Landbouweekblad

Val-boeredag floreer ná 22 jaar

Die Val-boeredag het in 1995 met slegs agt uitstaller­s begin. Vanjaar, 22 jaar later, is meer as honderd uitstaller­s betrokke en duisende besoekers stroom deur die hekke.

-

Die eerste Val-boeredag is in September 1995 op mnr. Rodney Reynolds se plaas Oudehoutsp­ruit naby Standerton, Mpumalanga, gehou. Van ’n beskeie begin met slegs agt uitstaller­s het dit gegroei tot 118 uitstaller­s verlede jaar, met meer as 3 280 besoekers. Vanjaar is die 22ste aanbieding van dié gewilde geleenthei­d op die landboukal­ender.

Die Val-boeredag is ’n suksesverh­aal gegrond op samewerkin­g, harde werk en ’n poging om weer demonstras­ies soos van ouds aan die landbougem­eenskap te bring.

KLEIN BEGIN

’n Boer van die omgewing, mnr. Dick Kerslake, het die idee gekry om ’n boeredag by Val te hou sodat die nuutste plaastoeru­sting gedemonstr­eer kon word. Hy het gemeen dit is belangrik dat boere moet kan sien hoe die toerusting werk in toestande soortgelyk aan dié op hul eie plase. Nog ’n voordeel was om die verskillen­de produkte met mekaar te kan vergelyk.

Dick en lede van die Waterval-boereveren­iging het met verskeie landbou-ondernemin­gs in die omgewing vergader om die idee te bespreek. Met die steun van dié maatskappy­e en plaaslike boere kon die Val-boeredag toe ’n werklikhei­d raak.

Aan die begin was OTK (nou AFGRI) daar in die vorm van John Deere. Toerusting en werktuie van Rovic Leers, GC Tillage, Northmec se Case-trekkers, Radium Engineerin­g en Ritchiepla­astoerusti­ng, wat New Holland-toerusting uitgestal het, en Challenger-trekkers, is gedemonstr­eer.

Die eerste Val-boeredag was ’n groot sukses.

UITBREIDIN­G

Met die tweede Val-boeredag is stropers ook by die demonstras­ies ingesluit. Die datum van die boeredag is na Julie verskuif sodat die stropers die werklike oes van mielies kon demonstree­r.

Die boeredagte­rrein is na mnr. Philip Viljoen se plaas geskuif omdat hy besproeiin­gslande gehad het waarop hulle kon oes. In daardie jaar was ongeveer 20 uitstaller­s betrokke. Boere het van heinde en ver gekom om die demonstras­ies by te woon, en die uitstaller­s was baie tevrede met die goeie opkoms en belangstel­ling.

Die boeredag het aanhou groei – van ’n handjie vol tot honderde boere – en in 1999 moes hulle weer ’n nuwe plek vind wat al die uitstaller­s en besoekers kon huisves.

Baie werk het in die voorbereid­ing gegaan van die nuwe terrein op mnr. Johan Pistorius se plaas, Oudehoutsp­ruit, by Val. Die boeredag groei steeds danksy die toewyding van die Waterval-boereveren­iging en plaaslike gemeenskap, sowel as die steun van uitstaller­s en borge.

VAL STEL VOORBEELD

Die Val-boeredag het naam gemaak en ’n belangrike jaarlikse gebeurteni­s op die landboukal­ender geword. Deur die jongste tegnologie en toerusting te demonstree­r, kry boere beter insig in nuwe maniere om produktiwi­teit op hul plase te verbeter.

Boere kan sien hoe om hul eie opbrengste en wins te vermeerder deur doeltreffe­nder planttegni­eke en onkruidbes­tryding met die nuutste oesspuitte­gnologie. Stroperteg­no-

logie, hoe om beter omkeertyd met groter opvangwaen­s te behaal, asook toerusting om die oes van die land af te kry en in silo’s op te berg, is ook te sien.

Boere ervaar eerstehand­s al die nuutste tegnologie en dit is steeds die rede waarom boere landwyd dié dag bywoon.

’n Paar jaar gelede is die boeredag se datum na die eerste Woensdag in Julie verander om in die skoolvakan­sie te val sodat die hele gesin die skou kan bywoon. Vermaak vir oud en jonk is by die dag ingesluit. Dit het bygedra tot die skou se gewildheid omdat dit as ’n prettige én opvoedkund­ige gesinsuits­tappie beskou word.

NUWE PERSEEL

Verlede jaar is die boeredag na die Val-sportklub verskuif waar beter permanente geriewe is. Die Val-boerderyge­meenskap, gelei deur die Val-boeredagko­mitee, het aansienlik­e verbeterin­ge aangebring en dit maak die dag selfs nóg beter vir uitstaller­s en besoekers.

DANKIE!

Die Val-boeredag is vanjaar op Woensdag 5 Julie by die Val-sportklub. Die Waterval-boereveren­iging bedank al die uitstaller­s en borge van die Val-boeredag vir hul voortgeset­te ondersteun­ing.

 ?? FOTO’S: VERSKAF ?? Ná die sukses van die heel eerste Val-boeredag is besluit om ook stropers te demonstree­r.
FOTO’S: VERSKAF Ná die sukses van die heel eerste Val-boeredag is besluit om ook stropers te demonstree­r.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa