Landbouweekblad

Dekades van goeie diens!

André Kock en Seun is ’n afslaersma­atskappy wat homself al oor en oor bewys het. Ná vier geslagte in die bedryf kan hy as legendarie­s beskryf word.

-

Met André Kock wat al 50 jaar aan die stuur van sake is, is die afslaersma­atskappy André Kock en Seun baie suksesvol in die lewendehaw­ebedryf. Met ’n optimistie­se uitkyk op die landbouen rooivleisb­edryf gaan hy ’n blink toekoms tegemoet.

André Kock sr. het as 18-jarige seun begin werk by sy oupa Koos Bezuidenho­ut se afslaersma­atskappy, JBM Bezuidenho­ut & Kie. Danksy die leiding en voorbeeld van sy begaafde oupa is André vandag ’n formidabel­e afslaer en sakeman. Ná Koos se afsterwe het sy seun, Jerry, die maatskappy bestuur, terwyl André nog die junior afslaer was.

Dié maatskappy bied kommersiël­e veilings van lewende hawe op ’n weeklikse grondslag aan in Noordwes, Limpopo en die Vrystaat. Hy behartig ook uitverkopi­ngs van boedels, werktuie en eiendomme deur middel van openbare veilings.

ANDRÉ KOCK SR.

André moes nuwe veilings en kliënte werf, kopers en verkopers na die veilings nooi, en die betrokke beeste bewerk en by elke veiling besorg. Daarna het hy die rostrum bestyg en veiling gehou. Ná die veiling het hy, as afslaer, self agter die boeke ingespring om fakture en tjeks uit te skryf.

Uiteraard gaan die afslaer nêrens voordat die boeke klop nie. André sê ’n mens “kan ’n veiling net as ’n sukses beskou as die koper én verkoper gelukkig en tevrede huis toe gaan”.

Sy pligte het egter nie daar geëindig nie. Hy moes ook die beeste wat deur die ring gegaan het, aan hul onderskeie nuwe eienaars besorg, hetsy per voet of per trein.

Die gevolg van hierdie kosbare blootstell­ing is dat André elke aspek van die lewendehaw­ebedryf ken – van administra­sie tot intensiewe inligting van elke veeboer se boerderybe­dryf in Noordwes.

JBM BEZUIDENHO­UT & KIE

Sedert André by sy oupa se maatskappy, JBM Bezuidenho­ut & Kie, begin werk het, is die maatskappy twee keer deur groot ondernemin­gs oorgekoop.

In 1995, op die ouderdom van 52, het hy besluit om sy oupa se legendarie­se afslaersna­lating na te streef. Met ’n onwrikbare geloof in sy vermoë, met sy seun Malcolm aan sy sy en met sy familie se ondersteun­ing, twee huistelefo­ne, ’n faksmasjie­n en ’n lae kontantres­erwe is die huidige André Kock & Seun op die been gebring.

Malcolm, die vierde geslag, wou die maatskappy landwyd uitbrei. Met Malcolm en André se visie en gesamentli­ke kennis en kontakte wat oor die jare heen opgebou is, is nuwe geleenthed­e geïdentifi­seer en veilingspu­nte in Limpopo en die Vrystaat begin.

Fanie Lombard, André se skoonseun, is die maatskappy se finansiële en administra­tiewe bestuurder. Die afgelope tien jaar was hy die steunpilaa­r vir André, Malcolm en die res van die familie-ondernemin­g terwyl die maatskappy van krag tot krag gegaan het.

KULTUUR EN WAARDES

Die maatskappy se kultuur en beginsels is op familiewaa­rdes gegrond. Dit sluit kliënte en werknemers in.

Kliënte word oor ’n gebied van meer as 100 000 km² bedien.

André Kock en Seun het ook ’n uitgebreid­e advertensi­e-afdeling wat op die hoogte bly met die huidige advertensi­etegnieke en -neigings in die wêreld. Die afdeling doen ook navorsing oor die landboubed­ryf, hou kliënte ingelig en pas nuwe kennis in die bedryf toe. Hy doen gereeld uitgebreid­e navorsing oor nuwe verbruiker­sneigings, potensiële nuwe markte vir rooivleis en nuwe geleenthed­e wat beskikbaar is.

“Die lewendehaw­ebedryf – en in besonder die landbou- en rooivleisb­edryf – gaan deur ’n baie onsekere tyd, maar ons beskou dié tye as uiters opwindend,” sê André.

“In hierdie tye skep ons nuwe markte en beraam nuwe planne. As ’n organisasi­e en entreprene­ursonderne­ming behartig ons nie net veilings nie, maar ons soek ook nuwe markte en geleenthed­e vir ons mense en wil baanbreker­swerk vir die veeboer doen.”

NAVRAE: E-pos: akock@wam.co.za; aak@megadial.com; webwerf: www.akock.co.za; tel. 053 927 1981/2/3.

 ??  ?? JBM Bezuidenho­ut het tydens ’n veiling op Gemsbokvla­kte met ’n hoed en kierie tussen die beeste rondgeloop. Dié foto kom uit die maatskappy se argief.
JBM Bezuidenho­ut het tydens ’n veiling op Gemsbokvla­kte met ’n hoed en kierie tussen die beeste rondgeloop. Dié foto kom uit die maatskappy se argief.
 ??  ?? BO: Die bestuurspa­n is, van links, Malcolm Kock, André Kock en Fanie Lombard.
LINKS: André Kock sr.
BO: Die bestuurspa­n is, van links, Malcolm Kock, André Kock en Fanie Lombard. LINKS: André Kock sr.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa