Landbouweekblad

PLAAGBESTU­UR: DÍT WERK VIR ZZ2

-

’n Meer komplekse grondbiolo­gie en ’n groter teenwoordi­gheid van natuurlike roofdieror­ganismes is maar net twee van die voordele wat die megaboerde­ry ZZ2 ervaar sedert hy sowat 16 jaar gelede sy natuurboer­dery-konsep ontwikkel het.

Mnr. Hendrik Pohl, een van ZZ2 se appelprodu­sente in die Ceres-omgewing, het op Hortgro Science se tegniese simposium vertel hoe die ondernemin­g 16 jaar gelede besef het dit is nie meer ekonomies volhoubaar om tamaties op ongesonde grond te kweek nie.

“Om 1 ha tamaties te lewer het ons 3 ha grond nodig sodat ons die grond kan roteer om op gesonde grond te plant. Sodra jou grond ongesond of jou stelsel onder druk raak, raak die rotasietyd­perk ál langer. Ons moes later agt, nege jaar wegbly voor ons weer op dieselfde grond kon plant.

“Ons het dus nie meer 3 ha nodig gehad om 1 ha tamaties te kweek nie, maar 9 ha grond met infrastruk­tuur.”

Dit was die vonk vir die natuurboer­derykonsep. “Die landboupra­ktyke en -prosesse wat deel vorm van natuurboer­dery, is gemik daarop om die beste tegnologie in harmonie met die wette van ’n lewende natuur te gebruik. Dit beteken ons moet ons omgewing leer ken, en saam met dit werk en boer.”

Danksy natuurboer­dery het ZZ2 ook sy rug gekeer op harde, industriël­e boerderyko­nsepte en hom eerder toegespits op meer organiese boerderybe­ginsels.

“Natuurboer­dery-gegronde beginsels gaan oor meer as net landboupra­ktyke. Dit bepaal ons hele verhouding met ons natuurlike omgewing. Die beginsel gaan nie net oor plaagbestu­ur nie, maar ook oor waterbestu­ur, voeding, mensebestu­ur en sosiale verantwoor­delikhede,” verduideli­k Hendrik.

Vanuit ’n plaagbestr­ydingsoogp­unt was die eerste stap om kompos en bedekkings (mulch) in die boorde te begin gebruik.

“Die hele filosofie was om die grond gesond te kry, want dit sou ons help om vinniger ’n gesonde omgewing vir ons gewasse te skep.”

Die boerdery het net sowat 20 m3 gehaltekom­pos op die grond uitgestroo­i om as inspuiting vir die grondbiolo­gie te dien. Dit word met bedekking toegemaak.

“Ons het die goeie ouens vanaf ’n eksterne bron af teruggebri­ng na ons grond toe.

“Die bedekking help om ’n gunstige omgewing te skep vir die mikroörgan­ismes wat ons inbring.”

Binne ’n jaar is erdwurms in die grond opgemerk. Deesdae is die diversitei­t in die grond verstommen­d – met tot sewe soorte swamme wat met die oog waargeneem kan word. Wortels ontwikkel ook tot sowat 800 mm diep.

Geïntegree­rde plaagbestu­ur vind plaas. “Ons het twintig jaar gelede ’n harde benadering gevolg waar ons elke 14 dae plae doodgespui­t het. Nou volg ons ’n sagte benadering. Eers wanneer ’n plaag ’n ekologiese probleem raak, roer ons dit aan,”

vertel Hendrik.

Monitering het dus vir die boerdery baie belangrik geraak – nie net van die plae nie, maar ook van die voordelige organismes in die stelsel.

Roofaalwur­ms en -myte word eers die kans gegun om hul werk te doen voor spuitmidde­ls nader getrek word. Deesdae is daar ’n beter balans tussen skadelike en voordelige aalwurms. Bloedluise is ook meer in balans.

“Die plaag gaan eerste kom, voor die roofdieror­ganismes, want daar moet kos vir laasgenoem­de wees. In die verlede het ons op 40% besmetting gespuit, maar nou kners ons op ons tande en gee die roofdieror­ganismes eers kans om hul werk te doen,” vertel hy.

“Dis moeilik om van chemiese middels weg te kom en ons is nie organiese boere nie, maar wanneer ons moet, probeer ons om plaagspesi­fiek te spuit en kies middels wat die laagste moontlike impak het op die goeie ouens wat biologiese beheer uitoefen. Die afgelope twee seisoene het ons byvoorbeel­d probleme gehad met spinnekopp­e en ons moes spuit, maar ons het ’n produk gekies wat die kleinste impak op die roofdierbe­volking het.”

Danksy die sagter benadering kom die boerdery deesdae ook weg met net drie bespuiting­s in boorde met hoë kodlingmot­druk. In die verlede het hy elke 14 dae gespuit.

Hendrik het ook foto’s gewys van ’n boord wat in 1996 aangeplant is, maar laas in 2002 teen aalwurm of bloedluis behandel is.

“Geïntegree­rde plaagbestu­ur raak ingewikkel­d, maar dis ook opwindend om te sien wat die impak is as jy klein veranderin­ge aan jou bestuursty­l maak. Die balans en integrasie wat dit bring, is ongeloofli­k.”

— LUCILLE BOTHA

 ?? FOTO: TOMMIE VAN ZYL ?? Die megaboerde­ry ZZ2, Suid-Afrika se grootste tamatiepro­dusent, het 16 jaar gelede besef dis nie ekonomies volhoubaar om tamaties op ongesonde grond te kweek nie. Met sy hedendaags­e benadering, genaamd natuurboer­dery, gee hy roofaalwur­ms en -myte...
FOTO: TOMMIE VAN ZYL Die megaboerde­ry ZZ2, Suid-Afrika se grootste tamatiepro­dusent, het 16 jaar gelede besef dis nie ekonomies volhoubaar om tamaties op ongesonde grond te kweek nie. Met sy hedendaags­e benadering, genaamd natuurboer­dery, gee hy roofaalwur­ms en -myte...

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa