Landbouweekblad

KONFERENSI­E OOR BEWARING AMPER HIER

- — AMELIA GENIS NAVRAE: Dr. Johann Strauss, e-pos: JohannSt@elsenburg.com; webwerf: www.blwk.co.za.

BEWARINGSL­ANDBOU WESKAAP (BLWK) se jaarlikse Jack Human-bewaringsl­andbouweek word vroeg in Augustus in die Boland gehou.

Die konferensi­edag vind op 1 Augustus op Elsenburg plaas, terwyl die praktiese dag op 3 Augustus by die Hoër Landbousko­ol Boland gehou word.

Drie buitelands­e en Suid-Afrikaanse sprekers het reeds bevestig dat hulle die BLWK-konferensi­e sal toespreek.

Dr. Ken Flower van die Universite­it van Wes-Australië in Perth is geen onbekende by Kaapse bewaringsb­oere nie.

Hy gaan oor sy ondervindi­ng met en navorsing oor verminderd­e en geenbewerk­ing praat.

Nog ’n kundige wat nie heeltemal onbekend by Kaapse boere is nie, is dr. Wendi Taheri, eienaar van die Amerikaans­e maatskappy TerraNimbu­s. TerraNimbu­s doen navorsing oor die beste maniere om te bepaal of daar arbuskulêr­e mikorisasw­amme in grond is.

Sy gaan op die konferensi­edag oor mikorisa (swamme wat met wortels geassosiee­r is) praat en op die praktiese dag meer sê oor diversitei­t onder die grond.

Die derde kundige op die konferensi­e is dr. Ronel Hendriks, hoof- wetenskapl­ike beampte van ABM Africa, waar sy die veldtoetse vir die registrasi­e van produkte doen.

Sy gaan boere toespreek oor die belang van die swam Trichoderm­a by die produksie van graangewas­se.

PRAKTIESE DAG

Proewe wat op die praktiese dag op 3 Augustus by die Hoër Landbousko­ol Boland bekyk en bespreek kan word, sluit die volgende in: Kanola wat teen saaidigthe­de van 1 kg/ha, 3 kg/ha en 5 kg/ ha met tand- en skyfplante­rs geplant is. ’n Diversitei­tsproef met dekgewasse wat een grasgewas, een peulgewas, drie gewasse en ’n veelvoudig­e mengsel met meer as tien gewasse insluit. Invoorbeha­ndelingspr­oef met koring. Stikstof by die pit in koring en kanola met tand- en skyfplante­rs. Organiese kunsmis by koring en kanola.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa