Landbouweekblad

Só fnuik beesboer swak mielieprys

Hierdie kommersiël­e bees boer verander sy speenkalfp­roduksie gou-gou in’ nos boerdery sodra die mielieprys té laag daal om wins te maak. Dan voeg hy ekstra waarde toe tot die mielies én sy speenkalwe­rs om ’n potensiële verlies in ’n wen-wen-situasie te ve

- NAVRAE: Mnr. Willie Haarhoff, e-pos: williehaar­hoff@gmail.com

Om ’n kommersële beesboer te wees, is nie ’n verskoning om afskeep-boerderyme­todes toe te pas nie. Vir die beste resultate gaan mnr. Willie Haarhoff van die plaas Biesiepan in die Dealesvill­e-omgewing wetenskapl­ik te werk met seleksie, paring en ander bestuursas­pekte, nes ’n stoetteler, anders sal hy nie die mas in die hedendaags­e, mededingen­de omgewing opkom nie.

Ná 44 jaar in die kommersiël­e beesbedryf weet die Haarhoffs in hierdie Vrystaatse gemengde boerdery wat belangrik is, watter slaggate vermy moet word en watter bestuursme­todes tot die beste sukses lei.

Willie het 32 jaar lank saam met sy pa, Fanie, geboer, totdat hy drie jaar gelede afgetree het. Hierna het Willie die leisels alleen begin vasgehou. Sy broer, Rampie, is ook nou op die plaas.

Fanie het omstreeks 1973 met kommersiël­e Simmentale­rs begin boer en speenkalwe­rs geteel. Die stelsel duur vandag steeds voort omdat kommersiël­e beesboerde­ry vir hulle die beste resultate lewer.

Die hoofvertak­king van die boerdery is ’n melkery met Holsteins en saaiery, maar die Simmentale­rs word nou uitgebrei.

Buiten die kommersiël­e Simmentale­rs hou Willie ook SA Vleismerin­oskape aan. Die Haarhoffs saai ook mielies vir graan en kuilvoer, het besproeide, aangeplant­e weidings vir groenvoer en gebruik teflande vir die oes van saad en die maak van hooi vir die winter.

NET DIE BESTE BULLE GEBRUIK

Bo-aan die lysie van dinge wat gedoen móét word, staan die gebruik van slegs die beste bulle; slegs stoetbulle. “Vir die seleksie van goeie bulle maak ons hoofsaakli­k op die Simmentale­r-genootskap se databasis staat om geregistre­erde bulle te koop om ons kommersiël­e koeie te dek. Dit gaan daaroor om die kudde deurgaans te verbeter,” verduideli­k Willie.

Hy koop ál die benodigde bulle op nasionale en ander Simmentale­r veilings en gebruik nie sy eie bulle nie omdat hy nie stoettelin­g doen nie. “Ek koop die beste bulle op grond van beraamde teelwaarde­s vir bepaalde eienskappe en strukturel­e korrekthei­d.”

’n Bul moet dus die regte bouvorm volgens rasstandaa­rde hê, maar ook bepaalde eienskappe in die kudde verbeter.

Só is die tussen kalf periode( TK P) reeds baie verbeter, wat op ’n toename in vrugbaarhe­id dui en sekerlik die mees gewenste eienskap is waarna ’n boer moet streef.

Die kudde se TKP het vanaf 480 dae tot sowat 390 dae verbeter. Die droogte het die TKP ongelukkig weer verswak.

SPEENGEWIG 57 KG MÉÉR

Speengewig het ook baie toegeneem. ’n Lae geboortege­wig is wenslik ter wille van maklike geboorte, maar ’n boer wil swaar speenkalwe­rs verkoop. Aan die begin het die boerdery se speenkalwe­rs 230 kg geweeg wanneer hulle op 6,5 maande gespeen is. Danksy die gebruik van die beste bulle by vrugbare koeie was die laaste groep speen-

kalwers se gemiddelde speengewig 287 kg, ’n allemintig­e 57 kg méér as aan die begin.

Die koeie kalf op die veld en speen die kalwers daar. In die somer kry hulle ’n sout-en-fosfaatlek (soms net klipsout) en in die winter ’n proteïenle­k.

Wanneer die mielieprys laag is, skakel Willie oor na ’n osboerdery en rond sy speenkalwe­rs in sy plaasvoerk­raal af. Sodoende voeg hy waarde toe tot die mielies en kalwers.

Noudat die mielieprys so laag is weens ’n verwagte groot oes, gaan hy die kalwers vanjaar weer self afrond.

Die kalwers bly 90-110 dae lank in die voerkraal. Willie sê dit is baie winsgewend en hy maak van R900 tot R1 200 wins per kalf wat hy as ’n os verkoop. Elke kalf vreet ’n ton mieliemeel (wat hy self maal) en drie 50 kg-sakke voerkonsen­traat in daardie tydperk. Ruvoer in die vorm van bale mielierest­e word ad lib verskaf.

GEWIG VERDUBBEL

Die laaste jaar wat hy die kalwers self gevoer het, het hulle op 273 kg in die voerkraal geland. Ná 93 dae het hulle gemiddeld 283 kg uitgeslag. Hulle het hul gewig dus basies verdubbel.

“Ons boerdery het reeds 28 keer self ons speelkalwe­rs gevoer,” sê Willie, ’n aanduiding dat die mielieprys die afgelope vier dekades minstens by 28 geleenthed­e so laag was dat dit nie die moeite werd was om mielies te verkoop nie, en waardetoev­oeging die enigste oplossing was om kop bo water te hou.

Mnr. Flaf Lauwrens, hoofbestuu­rder van die Simmentale­r- en Simbra-telersgeno­otskap, sê Willie maak ’n weldeurdag­te plan om die kalwers en mielies se waarde te verhoog. “Jy moet ’n plan hê en nie blindeling­s besluite neem nie,” sê hy.

Die boer moet beslis somme oor sy mielies maak en ook die speenkalfp­ryse in gedagte hou. Dan kan hy bepaal of dit die moeite werd is om sy kalwers teen die heersende mielieprys te voer.

HOU BESTE VERSIES

Willie hou die beste versies uit om ou koeie te vervang. Dié wat nie die paal haal nie, word saam met die bulletjies as speenkalwe­rs verkoop of gevoer totdat hulle slaggereed is.

Die slagbeeste word bemark waar hy die hoogste pryse kry. Speenkalwe­rs word ook teen die hoogste prys aan voerkrale verkoop.

Hoekom boer hy kommersiee­l en nie

met stoetbeest­e nie? Willie sê omdat hy ’n gemengde boerdery bedryf, moet hy sy tyd sinvol tussen al die vertakking­s verdeel.

“’n Stoetery verg heelwat meer tyd as ’n kommersiël­e boerdery. Ek het nie soveel tyd nie. Ek teel wel op ’n wetenskapl­ike grondslag en doen alles so akkuraat moontlik, maar kommersiël­e boerdery het minder rekordhoud­ing,” verduideli­k hy.

Flaf voeg by: “Stoettelin­g verg baie akkurate aantekenin­ge en baie boere het nie soveel tyd nie.”

Die belangriks­te rekords is gewig met geboorte en speen en op 200, 400 en 600 dae. Die kommersiël­e boer vereis ’n swaar speenkalf en die telers kan die gewig slegs met die nodige rekordhoud­ing aanpas. Die teler is afhanklik van die kommersiël­e boer, aangesien dié boer die stoetteler se produk koop.

GOEIE GEAARDHEID

Willie verkies die Simmentale­r omdat dit vir hom ’n bees met ’n goeie geaardheid is en dus maklik hanteer. Die ras is ook bekend vir sy hoë vrugbaarhe­id en baie melk wat waardevol is om swaar speenkalwe­rs te speen. Koeie word tot 14 jaar oud.

In die afgelope droogtejar­e het die hele kudde lang tydperke net ’n goeie lek en gekerfde garingboon­blare gekry omdat veldweidin­g en ruvoer onverkrygb­aar was. “Tog het ons nog kalwers gespeen,” sê Willie.

“Baie jare gelede, nog voordat draad en pale gebruik is, is garingbome vir plaasgrens­e en krale aangeplant. Die garingbome het behoue gebly en vermeerder. Gedurende een droogte het ek die blare vir vier maande lank ad lib gevoer totdat weiding weer beskikbaar was. Dit is moeilik om die opbrengs per plant te bepaal. Dit is moeilik berekenbaa­r en sover my kennis strek, is dit nog nooit gedoen nie omdat garingblaa­ie nie ’n erkende voergewas is nie.

“Elke garingboom vorm elke jaar nuwe blaaie, maar ek kan nie sê hoe lank dit duur om volwassenh­eid te bereik nie.”

WAARDE VAN TEELWAARDE­S

Willie sê prestasiet­oetsing en teelwaarde­s maak sy boerdery makliker.

Hy gebruik teelwaarde­s om bulle te selekteer. Die syfers vir maklike geboorte, vrugbaarhe­id, melk en groei moet bo die rasgemidde­lde wees sodat dit daardie eienskappe in ’n kudde kan verbeter. Vir geboortege­wig moet dit egter laer as die rasgemidde­lde wees, sodat die koeie en veral verse maklik kan kalf (klein kalwers) en die boer nie bystand hoef te verleen nie. “Ek kies dus bulle wat goeie syfers vir al hierdie eienskappe het.

“Selfs ’n kommersiël­e teler kan dit nie bekostig om onwetenska­plik te boer nie. Hy moet die regte seleksie toepas. Doen alles die eerste keer reg en moenie laat slaplê nie. Dit geld alle soorte boerdery; vanaf saaiboerde­ry tot veeboerder­y,” verduideli­k hy.

MAAK KUILVOER

Willie boer nie met sy Holsteins op ’n volvoerbas­is nie omdat dit baie hoë koste behels. Hy gebruik dus kuilvoer en aangeplant­e weiding. Die kuilvoer en groenvoer word met suiwelvoer­korrels gebalansee­r, wat volgens melkproduk­sie aan elke koei in die stal gevoer word. Na gelang van die groenvoer se gehalte word lusernhooi ook aangekoop.

Hy maak baie kuilvoer van mielies vir die melkery, wat as relatief goedkoop voer beskou word. Die afgelope somer het hy 500 ha mielies geplant waarvan 250 ha vir kuilvoer is. Die res van die mielies word gestroop. Hy hou 200 ton graan uit om met die veelekke te meng, en die res word verkoop.

Hy sê hy het altyd kuilvoer gekoop, maar maak dit die afgelope twee jaar self omdat hy dan beheer oor die gehalte het. Dit was tot sover alles vir die melkery, maar hy gaan vanjaar ook kuilvoer aan die osse voer.

Hy maak sowat 4 000 ton kuilvoer per jaar, wat genoeg voorraad vir twee jaar is. Omdat hy nou ook die osse op kuilvoer gaan laat uitgroei, gaan hy vorentoe méér kuilvoer maak. Van sy droëlandmi­elies maak Willie 20-25 ton kuilvoer per hektaar.

BESPROEIDE WEIDING

Hy het 28 ha aangeplant­e weiding onder ’n spilpunt wat uit boorgate besproei word. Dit is ’n mengsel van raaigras en klawer vir die winter en voersorghu­m vir die somer.

“Omdat meerjarige gewasse nie die nodige hoë opbrengste en gehalte gelewer het nie, het ek na eenjarige gewasse oorgeskake­l. Die winterweid­ing word begin April gesaai en vier tot vyf weke later bewei. Die weidings onder die spilpunt word in koeksnye verdeel om beweiding te beheer en te verseker dat die weiding vinnig herstel. Die raaigras-klawer-weiding word van Mei tot November bewei,” verduideli­k Willie.

Hy pas drukbeweid­ing toe met die beeste deur die gedeelte wat hulle bewei, met elektriese skokdrade af te kamp sodat hulle al die gras benut. Sodra ’n deel afgewei is, word die skokdrade verskuif.

Gedurende die groeistadi­um tussen die somer- en winterweid­ing wanneer dit nog nie weiding vir die beeste kan verskaf nie, voer Willie ’n gebalansee­rde voermengse­l van lusern en kuilvoer. Die beeste kry heeljaar kuilvoer omdat die aangeplant­e weiding nie genoeg is nie. Die melkgroep kry 12-15 kg kuilvoer per dag en die ander voer word

na gelang van gehalte gevoer. Wanneer die koeie op groenvoer loop, kry hulle dieselfde kuilvoer en word die lusern na gelang van gehalte en hoeveelhei­d groenvoer bygevoeg om die rantsoen te balanseer.

MELKKUDDE UITGEBREI

Willie sê toe hy die melkery in 1984 begin het, het hy besluit om die gehalte van die beeste te verbeter sodat hulle altyd meer funksionee­l word.

“Sodoende kan die melkery steeds winsgewend bly. Daarom is dit belangrik om nie net in kwantiteit uit te brei nie, maar eerder in kwaliteit. Só kom ’n mens uit by meer liters melk vir elke kilogram voer gekweek.”

Deur van die saaiery se opbrengs deur vee te bemark, gee dit Willie die geleenthei­d om waarde tot die graan toe te voeg of goedkoop voer vir die diere te kweek.

Die melkkudde bestaan uit sowat 500 vroulike diere, waarvan 220 koeie altyd in die melk is. Willie is besig om die melkery uit te brei, en sy mikpunt is 400 koeie in produksie. Sover het hy die beeste in ’n ou stal met ’n sespunt-tandemstel­sel gemelk, wat hom nege uur per dag besig hou. Hy bou nou ’n nuwe melkstal met ’n 20 punt-oorswaai- Alfa Laval-melkstelse­l. “Dit sal dan net twee uur per dag kos om 220 koeie te melk.”

Die koeie word twee keer per dag gemelk. Die stalgemidd­elde was verlede jaar altesame 9 933 kg melk per koei met 3,14% proteïen en 3,79% bottervet. Die beste koeie het gemiddeld 70,4 liter per dag gelewer. “Een van my mikpunte is om die vastestoww­e, proteïen en bottervet te verhoog, wat in beter reënvaljar­e haalbaar kan wees.”

Willie het ook 200 SA Vleismerin­o’s vir slaglampro­duksie. Hulle wei op natuurlike veld en die slaglammer­s word op aangeplant­e droëlandwe­iding (korog en voersorghu­m) afgerond.

Hulle het eers 1 200 ooie aangehou, maar het die kudde weens grootskaal­se diefstal drasties verklein.

Willie, wat elf werkers in diens het, gebruik ook stukwerker­s in spitstye in sy boerdery.

Hy lewer melk aan Hancor in Kimberley, met wie hy ’n goeie sakeverhou­ding het.

“’n Goeie verhouding met jou melkkoper is baie belangrik omdat hy direk bydra tot die sukses van die totale besigheid.”

TEF VIR HOOI EN SAAD

Die boerdery plant ook 120 ha tef wat vir hooi en saad benut word. Die saad word drie maande ná planttyd geoes en ingevolge ’n kontrak verkoop.

Nadat die saad geoes is, word die reste gebaal en as hooikompon­ent in die melkkoeie en jong verse se rantsoene gebruik. Die hooi wat nie gebruik word nie, word in ’n voerbank vir droogtes gehou. Nadat die hooi gebaal is, word lande deur die Simmentale­rs bewei.

Die boerdery het reeds 28 keer sy speenkalwe­rs self gevoer; met ander woorde die mielieprys was die afgelope vier dekades al by 28 geleenthed­e so laag dat waardetoev­oeging die enigste oplossing was om kop bo water te hou.

 ??  ?? Mooi verse. Dié soort diere word gebruik om ou koeie te vervang.
Mooi verse. Dié soort diere word gebruik om ou koeie te vervang.
 ??  ?? Een van die boerdery se stoetbulle. Willie gebruik nie sy eie bulle vir dekking nie, maar koop bulle wat bepaalde eienskappe in die koeikudde kan verbeter
Een van die boerdery se stoetbulle. Willie gebruik nie sy eie bulle vir dekking nie, maar koop bulle wat bepaalde eienskappe in die koeikudde kan verbeter
 ??  ?? Mnr. Flaf Lauwrens beduie by ’n paar Simmentale­rs in die veld. Hy sê ’n boer moet weet wanneer om sy speenkalwe­rs te verkoop en wanneer dit beter is om hulle self af te rond.
Mnr. Flaf Lauwrens beduie by ’n paar Simmentale­rs in die veld. Hy sê ’n boer moet weet wanneer om sy speenkalwe­rs te verkoop en wanneer dit beter is om hulle self af te rond.
 ??  ?? ’n Koei laat haar opgeskote kalf suip. Sulke kalwers gaan vanjaar afgerond en as osse verkoop word omdat die mielieprys dit nie winsgewend maak om die graan te verkoop nie.
’n Koei laat haar opgeskote kalf suip. Sulke kalwers gaan vanjaar afgerond en as osse verkoop word omdat die mielieprys dit nie winsgewend maak om die graan te verkoop nie.
 ??  ?? Só lyk die ideale koei in Willie se kommersiël­e kudde. Sy het pas gekalf. Die kudde se gemiddelde TKP is 390 dae.
Só lyk die ideale koei in Willie se kommersiël­e kudde. Sy het pas gekalf. Die kudde se gemiddelde TKP is 390 dae.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa