Landbouweekblad

ANC-OUDMINISTE­RS DAAG ZUMA WÉÉR UIT OOR EIENDOM

- — CARIEN KRUGER

ONTEIENING

sonder vergoeding sal ernstige skade aan die ekonomie aanrig, sê mnr. Derek Hanekom, ANC-LP en oudministe­r van landbou.

Hanekom, wat sy pos as Minister van Toerisme vroeër vanjaar in ’n kabinetsko­mmeling verloor het, sê hy vra nie verskoning daarvoor dat hy sy gedagtes só sterk uitdruk nie.

Hy het op die elfde jaarlikse konferensi­e oor agribesigh­eid in Afrika by Emperor’s Palace, naby Kempton Park, gesê sy enigste verskoning in dié verband is dat hy die woord “nonsens” by die ANC-beleidskon­ferensie gebruik het, wat mense aanstoot gee.

Hanekom en mnr. Pravin Gordhan, wat ook sy pos as Minister van Finansies in die kabinetsko­mmeling verloor het, het albei op die konferensi­e gepraat.

Hanekom was Minister van Landbou en Grondsake in oudpres. Nelson Mandela se kabinet. Hy sê hy het wit boere destyds gewaarsku hul grootste bedreiging is nie grondhervo­rmingsprog­ramme nie, maar eerder dat dit nie suksesvol gedoen word nie. Zimbabwe is ’n voorbeeld van wat dán gebeur.

HERHAAL DIE SUKSESSE

Volgens Hanekom het grond in die buurland ’n “populistie­se slagspreuk” geword en uiteindeli­k in die hande van “die elite –

vriende en sogenaamde oorlogsvet­erane” beland. Suid-Afrika kan, en moet, volgens hom erken dat grondhervo­rming die afgelope 23 jaar nie so goed verloop het as wat dit moes nie.

Daar ís suksesverh­ale, en dit moet ontleed word sodat dit herhaal kan word.

Maar daar is ook baie voorbeelde van mislukking, en daar moet gevra word hoekom. Om te sê dit was weens die gewillige verkoper en koper-beginsel, “is nonsens en verkeerde ontleding”.

Oor titelaktes vir begunstigd­es van grondhervo­rming het Hanekom gesê dit is ’n baie ingewikkel­de situasie, onder meer weens bestaande stelsels in die voormalige tuislande.

Verder is die moontlikhe­id in kommissies by die ANC-beleid s konferensi­e genoem dat grond teruggenee­m moet word by begunstigd­es wat dit nie gebruik nie.

Hanekom meen wel hervorming rakende verblyfsek­erheid is nodig, en dat dit nie titelaktes hoef uit te sluit nie.

‘MOENIE PROBLEEM ONTKEN’

Hy het die belangrikh­eid van grondhervo­rming benadruk.

“Kamerade en vriende, sien eerstens die probleem raak en moenie dit ontken nie. Werk dan uit wat jy kan doen. Die grootste bedreiging is om nie die groot, rasgegrond­e ongelykhed­e te erken nie.

“Dit gaan nie oorwit monopolie kapitaal, of nié wit monopoliek­apitaal nie. Dit gaan oor die nalatenska­p van apartheid en die uitsluitin­g van swart mense in die ekonomie.”

Hy het die sektor aangemoedi­g om vennootska­ppe te sluit wat die landbou vinniger sal laat groei.

Ook Gordhan het die landbou gevra om vroegtydig op te tree.

Met verwysing na die inisitiati­ef vir uitvoerend­e hoofde wat hy 18 maande gelede op die been gebring het, het hy gevra: “Wat is júl inisiatief?

“Ek hoop ek kan sommige van julle in aktiviste verander.”

Vir hom beteken “radikale sosiaal-ekonomiese transforma­sie” dat transforma­sie verder moet gaan as tevore, daar ’n groter sin vir dringendhe­id moet wees, dit moet meer tasbaar moet wees, en ’n beduidende verskil in mense se lewens maak.

Gordhan het gesê die landbou en voedsel verwerking is ’n verwaarloo­sde sektor van die ekonomie. Dit bied groot geleenthed­e om meer werk te skep, groter voedselsek­erheid te verseker, en te verseker dat meer uit- as ingevoer word.

‘Die grootste bedreiging is om nie die groot, rasgegrond­e ongelykhed­e te erken nie.’

 ?? FOTO: CARIEN KRUGER ?? Mnr. Pravin Gordhan
FOTO: CARIEN KRUGER Mnr. Pravin Gordhan
 ?? FOTO: CARIEN KRUGER ?? Mnr. Derek Hanekom
FOTO: CARIEN KRUGER Mnr. Derek Hanekom

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa