Landbouweekblad

AARDGAS OP JOU PLAAS? BAKLEI UIT DIE STAANSPOOR

- — MARLEEN SMITH

EKSPLORASI­E-AANSOEKE vir skaliegas moet van die heel eerste fase af beveg word, want dit kan maklik outomaties tot hidrobreki­ng lei.

Dit was die dringende waarskuwin­g van mnr. Johannes Möller, voorsitter van Agri SA, nadat dié bedryfsorg­anisasie se provinsial­e affiliasie in KwaZulu-Natal, Kwanalu, onlangs interdikte in die Noord-Gautengse Hooggeregs­hof bekom het. Die interdikte verbied die Petroleumv­ereniging van Suid-Afrika (Pasa) om aansoeke om ’n eksplorasi­ereg en tegniese permit aan die petrochemi­ese maatskappy Rhino Oil and Gas Exploratio­n South Africa toe te staan. Die betrokke gebied wat Rhino wil ondersoek, beslaan 1,6 miljoen ha en 15 000 plase in dié provinsie.

Agri SA se waarskuwin­g kom te midde van berigte dat Pasa op die punt is om sy eerste aanbevelin­gs oor die toestaan van eksplorasi­e-permitte vir skaliegas te gee, nadat terugvoer uit openbare raadplegin­gsessies en wetenskapl­ike verslae bestudeer is.

Möller het Agri SA se standpunt duidelik gestel: Gegewe die oorblywend­e onsekerhed­e oor watervoors­iening en besoedelin­g wat met skaliegas-ontwikkeli­ng gepaard gaan, kan Agri SA nie tans die Regering se voortgeset­te pogings in hierdie verband ondersteun nie. Hy het na konvension­ele ontginning deur boorgate asook hidrobreki­ng in dieper lae verwys.

PROSES WERK SÓ

Mnr. Janse Rabie, direkteur van natuurlike hulpbronne by Agri SA, sê die aansoekpro­ses vir voornemend­e ontginners geskied in verskillen­de fases. Eers doen ’n maatskappy aansoek om ’n tegniese samewerkin­gspermit en/of eksplorasi­eregte.

Dié ondersoeke, wat met tegniese samewerkin­g én eksplorasi­e verband hou, behels nie werklike hidrobreki­ng nie. Die houers van tegniese samewerkin­gspermitte kry outomaties die eksklusiew­e reg om aansoek om eksplorasi­eregte te doen en dit te kry, net soos wat die houers van eksplorasi­eregte die eksklusiew­e reg op aansoek vir produksier­egte kry. Die resultaat kan maklik volskaalse produksie wees, hetsy uit boorgate of met hidrobreki­ng.

Daarom is dit nodig om heel aan die begin van die proses standpunt in te neem sodat jy later in ’n magsposisi­e is om beswaar te maak, sê Rabie.

“Jy kan nie net stilsit en wag voordat jy inklim nie, want hierdie prosesse is so outomaties aaneengesk­akel.”

Kwanalu se aansoek om die interdikte in die Hooggeregs­hof het op vermoedeli­k tegniese ongerymdhe­de in Rhino se aanvanklik­e aansoeke berus.

AANSOEKE ÓRAL

Rabie sê ’n reeks petrochemi­ese maatskappy­e het reeds om aardgas-eksplorasi­eregte in letterlik elke provinsie van Suid-Afrika

aansoek gedoen. Dit sluit groot dele van onder meer die Kalahari, Waterberge, Noordwes, Vrystaat en Karoo in.

Skaliegas is maar een van die aardgasse wat hulle hoop om te ontgin. ’n Ander is olie. Dít en die beoogde metode van ontginning hoef nie in die aansoeke aangedui te word nie.

Rabie se raad aan grondeiena­ars wat deur sulke aansoeke geraak word, is om Agri SA en hul provinsial­e landbou-unies om hulp te kontak.

“Wees waaksaam en verseker dat die owerheid risiko’s in ag neem. Gebruik al jou regte op beswaar as die owerheid nie sy pligte oor skaliegas-ontwikkeli­ng nakom nie,” sê Rabie.

 ?? FOTO: ALANI JANEKE ?? Clarens is die nuutste gebied waar Rhino Oil and Gas vir aardgas wil eksploreer. Vrystaat Landbou het reeds aangedui hy hou die situasie fyn dop.
FOTO: ALANI JANEKE Clarens is die nuutste gebied waar Rhino Oil and Gas vir aardgas wil eksploreer. Vrystaat Landbou het reeds aangedui hy hou die situasie fyn dop.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa