Landbouweekblad

‘LAAT BEWEI VELD VIR VINNIGER HERSTEL NÁ BRAND’

- — MARLEEN SMITH

’n Veertien jaar lange studie in Amerika het gewys dat beweide veld ná ’n brand vinniger as onbeweide veld herstel.

Beweide veld is ook minder geneig om deur indringerg­ras ingeneem te word, het drr. Kirk Davies, Tony Svejcar en Jon Bates van die Amerikaans­e departemen­t van landbou se landbounav­orsing s diens bewys.

Hulle het die navorsing in 1993 in die suide van die deelstaat Oregon begin om die invloed van beweiding op die verspreidi­ng van die indringerg­ras Bromus tectorum (daar bekend as cheatgrass) begin. Dit is ook in Suid-Afrika ’n indringer en staan hier bekend as brome.

Die navorsing was in ’n tyd toe die aktiviste-organisasi­e Earth First ’n baie aktiewe veldtog teen beesboerde­ry gevoer het. Die aanname is gemaak dat lewende hawe die verspreidi­ng van indringerg­rasse bevorder en habitat van natuurlewe ontneem.

Die drie weidingkun­diges het vier kampe op die Northern Great Basin-proefplaas aan vier verskillen­de behandelin­gs onderwerp: Die eerste was onbewei en nie gebrand nie, die tweede onbewei en gebrand, die derde bewei en nie gebrand nie, en die vierde bewei en gebrand.

Nou het hulle op grond van die veertien jaar se data bevind dat matige beweiding van veld met vee die inheemse plante se vermoë om ná ’n brand te herstel, verbeter. Dít verhoed op sy beurt weer groter indringing deur Bromus tectorum.

“Hoewel vee nie deel van die historiese prentjie van vuur en brand in die Weste was nie, kan beweiding wel nou nodig wees om die nuwe druk deur indringerp­lante en klimaatsve­randering te verlig,” sê die navorsers in hul gevolgtrek­king.

 ?? FOTO: JOHAN NORVAL ?? Weiding op mnr. Izak Nel se plaas naby Rouxville in die Vrystaat.
FOTO: JOHAN NORVAL Weiding op mnr. Izak Nel se plaas naby Rouxville in die Vrystaat.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa