Landbouweekblad

KOMMERSIËL­E BOERE KORT NUWE ORGANISASI­E

-

Die tyd het duidelik aangebreek dat kommersiël­e boere weer hul eie kommersiël­e landbou-organisasi­e op die been moet bring, skryf mnr. Fanie Brink, ’n landbou-ekonoom.

JAAP COETZER skryf: Die TLU SA het ’n paar jaar gelede ’n goed deurdagte landboupla­n aan die Regering voorgelê, maar toe dink die Regering en ander landbou-organisasi­es ons is ’n spul regses. Die geskiedeni­s sal nog bewys dat ons reg was. Fanie, dit is nie nodig om ’n nuwe organisasi­e te stig nie. Daar is een met die naam van die TLU SA. Gee julle steun aan ons.

BARWOU skryf: Dit is harde woorde, maar die waarheid. Miskien moet ons daaraan dink en ’n nuwe rigting inslaan.

SEKELBOS skryf: Agri SA is na my mening te gedienstig, probeer altyd polities korrek wees (polities korrek beteken meestal nie dat jy reg en op die regte pad is nie), terwyl die Regering vere vir ons voel. Hy neem elke keer deel aan droogtehul­pskemas wat nooit by die kommersiël­e boere uitkom nie. Die TLU SA het ongelukkig ’n regse etiket om sy nek en in beginsel ignoreer die Regering/ANC hom. Hy is egter op die man af en, soos die Engelsman sê, noem a spade

a spade. Miskien sal dit help as ons dié twee organisasi­es kan laat saamsmelt met ’n meer regstreeks­e beleid wat die kommersiël­e boer se regte bevorder en nie ’n paai-benadering volg nie. Nuwe leiers sal egter dan nodig wees. JAAP skryf: ’n Plan is nie iets wat ons benodig nie. Ek het al self die kantoor van die Adjunkpres­ident en die Minister van Landbou gekontak. Hulle stel nie eens belang om na jou te luister nie. Dit pas hulle as niks gedoen word nie. Ons benodig ’n organisasi­e wat ophou praat en dóén. Ek is seker as ’n organisasi­e met ’n behoorlike plan, sê nou maar, Verenigde Nasies (VN) toe gaan, sal hy geld kry om die plan in werking te stel en VN-beskerming teen enige optredes van die ANC geniet.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa