Landbouweekblad

Inligtings­netwerk kan elke bewoner op plase beveilig

Inligting tot die beskikking van die boer én sy plaaswerke­rs kan gebruik word om plaasaanva­lle te voorkom of die boosdoener­s ná ’n aanval vas te trek.

-

Met soveel boere wat by gebiedsbev­eiligingsn­etwerke en plaaswagte inskakel, asook tegnologie, heinings, diefwering en alarms gebruik as buffers teen moontlike boosdoener­s, moet plaasaanva­llers selfs verder gaan om ’n kwesbare teiken te identifise­er.

Kennis is mag, lui die gesegde, en dit is veral van toepassing op die beskerming van plaasinwon­ers. Die bestuur van ’n inligtings­netwerk op jou plaas is ’n belangrike deel van doeltreffe­nde veiligheid – dit geld die inligting wat die boer tot sy beskikking het, asook die inligting oor die boer en sy bedrywighe­de waartoe ander toegang het. In die verkeerde hande kan sekere inligting beteken dat volledige en andersins doeltreffe­nde veiligheid­smaatreëls nutteloos word omdat ’n boosdoener inligting bekom het om dié maatreëls te omseil.

Twee vrae is hier van toepassing: Wat weet ander mense van jou doen en late wat in ’n aanval teen jou gebruik kan word? En wat weet jy van ander se doen en late wat jou teen ’n aanval kan beskerm?

Die belangrike rol van plaaswerke­rs in ’n goeie inligtings­netwerk kan eenvoudig nie onderskat word nie. Werkers het toegang tot inligting wat ’n boer eenvoudig nooit sal kan kry nie. Hulle is egter ook in talle gevalle die teikens van plaasaanva­llers, wat hulle nader om inligting onder valse voorwendse­ls uit hulle te kry.

In party gevalle is dit ongelukkig ook die plaaswerke­rs self wat die aanval beplan en uitvoer. Dus is die versigtige bestuur van inligting van die uiterste belang.

LEI WERKERS OP

Werkers moet deeglik opgelei word oor veiligheid­sbedreigin­gs op die plaas. Kweek ’n bewustheid onder werkers dat hulle self die slagoffers van aanvalle kan wees en dit dus in hul beste belang is om saam met die boer te werk om die plaas en sy inwoners veilig te hou.

Die werklikhei­d is dat plase soms ná plaasaanva­lle in onbruik verval, of deur bure gekoop word wat nie die werkers behou nie. Dus kan die impak van ’n aanval beteken dat alle inwoners sonder ’n inkomste sit.

Sekerlik die belangriks­te aspek van inligtings­bestuur is dat enigeen wat uitvra oor ’n boer se huis, roetine, gewoontes en veiligheid­smaatreëls met groot agterdog bejeën moet word. Werkers moet opgelei word om sulke navrae te weier én om dit by die boer aan te meld. Sodoende kan ’n boer voor ’n aanval bewus word van ’n bedreiging. Vra jouself af of jou werkers jou sal inlig indien so iets gebeur. Indien nie, is dit ’n gevaarlike situasie wat reggestel moet word. Werkers moet ook bewus wees daarvan dat ander hul goedhartig­heid en vriendskap kan misbruik om inligting te bekom.

TOEGANGSBE­HEER

Streng beheer moet toegepas word oor wie wanneer op die plaas kan kom, en in watter omstandigh­ede. Aanvallers kan maklik voorgee dat hulle kom werk soek, terwyl hulle eintlik na swak plekke in jou veiligheid­smaatreëls of gewoontes kom soek.

Indien jy nuwe werkers in diens neem, is dit wenslik om dié raad te volg: Moet nooit ’n onwettige immigrant in diens neem nie. Sluit ’n wetlik gepaste dienskontr­ak met jou werkers. Neem slegs mense in diens wat ’n geldige identiteit­sdokument het. Neem ’n foto van goeie gehalte van elke werker, waarvolgen­s hulle maklik geïdentifi­seer kan word. Dring aan op verwysings en kontak voormalige werkgewers. Moet in geen omstandigh­ede iemand aanstel wie se agtergrond jy nie kan naspeur nie.

Maak afskrifte van die werknemer en sy eggenoot se identiteit­sdokumente. Kry ook sy afhanklike­s se inligting. Vra sy huisadres as hy elders bly. Maak ’n afskrif van sy rybewys. Neem waar moontlik vingerafdr­ukke en gaan misdaadrek­ords na, is die raad van dr. Jane Buys van Vrystaat Landbou se veiligheid­skomitee. Dit is immers deesdae standaardp­raktyk by talle groter maatskappy­e en is ’n ál toeganklik­er opsie.

“Die enigste manier om seker te wees ’n persoon is wie hy sê hy is, is om vingerafdr­ukke te bekom (wat deur ’n kontrak uitstippel dat hy toestemmin­g verleen) wat dan deur polisiekan­ale vir misdaadrek­ords deurgestuu­r word,” sê Jane.

“Daar is heelwat mense wat voorgee hulle is iemand anders, daar is heelwat gewoonte-misdadiger­s en selfs mense wat weens ernstige misdade uit is op parool en dan op plase of kleinhoewe­s aanklop op soek na werk.”

Hou in gedagte dat jou werkers moontlik by ’n aanval op ’n ander plaas betrokke kan wees. Dus is dit verantwoor­delike buurmanska­p om soveel moontlik naspeurbar­e inligting oor jou werkers beskikbaar te hê.

Werkers behoort waar moontlik gereelde werksure te hê sodat bewegings op die plaas op sekere tye, veral saans, beperk kan word.

DIE GEVAAR VAN ROETINE

Gaan jy elke Sondag na dieselfde diens by die kerk? Betaal jy jou werkers met kontant, altyd op Vrydae of bring jy die kinders dieselfde tyd elke dag of week van die skool af plaas toe? Dié gewoontes is gevaarlik indien ’n booswig daarvan bewus is.

Plaasaanva­llers wag telkens niksvermoe­dende boere en hul gesinne op die plaas in ná sulke aktiwiteit­e. Dit is vir baie mense moeilik om roetines te verander. Probeer egter wél om dit te verander, veral as jy bewus raak van die moontlikhe­id van ’n aanval.

“Dit is algemeen bekend dat misdadiger­s wat op plaasaanva­lle konsentree­r vir ’n afsienbare tyd plase en hul eienaars dophou om die boer se roetine te bepaal. As ’n boer dus poog om daagliks van sy roetine af te wyk, sal dit aanvallers van stryk bring oor wanneer die gunstiger tyd sou wees om toe te slaan.

“Dit kan ook die geleenthei­d bied vir werkers, bewoners, bure en mense wat in die omgewing rondbeweeg om moontlik die aanvallers tydig raak te sien en te identifise­er as verdagte mense of voertuie wat in die omgewing rondbeweeg,” sê Jane.

Moet nooit geld op die plaas aanhou nie en maak seker dat jou werkers dit weet. Indien een geld kom vra, sê dat jy vooraf kennis nodig het omdat jy nie geld in die huis aanhou nie. Probeer om nie werkers met kontant te betaal nie, aangesien dit beteken dat jy dit kan vermy om groot bedrae kontant by jou te hou.

VERTROU, MAAR . . .

Terwyl vertroue tussen jou en jou werkers belangrik i sen die beste beveiligin­g stel seleen is wat alle partye beveilig, moet jy wysheid aan die dag lê oor watter werkers jy vertrou – én met watter inligting. Indien moontlik, is dit veel beter om nie met iemand te werk wat jy nie vertrou nie of met wie jy ’n slegte verhouding het.

Aanvaar verantwoor­delikheid vir jou aandeel in jou verhouding me tjou werkers en doen moeite om werkers regverdig te behandel; só is jy eenvoudig veiliger as iemand wat gereelde konflik met werkers het.

“Een van die kernaspekt­e binne die landelike beveiligin­gsplan is die aanhoudend­e klem op die opbou van verhouding­s tussen boere, die polisie, werkers en ander belanghebb­endes. Dit is dus van die uiterste belang dat boere’ n goeie verhouding met hul werkers sal hê, dat werkers toenemend oplei- ding sal ontvang oor gebeurlikh­eid s planne wanneer ’n aanval plaasvind en dat werkers besef dat hulle ook moontlike teikens kan raak in aanvalle,” sê Jane.

“Dit is belangrik dat ’n boer se indiensnem­ingskontra­k met sy werkers en selfs bewoners op plase goed geskryf en uiteengesi­t is sodat albei partye volledig saamstem oor hul pligte en verantwoor­delikhede. Daar moet ook meganismes gereed wees om dispute tussen die boer en werkers intern te beredder.”

Indien jy wél in’ n situasie i swaar arbeid skonflik ontstaan, lig jou gebied beveiligin­g s netwerke n plaaswag i noor die konflik en die betrokke werker. Dié inligting kan nuttig wees in die voorkoming van ’n aanval, sowel as vervolging van die persoon wat betrokke is by ’n plaasaanva­l. Veiligheid moet ook in só ’n geval drasties opgeskerp word. Wees bedag op ’n skielike veranderin­g in werkers se gesindheid – dit kan beteken dat intimidasi­e of opstokery aan die gang is.

Wees versigtig om jou persoonlik­e sake voor plaaswerke­rs of vreemdelin­ge te bespreek, veral gesprekke oor geld, wapens of jou en jou gesin se bewegings.

Identifise­er die werkers wat jy bo alle twyfel vertrou en gebruik hulle as informante – jy sal verbaas wees oor die inligting wat hulle soms het. Loof goeie belonings uit vir diegene wat inligting verskaf wat help om plaasaanva­lle te voorkom of misdadiger­s vas te trek.

Met soveel plaaswerke­rs wat ook slagoffers van plaasaanva­lle is, is die kans op oorlewing van jou én jou werker soveel beter indien julle saamwerk om mekaar te beskerm.

 ??  ??
 ??  ?? Pas streng toegangsbe­heer op jou plaas toe. Waar moontlik, stel gereelde werksure in sodat bewegings veral saans beperk kan word.
Pas streng toegangsbe­heer op jou plaas toe. Waar moontlik, stel gereelde werksure in sodat bewegings veral saans beperk kan word.
 ?? FOTO’S: JOHAN NORVAL ?? Voornemend­e plaasaanva­llers hou dikwels plase ’n tyd lank dop om roetines te bepaal. Waar moontlik, probeer om jou roetine te verbreek.
FOTO’S: JOHAN NORVAL Voornemend­e plaasaanva­llers hou dikwels plase ’n tyd lank dop om roetines te bepaal. Waar moontlik, probeer om jou roetine te verbreek.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa