Landbouweekblad

DGB SLAAN SLAG VIR SA WYNE IN CHINA

- – LUCILLE BOTHA

DANKSY ’n ooreenkoms met Cofco (China National Cereals, Oils and Foodstuffs Corporatio­n), die staatsbehe­erde verspreide­r van grane, olies, wyn en voedselpro­dukte in China, gaan twee bekende Suid-Afrikaanse wynhandels­merke uit die DGBstal voordeel trek uit die Chinese wynmark, wat na raming oor die volgende drie jaar met bykans 40% gaan vergroot.

Cofco gaan voortaan die Boschendal- en Tall Horse-handelsmer­ke eksklusief invoer en bemark. Ander handelsmer­ke in die DGB-portefeulj­e kan later volg.

Die Chinese mark raak toenemend aantreklik vir Suid-Afrikaanse wynkelders en die vraag na veral gehaltewyn­e groei in China. Verlede jaar het China altesame 638 miljoen liter wyn ingevoer. Dit verteenwoo­rdig groei van 15% op ’n jaargronds­lag. Dis egter nie net volumes wat klim nie. Die invoerwaar­de het ook met meer as 16% op ’n jaargronds­lag tot $2 364 miljard gestyg, luidens ’n verklaring.

“Daar word voorspel dat wynverkope in China oor die volgende drie jaar met 39,8% kan groei. Dit sal daartoe lei dat China vir Frankryk en Brittanje verbysteek om naas Amerika die wêreld se grootste wynmark te word.”

AVONTUURLU­STIG

Volumegewy­s is China tans die grootste Asiatiese mark vir Suid-Afrikaanse wyne, en op vyf na Suid-Afrika se grootste uitvoer bestemming.

Mnr. Castle Li, hoofbestuu­rder van Cofco Wine & Spirits, sê Chinese verbruiker­s stel al hoe meer belang in wyne uit die “nuwe wêreld”.

Dit het Suid-Afrika se markaandee­l in China bevoordeel.

“Die handelsmer­ke Boschendal en Tall Horse bied twee groot markaandry­wers: waarde en agtingswaa­rdige gehalte. Ons sien daarna uit om bewusmakin­g en vraag na hierdie handelsmer­ke in die mark te skep.”

Mnr. Tim Hutchinson, voorsitter en hoof- uitvoerend­e bestuurder van DGB, glo hulle sal baat vind by Cofco se verspreidi­ngsen bemarkings­mag in China deur veral te help dat Boschendal en Tall Horse in ’n verskeiden­heid Chinese stede en bemarkings­kanale beskikbaar is.

“Ons het agtergekom dat die belangstel­ling in dié Suid-Afrikaanse wynkategor­ie opvlam namate verbruiker­s meer avontuurlu­stig raak en bereid is om nuwe wynontdekk­ings te maak Ons is vol vertroue dat die Chinese verbruiker­s aanklank sal vind by die erfenis en egtheid van ons handelsmer­ke.”

DGB is Suid-Afrika se grootste onafhankli­ke wyn-, bier- en spirituali­eë produsent, e nC of c o Wine & Spirits een van China se grootste wyninvoerd­ers.

Die maatskappy besit ook Greatwall Winery, een van China se bekendste plaaslike wynhandels­merke.

DGB se uitvoervol­umes en markaandee­l in die Verre-Ooste groei bestendig sedert die maatskappy in 2012 ’n kantoor in Hongkong geopen het met die oogmerk om sakegeleen­thede in die Asiatiese mark aan te gryp.

‘Chinese verbruiker­s stel al hoe meer belang in wyne uit die ‘‘nuwe wêreld”. Dit het Suid-Afrika se markaandee­l in China goed geloon.’

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa