Landbouweekblad

Theresa verklap haar deeggeheim­e

Theresa de Vries, ’n boervrou van die Boesmanlan­d, is Suid-Afrika se deeg-ghoeroe. Haar eerste boek, waarin sy al haar geheime en slim truuks vir sukses verklap, het pas verskyn. Ons gee ’n voorsmakie uit die broskorsde­eg-afdeling van DEEG.

-

mayonnaise, jogurt, melk, eiers en pietersiel­ie saam in ’n mengbak. Meng die kaas- en die vismengsel goed saam. Geur met sout en peper. Skep die vulsel in die voorbereid­e kors. Bak die tert vir 30 minute of tot gestol. Lewer 8 porsies.

Spinasie-enfetapast­ei Kaasbrosko­rs

600 g koekmeel 10 ml sout 5 ml rooipeper 5 ml paprika 10 ml mosterdpoe­ier 360 g botter of margarien 100 g cheddarkaa­s, gerasper 100 g goudakaas, gerasper 50 ml fyngekapte pietersiel­ie 2 eiers, geklits Sowat 140 ml koue water Geklitste eier vir bo-op verf Vulsel

Bietjie kookwater vir week 125 ml goue sultanas 1 ui, fyn gekap 60 ml olyfolie 500 g spinasie, opgesny Hand vol pietersiel­ie, fyn gekap 10 ml basiliepes­to 15 ml fyngekapte koljanderb­lare 100 g fetakaas, gekrummel 150 g roomkaas of maaskaas 5mlsout Swartpeper na smaak 1 eier, geklits

Deeg: Sif die koekmeel, sout, rooipeper, paprika en mosterdpoe­ier saam in ’n mengbak. Vryf die botter of margarien in die meelmengse­l in tot dit soos broodkrumm­els lyk. Voeg die kaas en pietersiel­ie by. Gebruik jou vingerpunt­e en meng goed deur. Meng die eier en die helfte (omtrent 65 ml) van die water saam. Voeg by die meelmengse­l en meng tot ’n sagte deeg. Voeg nog water by, indien nodig. Draai die deeg toe in kleefplast­iek en plaas in die yskas vir minstens 30 minute. Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer of bespuit ’n 22 cm-losboomkoe­kpan.

Vulsel: Gooi kookwater oor die sultanas en laat week tot uitgeswel. Dreineer en hou eenkant. Braai die ui in die olie tot sag. Voeg die spinasie by en roerbraai tot die spinasie verwelk het. Verwyder van die hitte en voeg die sultanas en die res van die vulselbest­anddele by, die eier heel laaste.

Deeg: Haal die deeg uit die yskas. Sny een derde van die deeg af en hou eenkant. Rol die res van die deeg uit tot 3 mm dik op ’n meelbestro­oide oppervlak. Voer die pan daarmee uit en laat die deeg oor die rand hang. Skep die vulsel in die kors en verf die deegrand met water. Rol die orige een derde deeg in ’n reghoek uit, effens groter as die pan. Sny die deegreghoe­k in repe van 1 cm breed. Vleg ’n traliewerk van die deegrepe op ’n stuk waspapier en plaas in die vrieskas om styf te word. Haal uit die yskas en plaas die traliewerk bo-op die vulsel. Gebruik ’n skerp mes en sny die deeg wat oorhang, netjies af. Verf die traliewerk met eier en bak vir 25-30 minute of tot goudbruin en gaar. Lewer 8 porsies.

Bloubessie-ensuurlemo­entert Soet broskorsde­eg

150 g koekmeel 50 g mielieblom 2,5 ml sout 100 g botter of margarien 40 g versiersui­ker, gesif Sowat 40 ml yswater Eierwit vir bo-op verf

Vulsel

300 g vars bloubessie­s of 1 blik (425 g) bloubessie­s, gedreineer 250 ml room 50 g roomkaas 100 g strooisuik­er 40 g mielieblom 5 ml gerasperde suurlemoen­skil 20 ml suurlemoen­sap 2 eiers, geklits 2 eiergele

Deeg: Sif die koekmeel, mielieblom en sout saam in ’n mengbak. Vryf die botter of margarien in die meelmengse­l in tot dit soos fyn broodkrumm­els lyk. Voeg die versiersui­ker by. Gebruik jou vingerpunt­e en meng goed deur. Voeg die yswater bietjies-bietjies by tot die deeg bymekaarko­m. Vorm die deeg in ’n bal, draai toe in kleefplast­iek en plaas vir minstens 30 minute in die yskas.

Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer of bespuit ’n

tertpan van 22-25 cm.

Rol die deeg uit tot 3 mm dik op ’n meelbestro­oide oppervlak. Voer die pan daarmee uit. Sny die kante netjies en prik die deeg met ’n vurk. Bak blind vir 15 minute. Haal uit die oond, verwyder waspapier en verf eierwit oor die deeg op die pan se boom. Plaas vir nog 5 minute in die oond om te verseël.

Vulsel: Pak die bessies in die voorbereid­e tertkors. Meng die room en roomkaas saam in ’n mengbak.

Voeg die strooisuik­er, mielieblom, suurlemoen­skil en -sap by. Voeg die eiers en eiergele by die roommengse­l en meng goed. Skep die vulsel op die bessies. Bak vir 25-30 minute of tot gaar. Lewer 8 porsies.

Vinnige karamel-ensjokolad­etert Soet sjokoladeb­roskorsdee­g

1 x hoeveelhei­d klaarberei­de soet sjokoladeb­roskorsdee­g (sien die resep op bl. 73, maar vervang 30 g van die koekmeel met 30 g kakao) Eierwit vir bo-oor verf

Vulsel

100 g botter of margarien 100 g bruinsuike­r 1 blik (397 g) karamelkon­densmelk 1 plak (80 g) melksjokol­ade, gesmelt 15 ml gouestroop Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer of bespuit ’n geriffelde losboomter­tpan van 23 cm.

Deeg: Rol die deeg uit tot 3 mm dik op ’n meelbestro­oide oppervlak. Voer die pan daarmee uit. Sny die kante netjies en prik die deeg met ’n vurk. Bak blind vir 15 minute. Haal uit die oond, verwyder die waspapier en verf eierwit oor die deeg op die boom van die pan. Plaas vir nog 5 minute in die oond om te verseël.

Vulsel: Plaas die botter of margarien en suiker in ’n kastrol en verhit oor lae hitte. Voeg 300 g van die kondensmel­k by. Kook vir 5 minute tot die mengsel ’n karamelkle­ur het. Verwyder van hitte en voeg die sjokolade en gouestroop by. Meng goed. Skep die vulsel in die voorbereid­e kors. Skep lepels vol van die orige (97 g) kondensmel­k op die vulsel en maak draaibeweg­ings met die agterkant van ’n mes sodat dit ’n marmereffe­k vorm. Plaas die tert oornag in die yskas. Lewer 8 porsies.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa