Witkruisvleivalk goed onder skoot
Daar is minder as 500 broeipare van die witkruisvleivalk in Suid-Afrika oor. Dit is daarom belangrik om hul bewaringstatus as bedreig te erken en om dié voëls te beskerm.
Die witkruisvleivalk (Circus
maurus) is endemies aan Suider-Afrika en die vleivalk met die kleinste verspreidingsgebied ter wêreld.
Wit kruis vlei valke word gekenmerk deur die onmiskenbare swart veredos, liggeel oë en bene, en die wit kruis. Die swart stert het grys bande aan die bokant en tipiese swart en wit strepe onder. Die onvolwasse voëls is donkerbruin aan die rugkant met seemkleurige of dofgeel merke. Die onderkant is seemkleurig met opsigtelike donkerbruin merke op die bors en sye. In vlug is die ligte kruis en gebande stert kenmerkend.
Wit kruis vlei valke voed hoofsaaklik op knaagdiere, hoewel voëls, reptiele en paddas ook benut word. Hulle kan soms ook aas vreet. Hierdie voëls verkies oop en droë landskappe. Hulle kom in bergagtige fynbos, renosterveld, strandveld en droë grasveld voor. Hulle broei veral in fynbos en verkies habitatte wat deur renosterveld oorheers word, hoofsaaklik aan die kus en bergagtige streke van die Wes-Kaap.
Daar is ’n klein groepie wat in Namibië broei en hulle broei ook soms in die Drakensberge in KwaZulu-Natal en Oos-Kaap. Hulle is geneig om in die herfs en winter van die fynbos-bioom na die Karoo en NoordKaap, asook die grasveld van die Vrystaat en Lesotho te beweeg.
Die feit dat die voëls so skaars is, hou regstreeks verband met krimpende natuurlike habitatte. Meer as 90% van die Wes-Kaap is deur landbou omvorm. In bewaarde kusgebiede met hoë getalle knaagdiere kry hierdie voëls dit reg om gemiddeld twee kuikens vir elke broeipoging groot te maak. Dit is in skrille kontras met bergagtige gebied, waar meer as die helfte van broeipogings misluk.
Wit kruis vlei valke kry wel kos i nom vormende landskappe, soos landerye, maar hulle kan nie suksesvol daarin broei nie. ’n Broeipaar benodig 100 ha ongerepte renosterveld en fynbos om suksesvol te broei.
WINDPLASE IN HUL PAD
Die wit kruis vlei valke se nomadiese gedrag word intensief bestudeer. Navorsers probeer vasstel waar die voëls beweeg en veral wat die groot aantal vrektes buite die broeityd veroorsaak. Studies op voëls wat met opsporings apparaat toegerus is, toon dat hulle tot 300 km per dag kan beweeg.
As hul roetes bekend is, kan planne beraam word om dit so min moontlik met die ligging van windplase te laat oorvleuel om noodlottige botsings te probeer verminder.
’n Hele aantal bedreigings staar die wit kruis vlei valke in die gesig. Onlangse navorsing het bevestig dat giftig eolies, wat van elektriese tranformators kom, in die omgewing beland en dat spore daarvan deur die wit kruis vlei valke opgeneem word. Die tipe
ORGANISASIES WAT HELP
Die landbou, indringerplante en verstedeliking verminder die natuurlike habitatte waarin die voëls kan broei. Saam met habitat fragment a sie sis dit die vernaamste bedreiging vir die wit kruis vlei valk. Di tis veral belangrik om landskappe waar renosterveld nog voorkom volhoubaar te bewaar. Daarin speel die Overberg-renosterveld bewarings trust’ n deurslaggewende rol.
Dr. Odette Curtis en haar span het veral drie doelwitte met hul werk. Eerstens probeer hulle om groot stukke oorblywende renosterveld vir die nageslag te bewaar deur grond aan te koop en serwitute vir bewaring uit te vaardig. Tweedens verbind hulle gefragmenteerde gedeeltes met mekaar deur deurgange op te knap. Die klem val veral op strome en riviere. Laastens maak hulle grondeienaars bewus van hoe belangrik dit is om renosterveld korrek te bestuur, sodat houdings en veldbestuur kan verander.
Hulle bereik hul doelwitte deur gesonde verhoudings en samewerking te bou met belangegroepe, wat boere, nie-regeringsorganisasies en die staat insluit. Daarby word ’n dinamiese en groeiende navorsingspan met onder andere nagraadse studente en ekoloë ontwikkel.