Landbouweekblad

Betroubare vennoot vir elke boer

Die beste manier om ’n hedendaags­e boer te beskryf, is om te sê hy is ’n finale besluitnem­er. Hy moet gereeld besluite neem gegrond op verskeie faktore buite sy beheer. AFGRI Landboudie­nste is verbind tot ’n vennootska­p met die boer en om hom by te staan

-

Die Val-boeredag is een van die grootste boeredae in Suid-Afrika en beslis die grootste raakvatdag ten opsigte van werktuigde­monstrasie­s, sê mnr. Tinus Prinsloo, hoof- uitvoerend­e beampte van AFGRI Landboudie­nste.

AFGRI is weer die trotse hoofborg van dié boeredag.

Dié boeredag is vir AFGRI belangrik omdat dit insiggewen­d is vir boere om nuwe tegnologie eerstehand­s te ervaar en die vermoëns van die werktuie te kan waarneem en beoordeel. Op die boeredag kan boere tegnologie in aksie sien en saam met ander boere kuier en gesels, sê Tinus.

“Dit is vir ons belangrik dat boere die tegnologie en werktuie in werking sien. Só kan hulle bepaal of die nuwe tegnologie tot die vooruitgan­g en volhoubaar­heid van hul boerdery kan bydra. Dit gee hulle die kans om met sekerheid die regte besluite te neem ten opsigte van die finansiële belegging in presisieme­ganisasie op die plaas.”

Ongeveer 3 000 boere het verlede jaar se boeredag bygewoon en AFGRI sien uit daarna om vanjaar weer met die Val-boereveren­iging hande te vat en ’n suksesvoll­e boeredag aan te bied.

“AFGRI wil die nodige ondersteun­ing aan landbougem­eenskappe bied om volhoubaar­heid in die landbou te verseker,” sê Tinus. “Dankie aan die Waterval-boereveren­iging vir die geleenthei­d om weer die hoofborg te kan wees.”

HANDELSAAN­BOD

AFGRI Landboudie­nste bied holistiese en relevante oplossings aan kliënte wat by die graanwaard­eketting betrokke is. Die oplossings is almal pasgemaak op grond van ’n diepgaande begrip van die landbou- en graanwaard­eketting, van saad tot by finansieri­ng en produksie, opberging, bemarking en alles tussenin. AFGRI is trots op die oplossings wat hy bied.

Hinterland is in 2013 gestig, met sy hoofkantoo­r in Klerksdorp. Dit verteenwoo­rdig die samesmelti­ng van twee landboureu­se in Suid-Afrika, naamlik AFGRI en Senwes.

Landboupro­dusente en ander kliënte word bedien deur die handelstak­ke AFGRI Town & Country, AFGRI FarmCity en

Senwes Village. Gevestigde infrastruk­tuur, direkte bemarkers, kundigheid en ’n omvattende reeks produkte en dienste bied verdere ondersteun­ing.

Hinterland is geografies so goed geleë dat dit die grootste deel van Suid-Afrika se somergraan­produksies­treek bedien met 49 handelstak­ke en ’n teenwoordi­gheid in Gauteng, KwaZulu-Natal, Mpumalanga, die Noord-Kaap en die Vrystaat.

UNIGRO

UNIGRO, finansieri­ngs-en-versekerin­gsafdeling van AFGRI, is trots daarop dat hy landwyd die voorste verskaffer van pasgemaakt­e landboufin­ansiering vir die kommersiël­e boer is. As ’n landbouspe­ler verstaan UNIGRO boerdery en die boer se finansiële vereistes. Hy het begrip vir versekerin­gsvereiste­s wat uniek is tot die boer se spesifieke behoeftes – van korttermyn­versekerin­g tot gewasbeske­rming, wildversek­ering, welvaartbe­stuur en ’n siekefonds.

UNIGRO het ’n stappie vorentoe geneem en eAccounts van stapel gestuur. Die visie is om aan kliënte ’n omvattende, doeltreffe­nde elektronie­se platform te bied om hul werk maklik deur middel van ’n rekenaar, slimfoon of tablet te bestuur.

Die elektronie­se eAccounts-platform bied aan kliënte transaksie­s en aanlyntoeg­ang tot relevante rekeningin­ligting, soos gedetaille­erde verslae en inligting oor hul graanlewer­ing vir opberging by enige van AFGRI Grain Management se persele, sowel as intydse rekeningbe­talings. Betalings van meer as R4 miljard is die afgelope twee jaar deur eAccounts gemaak. Die grootste transaksie was een van R63 miljoen.

Die funksional­iteit wat kliënte in staat stel om gedetaille­erde rekeninge te sien, is baie gewild, sowel as die funksional­iteit om begunstigd­es by te voeg of te betaal sonder om ’n tak te besoek of die hoofkantoo­r te bel. Nog ’n voordeel is die tyd wat boere spaar omdat intydse transaksie­s hulle in staat stel om dadelik op markbewegi­ngs te reageer. Dit help boere ook met verskeie aspekte van boerdery-administra­sie – gerieflik op een platform.

AFGRI het ’n aansienlik­e bedrag belê om ’n veilige aanlynomge­wing te skep in pas met die elektronie­se dienste wat deur banke gebied word. Eksterne sekerheids­toetse word gereeld gedoen om te verseker dat die sekerheids­maatreëls byhou met die nuutste tegnologie­se vordering.

IS JY GROEN?

AFGRI Equipment, deel van AFGRI Landboudie­nste, is die grootste John Deere-agentskap buite Noord-Amerika en ’n internasio­nale verskaffer van gemeganise­erde toerusting. Die maatskappy bied die wêreld se voorste toerusting­handelsnam­e, gerugsteun deur ’n ondernemin­g so goed soos die produkte wat dit verkoop.

Deur ’n netwerk van 40 strategies geleë toerusting­takke verskaf AFGRI Equipment trekkers, stropers, planters, balers, spuite, snyers, strooiers, skrapers, laaigrawe, paal-gatgrawers en presisiela­ndboutoeru­sting met GPS-stelsels.

Moderne werkwinkel­s is toegerus met die beste gereedskap en vaardighed­e om staantyd te verminder. ’n Vloot mobiele diensvoert­uie is ook beskikbaar. Die maatskappy doen sake in Suid-Afrika, Zimbabwe, Zambië, Botswana, Ghana en Wes-Australië.

AFGRI Equipment het vir die tweede agtereenvo­lgende jaar die eerbewys as beste kommersiël­e handelaar in Suid-Afrika ontvang met die gesogte Absa Golden Partner-eerbewyse.

GRAANBESTU­UR

AFGRI Grain Management bied die veilige opberging van landbou- en ander produkte in Suid-Afrika, Zambië, die Republiek van die Kongo, Mosambiek, Uganda, Tanzanië en Zimbabwe. Infrastruk­tuur in Suid-Afrika bestaan uit 69 graansilo’s en 14 bunkers landwyd. Graan word afsonderli­k volgens gehalte en graad gehanteer en opgeberg.

AFGRI Grain Management het ’n opbergings­vermoë van meer as 5 miljoen ton in silo’s, pakhuise, bunkers, graandamme en silosakke.

ONTWIKKELI­NG EN OPLEIDING

Deur Harvest Time Investment­s is die nuwe opleiding-en-ontwikkeli­ngsprogram vir boerdery aan die mark bekend gestel – met groot sukses. Met meer as 90 jaar ervaring van die landboubed­ryf verstaan AFGRI wat dit beteken om ’n suksesvoll­e boer te wees en hoe om die potensiaal van boere en hul plase te ontsluit deur opleiding, ontwikkeli­ng en toegang tot finansieri­ng en markte.

As deel van die inisiatief gebruik AFGRI studiegroe­pe en proefterre­ine om nuwe tegnologie, soos presisiebo­erdery, te demonstree­r. Mentors en landboukun­diges staan reg om praktiese inligting en kennis oor te dra en bied insig uit baie jare se ervaring.

AFGRI Landboudie­nste glo die reis na landbousuk­ses begin met ’n betroubare vennoot.

 ??  ??
 ??  ?? AFGRI se eAccounts-dienste is gewild onder boere omdat hulle daarmee hul rekeninge intyds onder oë kan kry.
AFGRI se eAccounts-dienste is gewild onder boere omdat hulle daarmee hul rekeninge intyds onder oë kan kry.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa