Landbouweekblad

’SUKSESVOLL­E’ VEILING ONDANKS FEL DROOGTE

- THEUNS BOTHA

DIE omset op die 16de Kirkwoodse wildfeesve­iling was vanjaar 16% laer as verlede jaar se R8,7 miljoen, maar kenners meen gegewe die droogte en huidige stand van die ekonomie behoort verkopers tevrede te wees met die pryse wat behaal is.

Dié laer pryse is ook in ooreenstem­ming met veilingspr­yse in die res van Suid-Afrika.

Mnr. Brandon Leer, die afslaer, sê baie boere wat die veiling bygewoon het, moes nog onlangs wild weens die uitmergele­nde droogte verskuif.

“Daar kan dus nie verwag word dat hulle in dié omstandigh­ede nog wild moet inkoop nie. Dit is nietemin bemoedigen­d dat meer as 80% van die wild wat aangebied is, teen markverwan­te pryse verkoop is. Die meeste kopers was van die Oos-Kaap.”

’n Rekordgeta­l van 61 Addobuffel­s is aangebied. Die beste prys was R130 000 vir ’n koei. Die 50 Kaapse bergsebras in die katalogus is teen gemiddeld R20 000 stuk van die hand gesit. Die hoogste prys vir ’n koedoebul met ’n horingspan van 52 duim was R38 000, terwyl twee renosters onderskeid­elik R110 000 en R130 000 behaal het.

BEDRYF ‘GESOND’

Leer meen al het die prys van baie wildsoorte die afgelope drie jaar gehalveer, is die bedryf inherent gesond.

“Diegene wat sowat vier jaar gelede met mening tot die wildbedryf toegetree en uitspattig­e pryse betaal het, het óf baie geld gemaak óf is nie meer in die bedryf nie.

“Dié met ’n passie vir wildboerde­ry is die mense wat die bedryf op ’n gesonde grondslag sal hou.”

Mnr. Johan Swart, organiseer­der van die veiling, sê verkopers is vooraf gemaan dat die mark weens die droogte gedemp sal wees. “Gelukkig het die boom nie uit die mark geval nie. Ons is heeltemal tevrede met die resultate.”

Mnr. Neil Dodds, voorsitter van die Oos-Kaapse Wild bestuursve­reniging, sê hy is tevrede met die belangstel­ling in die 130 lotte wat onder die hamer gekom het.

“Vlaktewild en die bomalotte is feitlik almal van die hand gesit. Hoewel ek ’n ietwat beter prys vir die buffelbull­e verwag het, was dit verblydend om te sien daar is steeds belangstel­ling in wild met ongewone kleure, soos die goue wildebees wat teen R35 000 verkoop is.”

Dodds meen as so ’n suksesvoll­e veiling in dié moeilike toestande kon plaasvind, kan ’n oplewing verwag word as dit goed reën en die veld herstel. —

 ?? FOTO: THEUNS BOTHA ?? Van links is mnre. Neil Dodds, voorsitter van die Oos-Kaapse Wildbestuu­rsverenigi­ng, Brandon Leer, afslaer, en Johan Swart, organiseer­der van die veiling.
FOTO: THEUNS BOTHA Van links is mnre. Neil Dodds, voorsitter van die Oos-Kaapse Wildbestuu­rsverenigi­ng, Brandon Leer, afslaer, en Johan Swart, organiseer­der van die veiling.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa