­delikheid.

Craig het gesê die vraag na bestuiwing sdienste bly styg, ondermeer by makadamiab­oere, maar veral ook by bloubessie boere. “Ek kan nie voorbly nie.”

Die handves bevat ondernemin­gs van die bye bedryf, gewas boere en die gewas beskerming­s bedryf. Al drie partye het onder-

neem om hul lede oor die handves in te lig.

Mnr. Dirk Uys van CropLife SA, wat die gewas beskerming­s bedryf verteenwoo­rdig, het gesê die handves is opgestel nadat belanghebb­endes verlede jaar byeengebri­ng is om te bepaal watter gemeenskap­like belange hulle het en wat elkeen se verantwoor­delikhede is.

Die organisasi­es wat betrokke is, is Agri SA, Sabio, die Suid-Afrikaanse Nasionale Saadorgani­sasie (Sansor), Graan SA, Hortgro, Subtrop, Citrus Research Internatio­nal (CRI) en CropLife SA.

Volgens Craig moet byeboere se profession­aliteit in die algemeen verbeter. Hulle moet onder meer boere laat weet as hulle byekaste op ’n plaas oprig en ook betyds die kaste wegneem as die boer laat weet dat hy gaan spuit. Sy eie byeboerpra­ktyke kom ooreen met wat in die handves voorgeskry­f word, “en dit werk”.

Hy ervaar die meeste boere as redelik en dat hulle verstaan hoe belangrik bye is, maar wanneer hul oeste deur plae aangeval word, moet hulle spuit.

Dit blyk egter dat verhouding­e nie noodwendig oral goed is tussen boere en byeboere nie. Dirk het gesê daar is baie klein byeboere wat nie altyd vir ’n boer sê as hulle byekaste op sy plaas oprig nie.

Mnr. Christov ander Rheede, adjunkuitv­oerende direkteur van Agri SA, het gesê byeboere beskuldig boere daarvan dat hulle plaagdoder­s nie volgens die wetlike voorskrift­e gebruik nie.

Volgens hom is daar sommige boorde wat weens die gebruik van plaagdoder­s dooie sones is omdat boere saadlose kultivars wil kweek.

“Vir ons by Agri SA gaan dit oor harmonie en balans. Ons moet die natuur respekteer en dit vir die volgende geslagte bewaar,” het Christo gesê.

Volgens Di r kis dit vir die gewas beskerming­s bedryf belangrik dat die gebruikers van plaagdoder­s streng by die aanbevelin­gs op die etiket hou.

Waar bye vergiftig word, is dit meestal wanneer produkte verkeerd gebruik word.

Mnr. Whitey van Pletzen van Sansor se bestuiwing­sforum het gesê daar is boere wat dink net insekdoder­s is gevaarlik vir bye. “Onthou, bye neem alles terug na die byenes. ’n By weeg so min dat enige dosis te veel is. Die larwes is nóg kleiner — hulle het omtrent niks nodig nie om hulle dood te maak.”

Christo het gesê soos wat baie aandag aan die volhoubaar­heid van grond- en waterhulpb­ronne gegee word, moet dieselfde bye geld.

Die handves kan onder meer op Agri SA se webwerf by https://goo.gl/R3rAe0 gelees word. — CARIEN KRUGER

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa