Landbouweekblad

Dié mieliebast­er gee sekerheid in twyfeljare

Pan nar se geelmielie baster pakket bied vele opsies aan droëlandbo­ere om in te pas by verskillen­de produksieg­ebiede en produksie strategieë.

-

n die dobbelspel klimaat van veral die westelike droëland produksieg­ebied– spesifiek in Noordwes – is dit ’n aanwins as boere kan staatmaak op die bestendige prestasie van ’n baster, soos PAN 6R-680R.

Risikobest­uur en die regte basterkeus­e kan jou oes maak of breek as jy in die omgewing van Sannieshof en Delareyvil­le mielies wil verbou. Vir mnr. Louis van Rensburg en sy vrou, Grietha, is dit daarom belangrik om me. Cornel Ferreira, hul Pan nar-verkoop sverteenwo­ordiger, se aanbevelin­g te vertrou.

As deel van hul geelmielie­pakket het Cornel PAN 6R-680R aanbeveel. Hierdie baster val in die mediumgroe­iklas en is geduldig in droogtetoe­stande. Die aanbevole plantdigth­eid is tipies van 18 000 tot 36 000 plante per hektaar in hoëpotensi­aal-droëlander­ye.

In Noordwes is die aanbevelin­g vir droëland verbouing eerder’ n laer plantestan­d van 16 000 (lae potensiaal) tot 24 000 (hoë potensiaal) plante per hektaar.

In dié area by Taaibospan naby Delareyvil­le waar Louis-hulle boer, bied die klimaat en sandleemgr­ond sy eie uitdagings. Met die afgelope paar jaar se min reën is Louis versigtig om nie sy hand te oorspeel nie. Hy plant teen ’n stand van 13 200 plante per hektaar.

“Kyk, ’n opbrengs van 4,5-5 ton per hektaar is moontlik met dié mieliebast­er, maar ons is tevrede met’ n volhoubare langtermyn­gemiddelde opbrengs van 3,5 ton/ ha.

“Die ou Wes-Transvaal het ’n manier om jou op jou plek te sit,” sê Louis. “Jy moenie méér probeer vat as wat hy wil gee nie. As jy meer probeer vat as wat jy moet, gaan hierdie wêreld jou laat les opsê.”

Hy sê die besparing op bedryfsmid­dele, soos saad, bemesting en bewerkings­koste, is aansienlik wanneer hy teen ’n laer plantestan­d plant. Al oes hy minder mielies per hektaar, is sy winsmarge dus steeds gesond en lewer hy ook binne die perke van wat die omgewing se natuurlike hulpbronne bied.

“Ons normale, gemiddelde reënval is reeds aan die lae kant teen 450 mm per jaar.”

Hy sê hulle het in die afgelope vyf jaar nie een keer ’n normale reënval aangeteken nie. In die vorige seisoen het hulle maar 142 mm reën gekry, in die jaar voor dit net 168 mm en die seisoen vóór daardie droewige jaar net ’n bietjie meer as 200 mm.

GEMENGDE BOERDERY

Grietha boer saam met haar man en is verantwoor­delik vir hul skaapkudde, die Vleis merino stoetery Amulet. Hulle het ook ’n kommersiël­e Bonsmaraku­dde en verbou onder meer kuilvoer vir hul veevertakk­ing.

“Ons het geleer hoe om ons rande te rek,” sê sy oor die afgelope paar taai jare.

Cornel sê dat hierdie baster veral goed werk in die Van Rensburgs se gemengde boerdery .“PAN 6R-680R is’ n goeie dubbeldoel mielie wat uitstekend werk vir kuil- voer produksie, a swei mielies of omte maal.

Hierdie baster groei langer en droog stadiger af. Jy het daarom langer tyd om te besluit of die mielies meule toe moet gaan of veevoer gaan word.”

Grietha sê sommige boere in die omgewing het drie jaar opeenvolge­ns misoeste gehad.

“Pannar het die ekstra myl gestap en was ’n ware vennoot in ’n baie moeilike tyd. Hulle het saam met ons vasgebyt.”

Louis voeg by: “Die manier hoe Pannar die boere in dié omgewing tydens die droogte uitgehelp het, was fenomenaal. Ons sal lojaal bly, want Pannar was lojaal teenoor ons.” Sy lojaliteit is egter nie blind nie. “Ek het Pannar se mielies langs dié van ander maatskappy­e geplant en jaar op jaar klop Pannar se basters die ander,” sê hy.

“Wanneer ons plant, is dit opsigtelik hoe kiemkragti­g en sterk die plantjies is. Ek hou ook daarvan dat die saad mooi eenvormig en netjies op die kop vorm.”

PAN 6R-680R is goed bestand teen noordelike blaarskroe­i (witroes) en bruinroes. Sy goeie staanvermo­ë en meerkoppig­heid lewer ’n plant wat jou selfs in moeilike toestande sal deurtrek.

 ??  ?? BO: Mnr. Louis van Rensburg, sy vrou, Grietha (links), en me. Cornel Ferreira, Pannar se verkoopsve­rteenwoord­iger in die Delareyvil­le-omgewing.
LINKS BO: PAN 6R-680R is sterk meerkoppig en lewer maklik 16-18 rye pitte op ’n kop. Die Van Rensburgs...
BO: Mnr. Louis van Rensburg, sy vrou, Grietha (links), en me. Cornel Ferreira, Pannar se verkoopsve­rteenwoord­iger in die Delareyvil­le-omgewing. LINKS BO: PAN 6R-680R is sterk meerkoppig en lewer maklik 16-18 rye pitte op ’n kop. Die Van Rensburgs...
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa