Landbouweekblad

BRANDSTOF – WEER ’N DALING IN DIE PRYS VERWAG

- — NICO VAN BURICK

Berekening­s teen die middel van die maand dui daarop dat verbruiker­s begin Julie vir die tweede agtereenvo­lgende maand kan uitsien na ’n daling in brandstofp­ryse.

Mnr. Dawie Maree, hoof van landbou-inligting en bemarking by FNB, sê ’n daling van 50c/l tot 60c/l kan verwag word vir petrol én diesel weens oorverhali­ngs by albei. “Dit is interessan­t dat die beweging in die wisselkoer­s verantwoor­delik is vir gemiddeld 3c/l in die oorverhali­ng. Die daling in internasio­nale produkprys­e is verantwoor­delik vir ’n verdere oorverhali­ng van 55c/l tot 57c/l.”

Hy sê die herstel en redelike sterk vertoning van die wisselkoer­s is goeie nuus vir toekomstig­e prysverwag­tinge, tensy daar weer een of ander onnodige politieke skok kom.

“Wat die internasio­nale prys van ruolie betref, het Opul (die olie-produseren­de uitvoerlan­de) gepoog om verdere produksieb­eperkings in te stel, maar dit het misluk. Mededingin­g van lande wat nie deel is van Opul nie, beteken dat die produksieb­eperkings geen noemenswaa­rdige uitwerking het nie.

Maree sê dit lyk verder of skaliegas-ontginning in Amerika vanjaar weer kop optel en verdere druk op oliepryse plaas.

“Die potensiële daling in brandstofp­ryse is uiteraard goeie nuus vir boere én verbruiker­s. Daar is talle boere wat graan oes en die meeste graan word per pad vervoer. Ten opsigte van inflasie-verwagting­s hou dit ook goeie nuus in en dit kan moontlik ’n rol speel in die Reserweban­k se monetêre beleidskom­itee se besluit wat betref die rentekoers. Die volgende vergaderin­g van die komitee is 18 tot 20 Julie.”

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa