Landbouweekblad

KORINGTARI­EF GAAN BOERE NIÉ BESKERM

- DIRK LESCH Malmesbury

Die berig “Nuwe koringtari­ef bring soet én suur” (LBW, 7 Julie 2017) het betrekking.

Wat ’n belaglike opmerking dat koringboer­e in Suid-Afrika moet dankbaar wees vir iets wat net mooi niks vir hulle beteken nie.

GRAFIEK 1 en GRAFIEK 2 toon die hoeveelhei­d koring wat Suid-Afrika ingevoer het en uit watter lande. Dit is duidelik dat daar in die afgelope twee jaar skaars 8% harde, rooi winterkori­ng ingevoer is. Hoe de ongeluk moet die tarief die Suid-Afrikaanse boere beskerm as die meeste koring spotgoedko­op uit Rusland en Duitsland ingevoer word?

Kom ons praat die waarheid. Die huidige tarief gaan die boer nie teen invoer beskerm nie. Hulle gaan steeds uitgelewer wees aan koring van ’n swakker gehalte wat ingevoer word.

Die “omkeerstra­tegie” in die bedryf is werklik belaglik. Hoe kan iemand dink dat ’n prys wat R80 per ton beter is, die boer gaan red?

Graadwaarb­orge gaan beslis nie ’n boer se bas red nie. Die meulenaar voer koring van swakker grade in en gaan dus by die Suid-Afrikaanse boere koring van ’n beter gehalte soek, maar sonder om ’n premie daarvoor te betaal. Die rede is dat pryse nie van die prys van harde, rooi winterkori­ng afgelei word nie, maar vanaf dié van die swakste tipe koring wat ingevoer word.

Graadwaarb­org help slegs die meulenaar deur die opberger te dwing om sekere grade te waarborg. Al wat daardeur reggekry is, is dat die boer se bonus op omset minder gaan wees omdat opgraderin­gswinste minder gaan wees.

Bogenoemde kan deur en deur bewys word, want op die JSE is Swartsee-tipe koring se invoerpari­teit dag ná dag gelykstaan­de aan B2- afgeleide tipe koring.

Die enigste manier hoe die Suid-Afrikaanse boer beskerm sal word, is as die verwysings­prys geld op elke ton koring wat ingevoer word. Koring uit Rusland word tans teen $37/ton goedkoper ingevoer. Dit is eintlik net mooi daardie ekstra R500/ton wat plaaslike boere nodig het om te oorleef.

Wanneer die tarief geaktiveer word, is die datum waarop dit in werking moet tree, nog nie eens vasgestel nie. Dit het al male sonder tal gebeur dat ’n tarief eers ná weke of selfs maande in werking tree.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa