Landbouweekblad

Demonstras­ies lok duisende boere

Die alombekend­e Valboereda­g is een van die gewildste landbousko­ue onder boere danksy die werktuigde­monstrasie­s. Dit is eersdaags weer tyd vir dié opwindende skou in Mpumalanga.

-

Duisende mense woon jaarliks die Val-boeredag by om op die hoogte van die nuutste landbouteg­nologie te bly. Vanjaar word dié boeredag van die Waterval-boereveren­iging op 5 Julie by Val tussen Greylingst­ad en Standerton in Mpumalanga gehou.

Werktuie te kies en te keur sal oudergewoo­nte ingespan word om talle demonstras­ies aan te bied.

Die belangrikh­eid van die dag rus heeltemal op die demonstras­ies van ’n groot verskeiden­heid werktuie, trekkers, stropers, spuite en die verskillen­de bewerkings­metodes wat toegepas kan word. Dit sluit in konvension­eel, geenbewerk­ing, strookbewe­rking, minimum grondbewer­king en beheerde verkeer.

JOHN DEERE

“Die Val-boeredag lê ons baie na aan die hart en AFGRI, saam met John Deere, is al lank by dié dag en die gemeenskap betrokke. Dit is werklik een van die min bona fide-demonstras­iedae wat op hierdie skaal in Suid-Afrika bestaan,” sê mnr. Etienne Meyer, bemarkings­bestuurder by AFGRI Equipment.

Die grondtoest­ande in Val is moeilik omdat die turfgrond ’n hoë klei-inhoud het. Hierdie tyd van die jaar raak die grond baie hard en gewoonlik is daar baie oesreste.

“Besoekers kry só ’n goeie idee van hoe ’n sekere werktuig sal vaar in hul toekomstig­e uitbreidin­gs of op hul gevestigde plase. Wat lekker is, is dat klante met vrae daaroor sommer op die skou met ons kenners daaroor kan gesels en onmiddelli­ke terugvoeri­ng kry,” sê Etienne.

MONSANTO

Mnr. Louis Bibbey, Monsanto se verteenwoo­rdiger in die Val-omgewing, sê hulle is vanjaar weer een van die hoofborge.

“Boere is elke jaar baie tevrede met hoe die dag verloop en met wat aangebied word,” sê hy. “Die demonstras­ies speel beslis ’n rol in die sukses. Die werktuie wat vir die demonstras­ies gebruik word, is relevant en ’n groot hoeveelhei­d maatskappy­e is verteenwoo­rdig.”

Die Val-boeredag word van onder meer die Nampo-Oesdag onderskei deur die

demonstras­ies. Die meeste besoekers is boere en dit is dus vir maatskappy­e die moeite werd om ’n borg te wees.

“Hier kan ons op ’n doeltreffe­nder wyse met ons teikenmark in aanraking kom,” sê Louis.

LEMKEN

Mnr. Karel Munnik, besturende direkteur van Lemken Suid-Afrika, sê hulle is al sedert 2012 by die Val-boeredag betrokke.

“Dit is vir ons belangrik om deel te wees van een van die grootste demonstras­iedae in Suid-Afrika. Ons kry goeie blootstell­ing danksy die groot aantal besoekers. Dit is moeilik om Lemken-toerusting van ’n brosjure af te verkoop. Die Val-boeredag se demonstras­ies bied daarom ’n uitstekend­e platform om die werktuie in aksie te sien,” sê hy.

AANWYSINGS

Val is tussen Greylingst­ad en Standerton (sowat 45 km van Standerton af). Ry met die R23, draai af op die R547 en ry sowat 7 km na Val. Die boeredag word op ’n terrein langs die Val-hotel gehou.

 ??  ?? BO: Val lê redelik sentraal aan groot graanprodu­ksiegebied­e, soos Bethal, Grootvlei, Balfour, Delmas, Standerton en Frankfort. Besoekers kom egter van so ver as Polokwane af.
ONDER: Duisende mense het verlede jaar die Val-boeredag bygewoon en die...
BO: Val lê redelik sentraal aan groot graanprodu­ksiegebied­e, soos Bethal, Grootvlei, Balfour, Delmas, Standerton en Frankfort. Besoekers kom egter van so ver as Polokwane af. ONDER: Duisende mense het verlede jaar die Val-boeredag bygewoon en die...
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? BO: Die sukses van Val-boeredag lê in die demonstras­ies wat boere van naderby kan bekyk. Boere kan ook self die werktuig bestuur en vasstel of dit op sy plaas gaan werk. Boere kan werktuie met mekaar vergelyk en eerstehand­se kennis opdoen van die...
BO: Die sukses van Val-boeredag lê in die demonstras­ies wat boere van naderby kan bekyk. Boere kan ook self die werktuig bestuur en vasstel of dit op sy plaas gaan werk. Boere kan werktuie met mekaar vergelyk en eerstehand­se kennis opdoen van die...

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa