Bestuur lig, siektes en voeding reg vir groot oes
Ligbestuur in ’n pekanneutboord is deurslaggewend vir groot oeste. Twee Amerikaanse kenners gee raad oor die regte snoeimetodes, noukeurige siektebestuur en tydige plantvoeding vir ’n belowende opbrengs.
Pekanneutboere moet sorg dat genoeg sonlig die bome bereik deur verskeie metodes toe te pas, soos minder bome per hektaar, die uitdun van bome namate hulle groter word, snoei en chemikalieë.
Twee Amerikaanse wetenskaplikes het hul kennis aan plaaslike boere oorgedra en nuttige wenke verskaf. Dr. Jim Walworth van die departement van grond-, water- en omgewings wetenskappe aan die Universiteit van Arizona en dr. Richard Heerema, voorligting spesialis in pekanneute aan die Universiteit van New Mexiko, het ’n gesamentlike lesing oor ligbestuur aangebied.
Hulle het verduidelik dat boorddigtheid reeds aan die begin van die boord se lewe belangrik is. Die bestuursproses begin met die plant van die bome; dus by die ontwerp van die boord. Die digtheid behoort van só ’n aard te wees dat die bome so gou moontlik genoeg neute dra om ’n wins te maak en neutproduksie en neutgehalte te maksimaliseer wanneer die bome volwassenheid bereik. Aan die begin oorskry die produksiekoste die inkomste wat uit die opbrengs voortvloei, maar mettertyd speel die boere gelyk. Daarna word die wins jaarliks ál groter. In Amerika se halfdorre dele is die algemene afstand tussen pekanneutbome in die ry 6 m en die afstand tussen rye is 12 m. Sommige boere plant die rye nader aan mekaar, maar 9 m tussen rye en 6 m in die ry is die kortste aanbevole afstand. Die vierkantige stelsel werk die beste. Daarvolgens word ’n ekstra ry bome van ’n kultivar wat vinnig ’n groot oes lewer 6 m van die rye weerskante aangeplant sodat hulle
in ’n kort tydjie winsgewend is. Dié rye tussen die permanente rye word ná 12 jaar tot 15 jaar uitgehaal om plek te maak vir die permanente bome.
SORG VIR LIGINDRINGING
In boorde wat té dig beplant is, is daar te min ligindringing en party takke vrek. Die uitdun van boorde kan dan oorweeg word. Boere kan ook van die bome uitkap, het Richard en Jim aanbeveel. Andersins kan dié bome uitgehaal en in ’n ander boord gevestig word.
Vertikale hoeksnoei kan toegepas word om ligindringing te verbeter. In dié proses word die drag verminder, maar die alternatiewe drag neem af of word heeltemal uitgeskakel. Die neutgehalte verbeter, die bespuiting van bome is doeltreffender, ouer bome dra weer beter en dit is nie nodig om die boord uit te dun nie.
Die nadele is die bykomende snoeikoste, asook die koste om die afgesnyde takke uit die boord te verwyder en ’n kleiner oes op kort termyn. Die meeste boere los die afgesnoeide takke op die grond, verkieslik nadat dit fyngekap is. Dit verbeter mettertyd die grond se waterhouvermoë danksy die toevoeging van organiese materiaal.
Jim en Richard erken hulle het nog nie baie inligting oor vertikale hoeksnoei nie, maar die beskikbare resultate is gunstig. In Australië en Arizona in Amerika het die alternatiewe dragpatroon verminder en die opbrengs en neutgehalte het verbeter.
VERTIKALE HOEKSNOEI
Proewe het getoon té gereelde vertikale hoeksnoei is nadelig vir die opbrengs. Die kontrolegroep wat nie gesnoei is nie, het die grootste oes gedra, maar die gesnoeide boorde het die hoogste gehalte neute gehad.
Jim en Richard het nog nie genoeg inligting om te kan aanbeveel hoe gereeld die boorde gesnoei moet word nie, maar dit behoort net gedoen te word wanneer dit ooglopend nodig is. Die siklus kan van een tot vier jaar wees, na gelang van die kultivar se groeikragtigheid en die boomspasiëring.
Bome moet in die dormante seisoen gesnoei word. Dit blyk ’n noord-suid-snoeirigting is die beste vir optimale ligindringing.
Jim en Richard het gesê wanneer bome gesnoei word, behoort die bome teruggesnoei te word totdat die hoogte dieselfde as (of 1,25 keer) die afstand tussen die rye is. Die snoeihoek moet 5-10 grade wees.
Planthormone kan ook gebruik word om die bome se groei te beheer. Verskillende soorte word op die grond, op die stam, op die bas en as blaarsproei toegedien. Die volle uitwerking word egter nie dadelik waargeneem nie, terwyl dit die groei vir jare kan
inhibeer. Dit is dus nie omkeerbaar nie en behoort baie versigtig gebruik te word as ’n boer besluit om daarmee te eksperimenteer.
Gunstige resultate is wel met triasool behaal, wat die aantal blomme en vrugte laat styg het. In proewe was daar egter ’n styging of daling in vruggrootte, styging, daling of geen verandering in opbrengs, en min of geen uitwerking op neutgehalte.
SIEKTES EN VERSTEURINGS
Richard het ook oor siektes en versteurings gepraat. Nie alle siektes en versteurings wat by pekanneute in Amerika voorkom, is op Suid-Afrika van toepassing nie. Dit hou egter tóg lesse vir plaaslike boere in omdat die lesing oor halfdorre gebiede gehandel het.
Hy het boere aangeraai om altyd na vreemde verskynsels in hul boorde op te let.
Aalwurms. Baie soorte aalwurms kom op pekanneutbome se wortels voor, maar die meeste soorte rig min skade by die boomwortels aan. Die uitsondering is die pekanneut-knopaalwurm (Meloidogyne partityla), wat verdwerging en die afsterf van takke in die boonste toppe van die boom veroorsaak. Dit lei tot ’n kleiner oes.
Richard se raad is om die plant en uitplant van besmette bome te vermy en sorg te dra om nie besmette grond na die boord oor te dra nie.
Voordat bome weer in ’n besmette deel geplant word, moet dit eers vir drie jaar braak lê of met ’n gewas beplant word wat nie ’n gasheer vir hierdie aalwurm is nie.
Die beste opsie vir bome wat reeds met die aalwurm besmet is, is om fisiologiese stres te verminder deur goeie misstof-, besproeiingsen dragbestuur toe te pas. Dit word suksesvol in Amerika gedoen en boere behaal aanvaarbare oeste in besmette boorde.
Poeieragtige meeldou. Dit kom ook in Suid-Afrika op die neute en blare voor en laat ’n roesagtige voorkoms agter. Die siekte word deur ’n swam, Microsphaera penicillata, veroorsaak. Meeldou kom gewoonlik ná tye van hoë humiditeit voor, maar hoef nie behandel te word nie omdat dit nie skade van ekonomiese belang aanrig nie.
Kroongal. Dit verskyn plaaslik in die vorm van kankeragtige groeisels aan die wortels of onderste deel van die bome se stamme. Kroongal word deur ’n grondgedraagde bakterie, Agrobacterium tumefaciens, veroorsaak wat die plantmateriaal binnedring deur wonde wat tydens snoei of bewerking aangerig word. Dit is gewoonlik nie ’n noemenswaardige probleem in pekanneutboorde nie.
Boere moet gereedskap elke keer ontsmet voordat bome geënt of gesnoei word en ook daarna om besmetting te voorkom. Daar is geen praktiese bestuursmetode vir bome wat reeds besmet is nie. Pekan- bakteriese blaarskroei. Hierdie siekte word deur ’n bakterie, Xylella fastidiosa, veroorsaak en veroorsaak dat die bome van water en voedingstowwe ontneem word. Die simptome is soortgelyk aan dié weens droogte, voedingstekorte en soutskade.
Die siekte word veroorsaak deur insekte wat houtweefsel vreet en met die ent van bome met besmette gereedskap. Daar is geen behandeling wat werk nie, maar die uitwerking van besmetting word verlaag in boorde wat goed bestuur word.
Pekanskurfsiekte. Die swam Cladosporium caryigenum veroorsaak die siekte en floreer tydens gereelde reënval, hoë humiditeit en temperature bo 20 °C. Dit is dus tot halfdorre gebiede beperk. Die swam word bekamp deur weerstandige kultivars te plant en bome gereeld met swamdoders te bespuit.
FISIOLOGIESE VERSTEURINGS
Richard het ook fisiologiese versteurings by pekanneutbome bespreek.
Gesplete neute. Dit kom voor nadat dit ’n tyd lank baie gereën het en die humiditeit hoog is.
Viviparing. Dié toestand kom voor wanneer die temperatuur hoog bly wanneer die neute reeds ryp is, wat veroorsaak dat die neute in die doppe ontkiem. Produsente met dié
Die digtheid behoort van só ’n aard te wees dat die bome so gou moontlik genoeg neute dra om ’n wins te maak en neutproduksie en neutgehalte te maksimaliseer wanneer die bome volwassenheid bereik.
probleem behoort hul neute vroeër te oes.
Dopnekrose. Dit veroorsaak dikwels dat klein neute in die doppe gevorm word. Die oorsaak is nie bekend nie, maar behoorlike besproeiing, bemesting en plaagbestryding verminder die voorkoms daarvan.
Kernnekrose. Dit word aan ’n verskrompelde voorkoms van die deel van die neut aan die stingel uitgeken. Soms is hierdie neute ligter as ander. Die toestand kom veral in tye van swak produksie en by kleiner en jonger bome voor. Die oorsaak is onbekend.
OMGEWINGSTRES SE ROL
Sekere toestande ontstaan weens omgewingstres, het Richard gesê. Dit is onder meer die volgende:
Voedingstekort. ’n Tekort aan sekere voedingstowwe veroorsaak simptome wat soos siektes lyk. Die boer moet hom dus deeglik van die simptome eie aan voedingtekorte vergewis. ’n Voedingstekort kan vermy word deur gereeld blaarmonsters te ontleed.
Marginale blaarbrand. Dit kom dikwels op grond met ’n hoë soutinhoud of ’n hoë weefselbron-konsentrasie voor. Grond, besproeiingswater en plantweefsels moet ontleed word om dit te diagnoseer. Die toestand word verbeter deur sout of boor uit die grond te was. Chemikalieë sal in die grond toegedien of fisieke grondkeerlae sal gebreek moet word om die water toe te laat om deur die grond te beweeg. Suidwesbesering. Dit kom in halfdorre gebiede met uiters koue nagte voor. Ná ’n sonnige dag word die weefsel beskadig wanneer die temperatuur ná sononder daal. Dit kan voorkom word deur die bas met wit waterbasisverf te verf.
LET OP INSEKTE SE SKADE
Sommige simptome wat deur insekte veroorsaak word, word dikwels met siektes verwar, sê Richard. Dit is onder meer: Swart pekan plantluis. As die luise vreet, veroorsaak dit geel, rooi of bruin kolle op die blare. Sommige blare val af. Verminderde fotosintese veroorsaak ’n laer opbrengs en neutgehalte in die huidige en volgende jare. Verskeie insekdoders is vir die bestryding daarvan geregistreer.
Stinkgogga en blaar voet plant kewer. Die insekte beweeg gou van dekgewas se of aangrensend elande af na’ n pekanneut boord. Dit is moeilik om geïntegreerde plaagbestryding toe te pas. Insekdoders kan daarvoor gebruik word.
Roetmuf. Dit word aan opvallende, swart swamkolle op blare en neute uitgeken. Dit groei op meeldou wat deur plantluise geproduseer word, maar laat nie bome vrek nie. Met erge besmetting verminder dit fotosintese. Die beheer van geelplantluise help om roetmuf te verminder.
HOU BEMESTING OP REGTE VLAK
Jim het boere méér oor bemesting vertel. Hy
sê voedingstowwe beweeg op twee maniere na die wortels:
Grootmaatvloei. Voedingstowwe word deur die water gedra en deur die plante opgeneem.
Diffusie. Voedingstowwe beweeg van hoë konsentrasies in die grond af na lae konsentrasies naby die wortels.
Daar is twee benaderings tot bemesting en dit is naamlik om die grond of om die plante te voed.
Die voeding van die grond behels die opbou van voedingstowwe in die grond, gevolg deur onderhoud met die aanvul van die voedingstowwe wat deur die plant gebruik is, veral vir onbeweeglike voedingstowwe, soos fosfor. Die tyd wanneer dit toegedien word, is nie van kritieke belang nie.
Plantvoeding behels’ n genoegsaamheid sbenadering deur bemesting toet e dien wanneer daar’ n goeie kan sis dat dit’ n winsgewende oes sal meebring. Dit word gebruik vir beweeglike en onbeweeglike voedingstowwe. Die tydsberekening van die toediening van voedingstowwe wat in die grond verlore kan gaan, soos stikstof, is belangrik.
Voedingstowwe kan deur die besproeiingswater toegedien word–in die algemeen stikstof, kalium en mikro-elemente. Enige besproeiing stelsel kan gebruik word, maar die algemeenste is drup- en mikrobesproeiing.
Met albei hierdie benaderings moet die boer’ n bemesting spesialis raadpleeg om hom van die bome se behoeftes, die onttrekking van bepaalde plant voedingstowwe en die vlak van voedingstowwe in die grond te vergewis. NAVRAE: Mnr. Alfons Visser, e-pos: Alfons. Visser@goldenpeanut.com; sel 082 948 2222; mnr. Luther Olivier, e-pos: Luther.Olivier@ goldenpeanut.com; sel 076 060 8176.