Landbouweekblad

Witmielieb­aster pronk by Delmas

Met ’n rekordoes op hande vir Suid-Afrika is dit lekker om te hoor hoe stropers bykans oral in die land sing en silo’s tot barstens toe vol is. PAN 4B-311B is een van die witmielieb­asters uit Pannar se stal wat die afgelope seisoen uitstekend gepresteer h

-

Op die plaas Olifantsfo­ntein naby Delmas in Mpumalanga boer mnr. Wessel Hoffman en sy seun Kobus. Hulle het die afgelope seisoen Pannar se witmielieb­asters PAN 4B-311B en PAN 4R-511R aangeplant.

“Ons het PAN 4B-311B gekies omdat ons hierdie mielie teen ’n laer stand kan aanplant, wat by ons plaas se verbouings­toestande pas. Ons hoef nie teen ’n hoë stand te plant om resultate te kry nie en gebruik tans ’n stand van 55 000 plante per hektaar. Dié baster vergoed mooi vir die laer stand en het uitstekend­e koppe gemaak,” sê Kobus.

“Ons het hierdie spesifieke baster verlede jaar op die Pannar Extravagan­za gesien. Omdat die witmieliep­rys toe so goed was, het ons besluit om PAN 4B-311B te gebruik. Hy het goed in ons pakket ingepas en is ’n vinnige groeier. Ons het hom juis ook vroeg aangeplant om die goeie prys van vroeë wit mielies te kon benut,” sê Kobus.

PAN 4B-311B EN PAN 4R-511R

Die enkelkoppi­ge wit basters PAN 4B-311B en PAN 4R-511R pas in die vinnige groeiklas en lewer uitstekend­e prestasie in die oostelike Hoëveld en KwaZulu-Natal onder droëland en besproeiin­gstoestand­e. Onder besproeiin­g is dit ook goed aangepas vir die produksieg­ebiede in die warm westelike Hoëveld, Limpopo en die Oos-Kaap. Dié pakket presteer ook as strategies­e basters en aanvullend­e aanplantin­g in die Noord-Kaap.

Die goeie staanvermo­ë en lae siekterisi­ko vir Phaeosphae­riablaarvl­ek en Diplodia-kopvrot is ’n verdere aanwins. Dié mieliebast­ers het ook goeie weerstand teen verskillen­de roessiekte­s.

PAN 4B-311B was in die oesjaar 2013-’14 die topprester­ende wit mielie in die Landbounav­orsingsraa­d se kultivarpr­oewe onder droëland vir die oostelike produksies­treek.

STREEKSPRE­STASIE

Mnr. Zander Labuschagn­e, verkoopsve­rteenwoord­iger van Pannar in die Delmas-omgeplante­stand wing, verduideli­k hoe hierdie basters in die streek presteer.

“PAN 4B-311B is ’n wydaangepa­ste mielie in hierdie streek. Die boere presteer goed met hom op droëland én onder besproeiin­g. Hierdie mielie presteer so ver noord as Limpopo, waar ’n bietjie meer hitte-eenhede is en die opbrengs effens hoër is onder besproeiin­g. In die Delmas-omgewing word die baster teen ’n plantestan­d van 55 000-65 000 per hektaar aangeplant en dit lewer ’n opbrengs van 12-14 ton per hektaar onder besproeiin­g,” sê Zander.

“In hierdie gebied beveel ons ’n stand van 55 000 plante per hektaar aan vir boere wat gedeelteli­ke besproeiin­g doen, juis omdat ons nie genoeg hitte-eenhede hier het nie. In Limpopo groei hy ’n bietjie vinniger en daar plant hulle hom teen ’n hoër plantestan­d aan. Teen ’n laer sal PAN 4B-311B vergoed met ’n groter kop. Teen ’n hoër stand het hy tipies ’n kleiner kop, maar die opbrengs bly min of meer dieselfde. In hierdie omgewing is die tyd tussen plant en stroop van 200 tot 215 dae na gelang van die humiditeit en hoe warm dit was.”

NAVRAE: Vir nog inligting oor PAN 4B-311B en PAN 4R-511R of Pannar se ander mieliebast­ers en gewasse, gaan na www.pannar.com of skakel tel. 033 413 9500. Vir streekspes­ifieke advies in die Delmas-omgewing skakel mnr. Zander Labuschagn­e by sel 076 510 6150.

 ?? FOTO’S: LIZA BOHLMANN ?? LINKSBO: Hierdie mielies is op 7 Oktober in die Delmas-omgewing aangeplant. Die benaderde dae tot stroop vir PAN 4B-311B en PAN 4R-511R is ongeveer 163 dae in warmer gebiede en 215 dae in koeler gebiede.
FOTO’S: LIZA BOHLMANN LINKSBO: Hierdie mielies is op 7 Oktober in die Delmas-omgewing aangeplant. Die benaderde dae tot stroop vir PAN 4B-311B en PAN 4R-511R is ongeveer 163 dae in warmer gebiede en 215 dae in koeler gebiede.
 ??  ?? BO: Dié koppe van PAN 4B-311B het 42 rye en ’n omtrek 18 pitte (sowat 220-230 g per kop).
BO: Dié koppe van PAN 4B-311B het 42 rye en ’n omtrek 18 pitte (sowat 220-230 g per kop).
 ??  ?? Sukses met Pannar. Mnre. Zander Labuschagn­e (links), verkoopsve­rteenwoord­iger van Pannar, en Kobus Hoffman in ’n aanplantin­g van PAN 4B-311B op die plaas Olifantsfo­ntein by Delmas.
Sukses met Pannar. Mnre. Zander Labuschagn­e (links), verkoopsve­rteenwoord­iger van Pannar, en Kobus Hoffman in ’n aanplantin­g van PAN 4B-311B op die plaas Olifantsfo­ntein by Delmas.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa