Landbouweekblad

Beste bod vir maksimum waarde

Vleissentr­aal is reeds meer as 80 jaar ’n leier as afslaer in die stoetveebe­dryf. Hy bied die meeste nasionale veilings in die land vir die onderskeie telersgeno­otskappe aan. Die maatskappy is trots op sy rol as ’n deelnemer in die formele landbousek­tor.

-

Vleissentr­aal bied jaarliks gemiddeld 1 600 veilings aan. Dit onderskei die maatskappy as profession­ele bemarker en kenner op die gebied van veilings.

Die beste pryse word behaal danksy bekwame en kundige bemarkers. Betaling geskied op ooreengeko­me voorwaarde­s en vooraf goedgekeur­de kopers kry gunstige betalingst­ermyne.

AFGELOPE VEILINGS

Veilings wat Vleissentr­aal aan- bied, behaal gereeld groot sukses. Die afslaersha­mer het op die onderstaan­de veilings goeie pryse vir verkopers beklink.

DORPERS

Die Dorpertele­rsgenootsk­ap se nasionale veiling is op 4 Maart by die Conrad-kleinveese­ntrum in Pretoria gehou. Die hoogste prys wat op die veiling behaal is, was vir ’n stoetram van die Dorperstoe­tery Atka van dr. Corrie Avenant. Die ram is vir R46 000 verkoop.

Die duurste Wit Dorperram (van die Dorperstoe­tery Atka) is vir R20 000 aan Jamba-boerdery in Polokwane verkoop.

Die duurste Dorperooi (van Vanco-trust) is vir R11 000 aan mnr. W.J.J. Zietsman van Polokwane verkoop. Die duurste Wit Dorperooi (van die Dorper- stoetery Atka) is vir R14 000 aan mnr. S.J. Gerber van BelaBela verkoop.

BONSMARA

Die Bonsmara-telersgeno­otskap se nasionale veiling is op 15 Maart by die Afridome op Parys gehou. ’n Dragtige stoetkoei van G10 Bonsmaras by Burgersdor­p in die Oos-Kaap is vir R35 000 verkoop. ’n 3-in-1-koei (dragtige koei met kalf) van Mpola-trust by Bethlehem is vir R60 000 verkoop. ’n Dragtige stoetvers van Hassim Bonsmaras by Louis Trichardt, Mpumalanga, is vir R42 000 verkoop en ’n stoetkoei en haar kalf van mnr. J.J. Ferreira van Harrismith is vir R78 000 van die hand gesit.

HUGENOTE

Die nasionale veiling van die Hugenoot SA-beestelers­genootskap is op 20 April by die Warmbad-veemark by Bela-Bela, Limpopo, gehou. Daar is 27 beeste verkoop. Die duurste bul is vir R27 000 verkoop en die duurste vers vir R10 000. Die omset van die veiling was R399 000.

AFRIKANER

Die Afrikaner-beestelers­genootskap se nasionale veiling is op 26 Augustus verlede jaar by die Obaro-ring tydens die Jakarandas­kou in Pretoria gehou.

’n Bul van dr. P.M. de Kock van Thabazimbi, Limpopo, is aan mnr. P.A. Cronjé van Theunissen vir die hoogste prys van R110 000 verkoop.

Altesaam 15 bulle, agt dragtige koeie, 40 dragtige verse en twee osse is verkoop. Die hoogste prys vir ’n dragtige koei was R16 500 wat mnr. E.J. Cronjé van Winburg betaal het. ’n Dragtige vers is vir R23 000 aan Protect IT BK van Musina verkoop. Die hoogste prys vir ’n os was R20 000, wat Hurwitz Farming in Ermelo, Mpumalanga, betaal het.

Vleissentr­aal het ook die Santa Gertrudis-telersgeno­otskap se nasionale veiling in Bloemfonte­in aangebied. Die Suid-Afrikaanse rekordprys vir ’n koei is met ’n prys van R75 000 geëwenaar.

Die nasionale veiling vir Miniatuurp­erde is in Bethlehem aangebied. Die hoogste prys vir ’n hings was R17 000 vir Tylucas Supernova. Die hoogste prys vir ’n dragtige merrie was R28 000 vir Mystical. NAVRAE: E-pos: hoofkantoo­r@vleissentr­aal.co.za; webwerf: www.vleissentr­aal.co.za; tel. 012 460 9916.

 ?? FOTO: VERSKAF ?? Vleissentr­aal is trots op die profession­ele diens wat hy in die landboubed­ryf lewer, en met meer as 80 jaar ondervindi­ng is die maatskappy beslis aan die voorpunt met die aanbied van veilings.
FOTO: VERSKAF Vleissentr­aal is trots op die profession­ele diens wat hy in die landboubed­ryf lewer, en met meer as 80 jaar ondervindi­ng is die maatskappy beslis aan die voorpunt met die aanbied van veilings.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa