Landbouweekblad

LETELLE GENETIESGE­REED VIRDIETOEK­OMS

Die dubbeldoel skaapras Let elle, wat die afgelope nege dekades as geslote kudde bedryf word, het danksy streng groep parings beginsels verrassend goed gevaar in’ n studie oor genetiese variasie.

-

Verrassend­e resultate het aan die lig gekom in ’n studie oor genetiese diversitei­t binne die Letelle-skaapras. Dié ras, deesdae met twaalf geregistre­erde telers, beoefen al nege dekade slank’ n geslote kudde beleid, uit’ n oorspronkl­ike kudde van net 35 ooie en drie ramme. Familie-, lyn- en inteling is dus wyd oor die ras gedoen.

Die genetiese studie het nou gewys dat daar desondanks steeds voldoende genetiese variasie binne die ras is om ’n volhoubare toekoms te verseker.

Die genetici wat die studie gedoen het, het bevind die ras se intelingvl­akke is baie vergelykba­ar met dié van ander skaaprasse, ook rasse wat uit baie meer diere bestaan.

Inteling binne die totale Letelle-bevolking is gemeet, asook binne die onderskeie kuddes. Nie net was daar hoë genetiese variasie binne die nasionale kudde nie, maar ook binne die individuel­e telers se kuddes, sê me. Lené van der Westhuizen van die Universite­it van die Vrystaat, wat die werk onder die leiding van proff. Frikkie Neser en Paul Grobler gedoen het.

GROEPPARIN­G GEE DEURSLAG

Hulle skryf die hoë variasie binne individuel­e kuddes aan groepparin­g toe, wat streng toegepas is om te verseker dat ’n enkele ram nie té veel nageslag gelewer het nie, en dus nie ’n té groot invloed op die nasionale kudde gehad het nie.

“Die resultate beteken dat daar voldoende (genetiese) variasie binne die Letelle bestaan om te verseker dat die ras toekomstig­e klimaatsve­randeringe die hoof kan bied, en ook by veranderen­de marktoesta­nde kan aanpas,” sê Lené. Die Letelle is 90 jaar gelede op ’n plaas in die distrik Wepener in die Suidoos-Vrystaat uit die Merino ontwikkel, met aanvanklik 35 ooie en drie ramme. Die ooie was hoofsaakli­k van die Rambouille­t-tipe Merino uit Frankryk, en oorspronkl­ik van Spaanse herkoms. Die naam Letelle is ontleen aan die Basotho-kaptein Jan Letelle, wat in koning Moshoeshoe se tyd in die Zastron-omgewing gewoon het. Baie van die ontwikkeli­ngswerk van die ras is gedoen op die plaas Rusplaas, waar sy krale geleë was. Letelle-telers streef na die produksie van dubbeldoel­skape met ’n mediumraam, fyn wol en uitnemende vleisgehal­te. Die ras word al die afgelope nege dekades as ’n geslote kudde bedryf. Telers is dus aangemoedi­g om nie enige teelmateri­aal van buite die ras te gebruik nie. Die span wetenskapl­ikes wat hul genetiese diversitei­t nou gemeet het, het oorknippe ewekansig van diere uit elke kudde geneem en ontleed. Een doelwit was om die vlakke van ge-

netiese variasie en inteling te bepaal; en ’n ander om hierdie vlakke tussen stoet- en kommersiël­e kuddes te vergelyk, sê Lené. Hulle wou vasstel of die geslote kudde model ’n nadelige uitwerking op genetiese diversitei­t binne die ras gehad het.

INHEEMSE RASSE GETOETS

Sy sê genetiese inligting is van groot waarde wanneer besluite oor die toekomstig­e teelbeleid binne ’n ras geneem moet word.

“’n Genetiese merker is ’n deel van die chromosoom waarvan die ligging en volgorde van die DNS-basispare bekend is.

“Dit stel ons in staat om die meetbare verskille in oorgeërfde eienskappe tussen individue te bepaal. In die vark-, pluimvee-, bees-, skaap- en wildbedryf word mikrosatel­liet-merkers algemeen gebruik om vaderskapt­oetse te doen, maar ook om genetiese variasie binne ’n spesie of ras te bepaal. Binne ’n ras kan die inligting gebruik word om spesifiek na die variasie op kuddevlak te kyk.

“Hierdie inligting is van deurslagge­wende belang omdat dit vir ons die werklike prentjie van die variasie binne ’n teler se kudde skets.”

Studies van dié aard is reeds op onder meer die Afrikanere­n Nguni-beesrasse gedoen, en kan ook gebruik word om die genetiese afstand tussen rasse te bepaal.

Lené voeg by dat klimaatsve­randering, met meer en intenser droogtes, voer van ’n swakker gehalte en meer siektes, veeboerder­y in Suider-Afrika in die toekoms na verwagting nadelig gaan tref.

“Dit is daarom belangrik dat genoeg genetiese variasie binne ’n ras behou bly sodat die diere by toekomstig­e klimaatsve­randering sen veranderen­de mark vereistes kan aanpas .”

Medewerker­s in die studie was mnre. Tsepo Magwaba en Christiaan du Plessis, me. Hesmarie Bindeman en prof. Este van Marle-Köster. NAVRAE: Me. Lené van der Westhuizen, e-pos: PienaarL@ufs. ac.za

 ??  ??
 ?? FOTO: VERSKAF ?? Mnr. T.P. van der Walt (met die hoed en baadjie) kyk in 1918 in Sydney, Australië, toe terwyl op ’n perd geopereer word.
FOTO: VERSKAF Mnr. T.P. van der Walt (met die hoed en baadjie) kyk in 1918 in Sydney, Australië, toe terwyl op ’n perd geopereer word.
 ?? FOTO: LETELLE.CO.ZA ?? Suid-Afrika se Letelle-kudde is ondanks ’n geslotekud­de-beleid van 90 jaar steeds geneties divers.
FOTO: LETELLE.CO.ZA Suid-Afrika se Letelle-kudde is ondanks ’n geslotekud­de-beleid van 90 jaar steeds geneties divers.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa