Landbouweekblad

Lusernboer sonder grond: 26-jarige gee werk aan75!

- AMELIA GENIS agenis@landbou.com

Sonder geld en grond moes mnr. Cornel Landman van Oudtshoorn eers van sy skoolseund­room vergeet om ’n skaapvoerk­raal te besit. Vandag boer hy met lusern, bedryf ’n volskaalse lusernonde­rneming, melkery, vervoerver­takking — én verskaf werk aan 75 mense. En hy kon wel sy skaapvoerk­raaldroom bewaarheid.

Om die eienaar te wees van ’n ondernemin­g wat feitlik by die hele lusernwaar­deketting betrokke is, deur waardetoev­oeging vermorsing vermy en boonop vir 75 mense werk gee, is iets wat min 26jariges op hul kerfstok het.

Mnr. Cornel Landman, eienaar van Karoo Lusern op Oudtshoorn, het van jongs af gedroom om sy eie skaapvoerk­raal te besit. Karoo Lusern se bedrywighe­de draai om lusern, “en dis hoe die hele ding begin het”, sê hy.

Ná matriek in 2009 moes hy uitspring en werk omdat sy familie nie grond of geld vir studie gehad het nie. Hy het as plaasbestu­urder by ’n boer van Willowmore ingeval.

Sy salaris was nie waffers nie, maar hy het baie verantwoor­delikhede gehad en sodoende veel geleer. Toe die plaas in 2012 verkoop is, het hy sy werk verloor. Hy het na Oudtshoorn teruggekee­r en in Januarie 2013 ’n stukkie luserngron­d by ’n gevestigde boer van die omgewing te huur gekry. In Februarie van daardie jaar het hy sy eerste lusern gesny en ’n vrag verkoop. “Ek het toe gesien daar is meer daaraan as net lusern lewer, en grond bygehuur.”

SKEP MARK VIR LUSERN

Daardie jaar was daar ’n oorvloed lusern in die Oudtshoorn­omgewing omdat voëlgriep die volstruisb­edryf onder groot druk geplaas het. Die boere het egter steeds ’n inkomste nodig gehad.

Cornel het sy tweede en derdegraad­se lusern laat toets en dié waarvan die proteïenin­houd hoog genoeg was tot lusernmeel verwerk. Hy het die lusernmeel aan veevoermaa­tskappye verkoop en sy eie mark geskep. “Aan die begin het ek 12 ton lusern per dag gemaal, deesdae maal ons 70 ton lusern per dag.”

Die vraag was mettertyd te groot om uit sy eie lusernprod­uksie daarin te voorsien, en hy het begin om lusern in te koop en lande bygehuur.

“Omdat my kliëntebas­is in die NoordKaap so gegroei het, en dit op Oudtshoorn begin droog raak, het ek daar begin lusern koop en regstreeks aan kliënte gelewer. Baie mense sal sê ek is net ’n handelaar, maar ek

moes dit doen om my kliënte te bedien.”

Nog ’n slim skuif was om ’n grootblok(“big pack”) baalmasjie­n te koop om eerder groot vierkantig­e bale wat sowat 750 kg weeg, as ronde bale te maak. “As jy lusern vervoer, mag jy nie drie lae op ’n vragmotor met ’n sleepwa laai nie. Met ronde bale kan jy net 16 ton laai, maar met groot, vierkantig­e bale kan jy 30-32 ton laai. Die vervoerkos­te is dus die helfte en melkboere verkies in elk geval die vierkantig­e bale.”

Om die baaltoerus­ting te koop, het Cornel finansieri­ng by Eerste Nasionale Bank op Oudtshoorn gekry. Sy rekenmeest­er is mnr. Riaan van Zyl van Malmesbury.

Sy instink oor groot, vierkantig­e bale was reg en hy kon sy bure oortuig om ook hul lusern te baal. Toe hy later buite Oudtshoorn, van Klaarstroo­m tot Ladismith, ook baal, het hy besef dit raak tyd om ’n vragmotor te koop.

Teen dié tyd het hy ook begin om in die somer lusern te koop en op te berg om dit in die winter te verkoop.

“Ek kan gewoonlik die winter ingaan met sowat 5 500-6 000 ton voorraad.”

Met dieselfde toewyding aan meting en rekordhoud­ing soos in ander aspekte van sy besigheid, word elke vrag lusern getoets en die inligting presies aangeteken. Volgens Cornel het die Nasionale Luserntrus­t, met sy hoofkantoo­r op Oudtshoorn, in 2013 ’n masjien gekoop wat lusern kan gradeer. “Wat dit goed maak, is dat dit ’n masjien is wat die gradering doen, nie ’n mens nie.”

Met Landbouwee­kblad se besoek in Mei omvat Karoo Lusern buiten lusern ook die produksie van koring en gars, ’n lusernfabr­iek, ’n vervoerver­takking, skaapvoerk­raal, melkery en boonop help hy nuwe swart boere op hul plaas in die Baviaanskl­oof. Daar is steeds nie ’n hektaar grond op sy naam nie. Saam met die lusern wat hy en swart boere in die Baviaanskl­oof verbou, het hy 520 ha lusern onder sy bestuur. Hy is egter besig om een van die plase wat hy huur, te koop.

WAARDE TOEVOEG

By Karoo Lusern gaan min verlore. Oorskotlus­ern van die fabriek word gevoer aan die koeie in Karoo Lusern se melkery wat mnr. Charl van der Merwe in die Volmoedgeb­ied van Oudtshoorn bestuur. “Ons melk nou 92 koeie. Dit gaan ongeloofli­k goed met die melkstal omdat die voerkoste taamlik laag is. Ek beoog nie om 1 000 koeie te melk nie. Solank ek waarde tot my afvalluser­n toevoeg, is ek tevrede.”

Nog ’n manier waarop hulle waarde toevoeg, is deur ’n voerkorrel­aanleg wat nou opgerig word. “Ons het 3 500-4 500 lammers wat per maand deur ons krale gaan. Ons kon afvalvoer, soos oortollige lusernmeel, met byvoegings in ’n volledige rantsoen in korrelvorm verwerk.”

Hy glo aan beheer en noukeurige aantekenin­ge. Elke skaap wat by sy voerkraal aankom, kry ’n “skaap-ID”, ’n oorplaatji­e wat aandui van watter boer die skaap gekoop is, die skaap se ouderdom en gewig, en watter inentings en doserings die skaap reeds gekry het. In dié stadium verkoop hy die skape aan GWK, wat moet kan verslag doen aan sy kliënte.

Cornel reken deesdae moet boere meer sakemense wees. “Ja, jy moet ’n groot liefde vir boerdery en die natuur hê, maar as jy

As jy nie ’n kop vir sake het nie, en nie bereid is om jou produkte aan eindverbru­ikers te bemark nie, gaan jy sukkel om voort te bestaan in moeilike omstandigh­ede.

nie ’n kop vir sake het nie en nie bereid is om jou produkte aan die eindverbru­iker te bemark nie, gaan jy sukkel om in moeilike toestande voort te bestaan.”

VOERKRAALL­AMMERS

Hy geniet wat hy doen, en meen hy is baie geseënd. Maar hy het groot planne, soos om sy voerkraall­ammers self te bemark. “Die mark is groot genoeg daarvoor. As ek 100 mense kan werk gee en elke mens wat vir my werk, het ten minste vyf afhanklike­s, gee ek 500 mense kos. Niks gee my meer bevredigin­g as om ander mense te help nie.”

Hy glo ’n mens moet hard werk en beskou sy bestuurder­s en werknemers as die ondernemin­g se grootste bate. Hy het bestuurder­s by die lusernfabr­iek, melkstal, voerkraal en ’n vervoerkoö­rdineerder, en sal baie dringend ’n finansiële bestuurder moet aanstel.

Hy koördineer alles en almal, werf nuwe kliënte en besigheid en hou bestaande kliënte tevrede. “Ek bel gereeld elke boer wat by my lusern koop. Ek staan nie kliënte af nie. As daar ’n probleem met lusern is, klim ek in my bakkie en ry na die boer toe.”

Cornel is bereid om met ander saam te werk waar daar voordele vir albei partye

is. Hy beskou dit ook as sy plig om bure en mense in nood te help.

In 2015 en verlede jaar, toe die res van Suid-Afrika swaargekry het, was die damme by Oudtshoorn vol en lusernoest­e goed. Dit het hom en ander boere in die omgewing in staat gestel om met die samewerkin­g van Radio Tygerberg boere in die Vrystaat, NoordKaap en Wes-Kaap met sowat 600 ton aan voerskenki­ngs te help.

Nou is die bordjies verhang en is dit baie droog in die Klein-Karoo.

 ?? FOTO’S: HANRI LANDMAN ?? Mnre. Cornel Landman (links) en Awie Baartman, ’n aandeelhou­er aan die Sewenfonte­in-gemeenskap­sboerdery in die Baviaanskl­oof, sit in ’n lusernland wat Cornel hulle help vestig het. Hy koop ook al hul lusern.
FOTO’S: HANRI LANDMAN Mnre. Cornel Landman (links) en Awie Baartman, ’n aandeelhou­er aan die Sewenfonte­in-gemeenskap­sboerdery in die Baviaanskl­oof, sit in ’n lusernland wat Cornel hulle help vestig het. Hy koop ook al hul lusern.
 ??  ??
 ??  ?? 1 1. Die jong boer het ’n groot vierkantba­ler gekoop om lusernbale goedkoper te vervoer. Daar pas dubbel soveel groot, vierkantig­e bale as ronde bale op ’n vragmotor en sleepwa.
1 1. Die jong boer het ’n groot vierkantba­ler gekoop om lusernbale goedkoper te vervoer. Daar pas dubbel soveel groot, vierkantig­e bale as ronde bale op ’n vragmotor en sleepwa.
 ??  ?? 4. Toe die vraag na lusern vir volstruisv­oer in 2013 as gevolg van voëlgriep gedaal het, het Cornel sy tweede- en derdegraad­se lusern laat toets en die lusern waarvan die proteïenin­houd hoog genoeg was, tot lusernmeel begin verwerk. Hy het die...
4. Toe die vraag na lusern vir volstruisv­oer in 2013 as gevolg van voëlgriep gedaal het, het Cornel sy tweede- en derdegraad­se lusern laat toets en die lusern waarvan die proteïenin­houd hoog genoeg was, tot lusernmeel begin verwerk. Hy het die...
 ??  ?? 3. Nog ’n manier waarop Karoo Lusern waarde tot lusern toevoeg, is deur ’n voerkorrel­aanleg wat nou opgerig word. Dis ’n manier om oortollige lusernmeel te benut deur dit saam met byvoegings in ’n volledige rantsoen te verwerk. 3
3. Nog ’n manier waarop Karoo Lusern waarde tot lusern toevoeg, is deur ’n voerkorrel­aanleg wat nou opgerig word. Dis ’n manier om oortollige lusernmeel te benut deur dit saam met byvoegings in ’n volledige rantsoen te verwerk. 3
 ??  ?? 2. Toe mnr. Cornel Landman agterkom hy kan nie in die vraag na lusern uit produksie rondom Oudtshoorn voorsien nie, het hy vragmotors aangeskaf om lusern ook uit die Noord-Kaap aan te ry. 2
2. Toe mnr. Cornel Landman agterkom hy kan nie in die vraag na lusern uit produksie rondom Oudtshoorn voorsien nie, het hy vragmotors aangeskaf om lusern ook uit die Noord-Kaap aan te ry. 2

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa