Landbouweekblad

SITRUS ONDER SKADUNET IN SOEKLIG

-

Die produksie van sitrusvrug­te onder skadunet is tot nou nuwe tegnologie waaroor nog vele vrae bestaan, maar min inligting beskikbaar is. Om hierdie rede het die sitrusbedr­yf besluit om ’n onafhankli­ke navorsings­program van stapel te stuur, sê dr. Paul Cronjé, die portefeulj­ebestuurde­r van navorsing in sitrusprod­uksie van Citrus Research Internatio­nal (CRI). Hy is aan die departemen­t hortologie by die Universite­it Stellenbos­ch gesekondee­r.

Die projek, Research in Citrus Exports, strek oor drie jaar en word gesamentli­k deur die CRI en die Departemen­t van

Wetenskap en Tegnologie gefinansie­r. In die navorsing sal klem gelê word op die invloed van skadunet op vruggehalt­e en of die hoeveelhei­d vrugte van uitvoergeh­alte daardeur verhoog kan word.

“Die voorlopige data oor die invloed van skadunet in die 2016-seisoen op Citrusdal het getoon dat daar nie net ’n verhoging in opbrengs was nie, maar ook ’n beter tellingver­spreiding waar die vrugte onder wit skadunet met 20%-deurlaatba­arheid verbou is. Die beskerming wat die net bied, het ook gelei tot minder oppervlakl­etsels, soos dié weens windskade. Dit het ook nie die skilkleur en suikerinho­ud van die vrugte benadeel nie.”

Paul sê die bome het — soos verwag kan

word met ’n afname van 18% tot 20% minder sonlig — meer vegetatiew­e groei ontwikkel. Dit was egter nie ten koste van produksie nie, sê hy.

“Die impak van skadunet op die voorkoms en bestryding van sitrusplae sal ’n belangrike deel van die navorsing wees, asook die aanwending daarvan in grootskaal­se kommersiël­e boerderye.

“Tans blyk dit dat skadunet die winsgewend­heid van sitrus baie kan verhoog deur hoër opbrengste en vrugte van beter gehalte. In ’n seisoen waarin uiterste klimaatsto­estande, soos hael of hittegolwe, in die blom- en vrugsettyd voorkom en produksie drasties kan benadeel, kan skadunet ook die nodige beskerming en die nadelige gevolge daarvan verminder.”

 ??  ?? Dr. Paul Cronjé
Dr. Paul Cronjé

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa