Landbouweekblad

Beskerm Reserweban­k — kom wat wil!

As die onafhankli­kheid van die Reserweban­k aangetas word, sal dit Suid-Afrika se oorblywend­e internasio­nale kredietwaa­rdigheid heeltemal vernietig, met rampspoedi­ge ekonomiese gevolge.

-

Die ongevraagd­e en irrelevant­e aanbevelin­g van adv. Busisiwe Mkhwebane, Openbare Beskermer (OB), ten opsigte van die Reserweban­k se mandaat het nie net skokgolwe van verbasing deur die sakesektor gestuur nie, maar sommer dadelik die rand laat verswak.

Die kommentaar en kritiek op die OB se verslag was skerp en verdoemend. Die Reserweban­k het reeds aansoek gedoen om ’n hofuitspra­ak om die aanbevelin­g ongeldig te verklaar, onder meer omdat Mkhwebane totaal buite haar magte optree en die pot heeltemal mis sit.

Sy het nie net haar feite heeltemal verkeerd nie, haar aanbevelin­gs hou ook nie verband met haar ondersoek na die bystand wat die Reserweban­k sowat 30 jaar gelede aan sekere finansiële instelling­s verleen het om hulle saam te voeg in Absa (Amalgamate­d Banks of South Africa) nie. Die doel van dié reddingsbo­ei was om die finansiële stelsel te stut nadat daar die risiko was dat van die betrokke instelling­s sou ondergaan.

Daar was al in die verlede verskeie ondersoeke deur uiters kundige mense oor dié ingryping, en die saak is afgehandel.

Dit is boonop nie vreemd dat reserweban­ke bystand aan banke verleen nie. Tydens 2008’09 se Westerse bankkrisis het Amerika, die Europese Unie en Brittanje se reserweban­ke op groot skaal hulp aan banke verleen om hulle staande te laat bly. Dit het onlangs weer in Italië gebeur, waar van die banke bankrot is.

MANDAAT

Dit is deel van reserweban­ke se mandaat om te sorg dat daar finansiële stabilitei­t in die bankengeld­stelsel is. In die meeste ontwikkeld­e lande is die reserweban­k se basiese mandaat om prysstabil­iteit na te streef en om die waarde van ’n land se geldeenhei­d te beskerm. In SuidAfrika word selfs die inflasiete­ikenband met wetgewing vasgelê waarbinne die Reserweban­k na prysstabil­iteit moet streef.

Daarby speel reserweban­ke natuurlik ook

’n oorsigrol oor die banke in ’n land en sorg dat hulle konserwati­ef bestuur word om te keer dat hulle bankrot gaan en die hele ekonomiese stelsel in gevaar stel.

Die werklike rede vir die OB se aanbevelin­g het waarskynli­k meer te doen met die feit dat pres. Jacob Zuma en sy makkers al hul voorneme verklaar het om die bankstelse­l binne hul beheer te kry. Vandaar die skielike ondersoek na gebeure van 2030 jaar gelede, asook die ondersoek na banke se beweerde knoeiery op die valutamark­te.

Dié saak is baie ernstig en SuidAfrika­ners kan bitter bly wees dat daar skerp en vinnige reaksie teen die OB se “aanbevelin­gs” was dat die Reserweban­k se mandaat verander moet word om klem te lê op die maatskapli­kekonomies­e welvaart van die bevolking.

Internasio­nale kredietgra­deringsage­ntskappe het skynbaar baie sterk gewaarsku dat SuidAfrika se internasio­nale kredietwaa­rdigheid heeltemal tot niet sal wees as die onafhankli­kheid van die SuidAfrika­anse Reserweban­k verwater word, met nog baie slegter gevolge as tans. Die OB se optrede is een van die ergste aanslae nóg op ’n markgedrew­e, moderne ekonomie. As die ANC met dié aanslag slaag, is die land werklik in groot moeilikhei­d.

Volgens die Wêreld Ekonomiese Forum het SuidAfrika nie net van die beste bankstelse­ls ter wêreld nie, maar ook van die beste korporatie­we oorsig en bestuur.

En net enkele dae ná die OB se verslag het die Laffertygr­oep in sy Global Bank Quality Benchmarki­ng Study for 2017 tot die gevolgtrek­king gekom dat SuidAfrika dié beste bankstelse­l en banke ter wêreld het, gemeet aan verskeie maatstawwe, soos die sterkte van hul balansstaa­t en konserwati­ewe bestuur.

Dit is ’n besonderse pluimpie vir SuidAfrika se banke en die Reserweban­k, wat toesig hou oor die banke.

Lesers moet ook onthou dat die goeie bankstelse­l een van die basiese redes is (saam met die Reserweban­k wat nie die wisselkoer­s beheer nie) waarom die rand een van die mees verhandeld­e geldeenhed­e ter wêreld is. Dit dra by tot rand se versterkin­g tans. Ongelukkig kan internasio­nale valutahand­elaars en spekulante met die druk van ’n knoppie binne sekondes miljarde rande uit die SuidAfrika­anse ekonomie neem. Dit maak die ekonomie besonder kwesbaar vir die ANC se manewales.

Die Reserweban­k se mandaat om prysstabil­iteit (inflasie) te handhaaf en die waarde van die geldeenhei­d (die rand se ruilwaarde) te beskerm, word bestuur deur wetgewing wat bepaal dat die inflasieko­ers binne ’n band van 36% gehou moet word.

Dié mandaat is vir die landbou baie belangrik, want inflasie en veral insetinfla­sie is een van die grootste kwessies in die sektor. Daarby is ’n stabiele wisselkoer­s belangrik. In ander Afrikaland­e is dié faktore en grondeiena­arskap die twee faktore wat kommersiël­e boerdery hoogs riskant maak.

Dit is bitter moeilik om kommersiee­l volhoubaar te boer as inflasie 2030% of hoër is en die wisselkoer­s erg verswak, om nie eens te praat van finansieri­ng teen ’n rentekoers van 20% of hoër nie.

Daarom is die poging vanaf die Zumakamp om SuidAfrika se bestaande bankstelse­l te ondermyn en af te takel, ’n groot risiko vir die landbou en die hele private sektor. Die populistie­se teorie van die Zumakamp is dat die Reserweban­k inflasie moet toelaat om tot 1020% te styg, maar dat hy rentekoers­e steeds laag moet hou (onder 10%) sodat gewone mense meer krediet kan kry en só

meer welvaart kan skep.

Dit verg nie veel kennis om te verstaan dat talle internasio­nale ondersoeke bevind het dat die armes en diegene wat ’n vaste inkomste verdien, die swaarste kry nie, want hulle kan hulself baie moeilik teen skerp stygende lewenskost­e beskerm. Dit geld natuurlik ook die sowat 18-19 miljoen mense wat op maatskapli­ke toelaes leef.

PRYSSTABIL­ITEIT

GRAFIEK 1 toon die verloop van die inflasieen die rentekoers (een van die Reserweban­k se instrument­e om inflasie te bestuur). Die sikliese verloop daarvan sedert die bank se huidige maandaat ingestel is, kan duidelik gesien word.

GRAFIEK 2 toon die verloop van die Reserweban­k se repokoers en die rand-dollarwiss­elkoers. ’n Mens kan in dié geval ook die sikliese aard van albei en die verband tussen hulle sien.

’n Lekeverdui­deliking kan as volg wees: Sodra die wisselkoer­s verswak (in die grafiek na die R12/$-vlak beweeg), lei dit tot inflasie (want ingevoerde goedere, brandstof en die meeste landboupro­dukte word duurder). Geld kan ook uit Suid-Afrika vloei weens ’n skokgebeur­tenis wat die land minder aanloklik vir beleggers maak. Die Reserweban­k verhoog dan die repokoers, terwyl rentekoers­e oorsee konstant bly. Dit laat kapitaal terugvloei en die rand verstewig. Die verstewige­nde rand laat die pryse van koring, mielies, uitvoervru­gte, brandstof en ander produkte oor ’n wye vlak laer neig, en inflasie daal. Suid-Afrika is tans in so ’n fase van die siklus, ten spyte van die chaotiese politieke bestuur van die land.

Ten slotte, monetêre beleid en die Reserweban­k se mandaat is beslis nie die OB se terrein nie. Mkhwebane se onlangse uitspraak is uiters gevaarlik. Daarom was daar vinnige en skerp kritiek en het die Reserweban­k dadelik ’n hofaansoek ingedien om haar verslag ter syde te stel.

Indien dié tipe aanbevelin­gs begin om deel van die hoofstroom-“beleidsdeb­at” van die ANC te word, moet die land bekommerd raak. As die voorstaand­ers daarvan die oorhand kry, gaan dit jou sakeplan op sy kop keer. Kom ons hoop dit gebeur nie.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa