Landbouweekblad

Vuurwapens en die wet Gaan ek in hegtenis geneem word?

Mnr. Butch van Blerk, direkteur van Bill Tolken Hendrikse Ingelyf en gereelde bydraer tot die Vra vir Faffa-rubriek, beantwoord boere se algemeenst­e vrae oor regmatige doodslag.

-

Wat gebeur as ek iemand wat my in die huis aangeval het, uit nood raakskiet of doodskiet?

Kragtens ons reg het ’n landsburge­r die reg om ’n aanvaller in sy woonhuis te skiet of selfs dood te skiet (regmatige doodslag). ’n Inwoner hoef nie te wag totdat hy oorrompel word en eers dan op te tree nie. Die howe behoort geregtelik kennis te neem van die wrede geweld wat dikwels met plaasaanva­lle gepaardgaa­n en as jou optrede in die omstandigh­ede as redelik geag word in ’n poging om jou en jou gesin te beskerm, behoort die doodslag van die aanvaller regmatig te wees.

’n Inwoner behoort egter slegs tot hierdie drastiese stap oor te gaan as daar geen ander redelike keuse bestaan om hom- of haarself te beskerm nie. Die feit van die saak is dat jy daarop geregtig is om ’n aanvaller in jou huis te skiet om jouself en jou gesin te beskerm.

Jou optrede sal egter gemeet word daaraan of dit in die omstandigh­ede redelik was of nie. As dit dalk nie nodig was om ’n inbreker te skiet nie en dit gebeur wel (’n bedelaar wat kom kos soek) en die mens sterf, kan jy aan strafbare manslag skuldig bevind word.

Moet ek in so ’n geval in die huis bly nadat ek die polisie gebel het?

Jy mag jou huis verlaat nadat jy die SAPD gebel het. Onthou dat enige optrede deur jou bevraagtek­en kan word. Tree daarom in alle opsigte redelik op.

Mag ek my vuurwapen by my hou? En sy wapen?

As jy iemand regmatig geskiet het, is jy daarop geregtig om jou vuurwapen by jou te hou. Los ’n slagoffer met sy wapen of vuurwapen net daar en moet aan geen getuienis by ’n toneel waar iemand dood is, raak nie.

Mag ek vir my prokureur wag of gaan ek dadelik deur die polisie ondervra word?

Wanneer die SAPD opdaag, kan jy hulle meedeel dat jy die aanvaller in jou huis geskiet het. Jy is absoluut daarop geregtig om vir jou prokureur te wag en mag nie deur enigiemand geïntimide­er word nie. Verklaring­s word in ’n latere stadium benodig en nie op die toneel nie. ’n Mens moet kennis dra daarvan dat as ’n aanvaller in omstandigh­ede soos hierdie gesterf het, open die SAPD ’n dossier vir moord omdat iemand (die aanvaller) op ’n gewelddadi­ge wyse (met ’n vuurwapen) doodgemaak is. Die omstandigh­ede word dan ondersoek en as dit nie ’n moordsaak uitmaak nie, word nie met ’n aanklag voortgegaa­n nie. Dis wanneer die opset om te moor nie by jou bewys kan word nie.

As ’n aanvaller in die omstandigh­ede onredelik doodgemaak is, kan die plaaseiena­ar of boer aan strafbare manslag skuldig bevind en gevonnis word. Dit is meestal ’n groot boete vir eerste oortreders.

Watter aanspreekl­ikheid het ek as iemand ’n vuurwapen wat in my naam is, gebruik? Selfs al is dit iemand in die familie en in ons belang?

’n Vuurwapene­ienaar moet te alle tye ten volle beheer oor sy vuurwapen uitoefen – nalatighei­d in hierdie opsig maak die vuurwapene­ienaar aan ’n misdaad skuldig wat tot gevolg kan hê dat hy sy reg om ’n vuurwapen te besit verloor. Indien ’n medegesins­lid ’n vuurwapen uit ’n kluis neem om ’n aanvaller regmatig te dood, behoort dit die eienaar van aanspreekl­ikheid kwyt te skeld. Onregmatig­e doodslag in so ’n geval sal veroorsaak dat die eienaar vir onder meer oortreding­s ingevolge die Wet op die Beheer van Vuurwapens (Wet 60 van 2000) aangekla word.

Is ek binne my regte om ’n vuurwapen snags in my slaapkamer te hou vir vinnige toegang, en nie in die kluis wat ’n kamer weg is nie?

Dit sal in orde wees om die vuurwapen snags in jou slaapkamer te hou , maar dit sal onderhewig wees aan die streng vereistes ten opsigte van die beheer oor jou vuurwapen ten alle tye. Die verantwoor­delikheid om ’n vuurwapen te besit, is baie groot.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa