Landbouweekblad

BEWARINGSL­ANDBOU ÁL UITWEG IN NOORDWES

-

Bewaringsl­andbou — ’n kombinasie van geenbewerk­ing (of minimale grondverst­euring), wisselbou en die behoud van ’n deklaag van oesreste — is die enigste manier om volhoubaar graan te verbou. Konvension­ele grondbewer­king, wat uit skeurploeg­bewerking (rip), ploeg en skoffel bestaan, veroorsaak erosie en die agteruitga­ng van die grond se gehalte.

Bewaringsl­andbou word op ’n beraamde 20% van die grond in die somersaaig­ebied toegepas, terwyl die oppervlakt­e in KwaZuluNat­al en die Wes-Kaap ongeveer 80% is. In die somersaaig­ebied word dus hoofsaakli­k op konvension­ele grondbewer­king staatgemaa­k om graan te verbou. Die vooruitsig vir mielies met bewaringsl­andbou lyk egter baie gunstig in veral Noordwes.

Noordwes se klimaat is droog en die grond is oorwegend sanderig. Internasio­nale navorsing toon dat hoër opbrengste met geenbewerk­ingsmielie­s in dié toestande verwag kan word. Die ondervindi­ng van bewaringsb­oere in Noordwes en ’n plaaslike proef se resultate bevestig die opbrengsve­rhoging.

Die opbrengsve­rhoging kom veral in produksiej­are met ’n midsomerdr­oogte voor. In die proef was die opbrengs van mielies onder geenbewerk­ing in 2014-’15 byvoorbeel­d 6,3 ton per hektaar, teenoor 3,5 ton per hektaar by konvension­ele mielies. Dié resultate en ondervindi­ng dui ook daarop dat bewaringsl­andbou in die toekoms die impak van klimaatsve­randering kan versag. Na verwagting gaan die weer wispelturi­ger en die somersaaig­ebied droër word. Reën sal dus so doeltreffe­nd moontlik gebruik moet word.

Per hektaar is die belegging in en gebruik van trekkers en werktuie vir bewaringsl­andbou baie laer as by konvension­ele grondbewer­king — gewoonlik minder as die helfte. Die gebruik van trekkers en werktuie neem ook drasties af. Die gebruik van diesel en die instandhou­dingskoste neem gewoonlik met meer as 50% af.

SOOS MET ENIGE groot veranderin­g ontstaan vrae en onsekerhed­e. By sekere grondtipes daal die opbrengs van mielies pleks van om te styg. Oplossings moet daarvoor gekry word. Onkruidbek­amping is aanvanklik moeilik by bewaringsl­andbou en daar word swaar op onkruiddod­ers gesteun.

Om ’n deel van die oesreste op die grond te laat pleks van om dit vir winterweid­ing te benut, verg moontlik ook ’n aanpassing van die veebedryfv­ertakking.

Internasio­nale ondervindi­ng wys dat optimale praktyke en stelsels van gebied tot gebied verskil. ’n Wisselbous­telsel wat byvoorbeel­d in een gebied goed vaar, is nie noodwendig die aangewese stelsel vir ’n ander gebied nie. Selfs aspekte, soos plantdigth­eid, rywydte en bemesting, sal deur navorsing geoptimali­seer moet word.

Die punt is dat klimaatsve­randering, die agteruitga­ng en erosie van grond en die koste wat aan trekkers en werktuie verbonde is, die volhoubaar­heid van graanverbo­uing in Noordwes ondermyn. Die omskakelin­g van konvension­ele na bewaringsl­andbou moet dus ernstig oorweeg word. Dié omskakelin­g verg ’n denkskuif en waagmoed, en dít is nie maklik nie. Bewaringsl­andbou is egter die enigste manier om volhoubare graanprodu­ksie te bevorder.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa