Landbouweekblad

Droomwinke­l in woonwa

Anni Hoffman het haar droom oor ’n pienk woonwa waaruit sy haar baba- en kinderkler­ereeks verkoop, bewaarheid op hul plaas, Rosa, langs die R318-pad in die Keisievall­ei naby Montagu.

-

‘Al my Krulkop-handewerk word uitgestal in rakke wat eers bedoel was vir borde en glase.’

Hoe is Krulkop Creations gebore?

Ek is ’n dromer en leef die meeste van die tyd in my eie wêreld. Ek sien goed asof dit reeds bestaan – is dit nie maar hoe geloof veronderst­el is om te wees nie? My ma is in 2010 oorlede en ek het daarna met my baba- en kinderkler­ereeks begin.

Waar kom jou liefde vir naaldwerk vandaan?

My ma het my met baie geduld geleer hekel voor ek plaasskool toe is. Ons het met pienk wol begin en ek was veronderst­el om ’n vierkant te hekel, maar terwyl sy gaan eiers uithaal het, het ek die pad byster geraak en dit in ’n driehoek verander! My liefde vir hekel het egter om ons kombuistaf­el begin.

Hoe het jy op die naam besluit?

Ek sou nooit kon dink dat die klein krulkopdog­tertjie eendag ’n besigheid gaan hê met die naam Krulkop nie. Die Here het seker toe al geweet, en dis hoekom ek ’n bos krulhare gekry het!

Waar verkoop jy jou produkte?

Ek het twee jaar lank elke Saterdagog­gend my motor gepak en die 20 km aangedurf Montagu toe. Daar het ek by die plaaslike markie op die dorp ’n tafel opgeslaan, waar ek die klere uitgepak het. Ná die tyd was dit afslaan, inpak en terugry plaas toe.

Elke Saterdag het ek gedroom . . . gedroom van ’n woonwa; ’n ou woonwa waarin ek my eie Krulkop-winkel kan open.

In Junie 2014 het ek ’n oproep uit die Kaap gekry van iemand wat gehoor het ek soek ’n woonwa. Hulle wou weet wanneer hulle dit vir my kon bring. Ek was nie eens verbaas nie, want ek het mos geweet ek gaan haar kry.

Vertel meer oor jou woonwa-winkel?

uitgeplak met vrolike, bont papier. Alles pas soos ’n legkaart inmekaar. Ek het gordyne gemaak uit lap wat ek al ses jaar vantevore gekoop het omdat dit vir my so mooi was. Die pers kantgordyn­e wat my kamervenst­ers kleintyd versier het en my poppe het ook ’n ereplek in die woonwa. Al my Krulkophan­dewerk word uitgestal in rakke wat eers bedoel was vir borde en glase.

Hoe verskil Krulkop van ander klerereeks­e?

Dis ’n baba- en kinderreek­s. Al die items het hekeldetai­l of is in hul geheel gehekel. Alles is uniek, plaaslik vervaardig en van uitstekend­e gehalte. My reekse en ontwerpe verander gereeld en is eie aan Krulkop. Hier is nie grootmaatp­roduksie nie. Verpakking is ook vir my baie belangrik. Ek word heeltyd voortgedry­f om met meer unieke en vars ontwerpe vorendag te kom, asook om onweerstaa­nbare produkte te skep. Só maak ek seker my klante kom weer en weer terug.

Maak jy alles self?

kers te leer hekel, veral vir die wintertye wanneer daar nie altyd werk beskikbaar is nie.

Verkoop jy slegs uit die woonwa, of kan mense ook aanlyn by jou bestel?

Ek het ’n Facebook-blad en kry bestelling­s van oor Suid-Afrika heen. Ek het selfs al bestelling­s uit Switserlan­d en Engeland gekry. Die plaaslike mense kom koop by die woonwa.

Hoe maak jy mense bewus van die reeks?

Ek stal gereeld uit by markte en adverteer daagliks op my Facebook-blad. Ek verskaf ook klere aan ’n paar baba- en aanlynwink­els.

Het jy enige raad vir ander vroue wat droom oor hul eie ondernemin­g?

Doen dit net! Begin net! Moenie wag tot iets gebeur nie. Niks gebeur vanself nie; jy moet dinge láát gebeur. Droom groot en wees bereid om hard te werk en min te slaap.

Jy praat van groter, duurder drome. Wat is jou toekomspla­nne vir Krulkop?

Ek sal graag nog plaaslike vroue wil oplei en werkskeppi­ng beklemtoon. Ek sal ook meer mense wil lok na die woonwa en ’n plaaskuier­plek skep waar mense kan ontspan.

 ??  ??
 ??  ?? BO: Anni Hoffman voor haar winkel, ’n woonwa wat sy met haar skoonsus se hulp opgeknap het. LINKS: Van die fraai babaklere met gehekelde detail in die Krulkop-reeks.
BO: Anni Hoffman voor haar winkel, ’n woonwa wat sy met haar skoonsus se hulp opgeknap het. LINKS: Van die fraai babaklere met gehekelde detail in die Krulkop-reeks.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa