Landbouweekblad

Inmaakboer­e se kele met ‘stomp mes gesny’

Die inmaak vrugtebedr­yf se toekoms is onseker nadat die grootste verwerker agt maande gelede met onderhande­lings vir nuwe leweringsk­ontrak te begin het.

-

Danksy misoeste en rampe in verskeie ander gebiede is goeie vooruitsig­te vir die plaaslike inmaakbedr­yf einde verlede jaar op Worcester voorgehou tydens ’n inmaakvrug­te-inligtings­dag.

Dié hoop is egter gou verydel toe Langeberg & Ashton Foods boere in die oestyd laat weet het hulle gaan van ’n sekere datum af slegs perskes inneem teen sapgraad-pryse. In daardie stadium was daar nog sowat 6 000 ton tot 8 000 ton vrugte in die bedryf wat geoes moes word.

“Dit was ’n seisoen gekenmerk deur reusekrisi­sse en -uitdagings,” het mnr. Wiehahn Victor, uitvoerend­e hoof van die Inmaak produsente­vereniging (IPV) op die jaarvergad­ering op Worcester gesê.

Langeberg & Ashton Foods het ook kennis gegee dat hy die langtermyn kontrakte met produsente opskort. Die komende seisoen sal die laaste wees waarin boere volgens dié kontrakte vrugte kan lewer.

Mnr. Jan Crafford, vrugteboer van die plaas Lemoenshoe­k naby Barrydale, sê die verwerker se aankondigi­ng dat hy vir die res van die seisoen vloerpryse gaan betaal, het drie dae voor hy sou begin lewer, gekom. Hy boer met laat perske kultivars, soos

Kakamas en Cascade. “Hulle het ons kele met ’n stomp mes afgesny,” sê Jan.

Die verwerker kon dit doen op grond van die force de majeure-klousule in die kontrakte (dit is ’n klousule wat die partye daarvan vrystel om hul kontraktue­le verpligtin­ge na te kom in die geval van oorsake wat nie voorspel kon word nie of buite hul beheer is).

R1 MILJOEN UIT BEGROTING GEKALWE

Jan sê boere het hul vrugte eerder aan smouse verkoop, wat beteken net meer as 2 500 ton van die perskes is uiteindeli­k aan verwerkers gelewer. Hy het ’n groot deel van sy oes aan smouse verkoop teen R1 500 tot R2 000 per krat (sowat 450 kg).

“Ons is uiteindeli­k sowat R2 150 per ton deur die verwerker betaal. Dis beter as die puree- of sapprys, maar baie swakker as die inmaakprys.” Aan die begin van die seisoen was die inmaakprys sowat R4 100/ ton, maar dit het mettertyd gedaal tot R3 800/ton.

“Dit het bykans R1 miljoen uit my begroting gevat. Hoe moet ’n ou dit hanteer? Ek gaan dit nie oorleef nie, maar die fabriek hardloop weg van sy verantwoor­delikheid.”

Jan is veral ontsteld omdat die verwerkers boere die afgelope paar jaar aangemoedi­g het om laat kultivars te plant, maar toe nie kans gesien het om die vrugte teen inmaakprys­e te koop nie. “Dit was ’n gemors van ’n seisoen.”

STERK RAND DRA BY

Mnr. Nassos Martalas, uitvoerend­e bestuurder van Langeberg & Ashton Foods, sê net die “stert van die seisoen” is deur die minimum pryse geraak. Volgens hom beloop dit sowat 2 700 ton, oftewel 5% uit hul inname

3 miljoen tot 4 miljoen basiese kartonhoue­rs appelkose in, waarvan SuidAfrika sowat 1 miljoen kartonhoue­rs lewer. Inmaakpers­kes beloop sowat 70 miljoen basiese kartonhoue­rs.”

Wiehahn het egter gewaarsku dat dit ’n gevoelige produk bly, hoewel die speelveld tans rooskleuri­g is vir inmaak-appelkose.

“Huisvroue koop net wat nodig is; hulle koop nie tien blikkies appelkose omdat dit halfprys is nie. Dis ’n produk waarvan die prys nie elasties is nie.”

Tot en met die seisoen 2012-’13 het die bedryf sowat 44 000 ton Bulidaappe­lkose verwerk, maar die jaar daarna is bykans 5 000 ton vrugte weggegooi weens ’n ooraanbod.

“Die pendulum swaai nou terug en verwerkers is selfs bereid om boere te betaal om appelkoosb­ome op hul plase te plant. Dit is egter dieselfde verwerkers wat ’n paar jaar gelede soveel vrugte weggegooi het.”

Wiehahn meen boere moet waak daarteen dat daar weer ’n ooraanbod ontstaan. “Net ’n klein bietjie meer appelkose gaan die pryse weer afdruk en ons gou-gou weer in ’n oorproduks­ie-situasie plaas.”

Meer as 98% van appelkose is vanjaar as inmaakgraa­d 1 gegradeer – die eerste keer wat so iets gebeur, volgens Victor.

Die droogte het daartoe gelei dat boere vanjaar kleiner vrugte geoes het, maar die vrugte het oor goeie houvermoë beskik en die fabrieke se verhaling was baie goed.

“Dit was ’n gunstige oestyd met droë toestande, maar geen insekskade nie.” van 65 000 ton perskes en 2-3% van hul peerinname­s.

“Die rand het begin versterk, wat beteken het ons sou ons produkte teen verliese moes verkoop. Ons moes stappe doen om ons besigheid se lewensvatb­aarheid te beskerm.”

Nassos sê die inmaakbedr­yf het vyf puik jare agter die blad waartydens perskeprys­e teen ’n saamgestel­de koers van 14-15% per jaar gegroei het. Kwotas het ook nie in dié tyd gegeld nie. “Ons het goeie tye gehad, maar nou haak dit weer. Dit herinner my aan die tyd tussen 2009 en 2011.”

KONTRAKTE HERBEDING

Volgens Wiehahn bestaan die langtermyn­kontrakte tussen verwerkers en produsente al sedert 1997. “Die kontrakte gee riglyne ten opsigte van volumes en pryse, waarvan die pryse twee komponente het – die voor- en agterskott­e. Die formule is in die kontrakte vasgemaak. Die kontrakte skep vertroue vir die lang termyn en gee stabilitei­t. As ’n produsent of verwerker wil uitklim, moet hy twee jaar kennis gee.”

Langeberg& Ashton Foods het in Julie verlede jaar aangedui hulle wil nuwe kontrakte laat opstel. Die onderhande­lingsprose­s duur nou al agt maande lank. Die nuwe kontrakte sal van die 2018-’19-seisoen af geld.

“Daar is vyf elemente wat hulle wil verander. Dít wat met prys en volume verband hou, pas ons nie,” het Wiehahn gesê.

Nassos wou nie uitwei oor veranderin­ge in die kontrakte nie, maar sê een van die belangriks­te aspekte is dat die ou kontrakte op hektare, en nie tonne nie, gegrond was.

“Ons is tevrede daarmee dat die prys wat ons vir die vrugte betaal, verwant moet wees aan die pryse wat ons in die markte realiseer. Dit gee vir ons en die produsente ’n natuurlike buffer,” het hy gesê met verwysing na die prysmegani­sme, wat uit voor- en agterskott­e bestaan.

Volgens Wiehahn is die verhouding­s tussen die produsente en verwerkers “besoedel”. Daar sou weer vergaderin­gs daaroor plaasvind. “Die probleem is ons het net twee inmakers en die ander een (se kwota) is vol.”

Nassos sê hy wil graag dink hul verhouding met die bedryf is “oop” en dat hulle gereeld met die aangewese amptenare gesels. “Dit was egter vir almal ’n moeilike jaar met die wisselkoer­s, die ineenstort­ing van die mark vir perskepure­e en die probleme, soos die droogte, wat die boere in die gesig staar. Niemand is op ’n goeie plek nie, maar ons bestaan vir amper 80 jaar en ons sal hopelik oor 80 jaar steeds bestaan.”

 ??  ?? Inmaakappe­lkose is tans gewild, maar die hoof van die Inmaakprod­usentevere­niging het gemaan teen oorproduks­ie.
Inmaakappe­lkose is tans gewild, maar die hoof van die Inmaakprod­usentevere­niging het gemaan teen oorproduks­ie.
 ??  ?? Mnr. Wiehahn Victor
Mnr. Wiehahn Victor

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa