Landbouweekblad

Bly kalme n beraam nóú winsgewend­e planne

Wildboere moet nou lesse leer uit die verlede, realisties wees oor pryse en hulle daarop toespits om deur die huidige ekonomiese siklus te werk en die wildbedryf na die volgende vlak te neem.

-

Op sosiale media-platforms, waar breedvoeri­g oor wild en wildboerde­ry gepraat word, bestaan onsekerhei­d oor die wildmark. Wildpryse het dramaties verlangsaa­m en wildtelers én beleggers is onseker oor wat om nou te doen.

Ek wil ’n beroep doen op kalmte onder alle wildboere. Kyk na die groter prentjie en besef dat die wildbedryf onlosmaakl­ik deel vorm van die res van die Suid-Afrikaanse ekonomie. Ek weet nie van ’n sektor van ons ekonomie wat tans beter daaraan toe is as wat dit ’n jaar gelede was nie.

Trouens, die Suid-Afrikaanse ekonomie is amptelik in ’n resessie en baie markte het substansie­el agteruitge­gaan.

As ek byvoorbeel­d ’n mielieboer is, en ek het die afgelope 20 jaar met mielies geboer, kan ek terugkyk na verlede jaar se mielieprys van nagenoeg R4 500 per ton teenoor die huidige gemiddelde prys van R1 750 per ton. Ek verwag nie noodwendig dat die prys weer tot R4 500 per ton gaan styg nie, maar alle mielieboer­e is verseker dat die prys weer sal herstel en opgaan. In watter mate, weet niemand nie. Tog gaan ek nie nou skielik ophou om met mielies te boer nie.

As jy kyk na beesboerde­ry ’n jaar gelede, het boere gesukkel om hul beeste op veilings verkoop te kry, terwyl hulle weens die droogte geen weiding oorgehad het nie. Dit was ’n krisis. Vandag, ’n jaar later, kry boere ’n rekordprys van R33 per kilogram! Boere het al baie sulke pryssiklus­se oorleef en ek dink wildboere moet nou hul eweknieë in die landboubed­ryf se vasbytverm­oë ontwikkel en toepas.

KYK NOU NA WINSGEWEND­HEID

Dit maak my bekommerd wanneer ek sien hoe wildboere op sosiale media skielik pessimisti­es is oor hul eie bedryf. Dit is onverantwo­ordelik om só verdere onsekerhei­d te veroorsaak en die wildekonom­ie nog meer te knou, gegewe die impak wat die breër ekonomie reeds daarop het.

Ek sê nie ons moet die huidige lae pryse met ’n glimlag aanvaar nie, maar in ’n tyd soos dié moet ons eerder met nuwe idees vir die winsgewend­heid van die bedryf vorendag kom as wat ons onsself pessimisti­es praat.

Tans is dit vir almal ’n struikelbl­ok, maar ek sien boere wil vinger wys na mekaar en na verskillen­de instansies. Dis nie die regte boodskap nie. Die bedryf moet nou eerder saamstaan en kyk hoe ons dit in die groter ekonomie op ’n beter plek kry.

’n Ou oom het eendag vir my gesê: As dit goed gaan, maak sakemanne baie somme oor wat hul wins gaan wees, maar as dit sleg gaan, hou hulle op om somme te maak. Dit is egter juis dán wanneer jy twee keer soveel somme moet maak en fokus. Dis dán wanneer die beste sakevernuf én die beste entreprene­urskap nodig is om jou eie besigheid en die bedryf na die volgende vlak te neem.

As jy ’n plaas gekoop het en ’n klomp geld aan wild bestee het, is onsekerhei­d oor die bedryf verstaanba­ar, maar almal moet nou kophou. Dit is deel van ’n siklus in die Suid-Afrikaanse ekonomie.

WYS VERTROUE IN BEDRYF

Daar is twee redes vir die huidige ooraanbod van wild. Die eerste een is teling. Ek dink egter nie die impak van meer getalle as gevolg van teling kan alleenlik die skuld dra vir die verlaging van pryse nie.

Die groter faktor wat lei tot die afname in prys, is die gebrek aan nuwe kopers.

Ons moet eerstens klem lê op nuwe toetreders en daarna daarop konsentree­r om hierdie toetreders vertroue in ons bedryf te gee.

Al manier om nuwe kopers te kry, gaan wees om kalm te bly en te wys dat ons vertroue in ons bedryf het. Skaars wild het oor die jare’ n goeie beleggings geleenthei­d vir sakelui in stede gebied. Mense het leefstylpl­ase gekoop en met wild begin boer om die plase vir hulself te laat betaal. Daar was dus ’n konstante stroom van nuwe toetreders tot die bedryf.

Nou het ons egter beleggers wat onseker is oor eiendomsre­g in Suid-Afrika en boonop is hulle bekommerd oor landelike veiligheid. Hulle koop dus nie meer grond nie en gevolglik nie meer wild nie.

Dit is uiters belangrik om kalm te bly en te onthou dat ons ’n goeie Grondwet het wat ons beskerm met betrekking tot die eienaarska­p van grond.

Mnr. Lood Bester is die uitvoerend­e hoof van Wildswinke­l, ’n maatskappy wat hom toelê op handel in lewende wild.

 ??  ?? Die pryse van skaars wild, soos buffels en bastergems­bokke, was lank ’n dryfkrag van die wildmark. Pryse het nou dramaties verlangsaa­m, maar dit is nou die tyd om opnuut somme te maak vir winsgewend­heid, maan mnr. Lood Bester, uitvoerend­e hoof van...
Die pryse van skaars wild, soos buffels en bastergems­bokke, was lank ’n dryfkrag van die wildmark. Pryse het nou dramaties verlangsaa­m, maar dit is nou die tyd om opnuut somme te maak vir winsgewend­heid, maan mnr. Lood Bester, uitvoerend­e hoof van...
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa