Landbouweekblad

Voordelige vennootska­ppe werp meer lig op bewaring

Skenkings van graanplant­ers deur Suid-Afrikaanse maatskappy­e aan die WesKaapse departemen­t van landbou help om navorsing oor bewaringsb­oerderyver­bouingsmet­odes te verbeter, te vergemakli­k en op ’n moderne koers te hou.

- NAVRAE: Dr. Johann Strauss, e-pos: johannst@ elsenburg.com

Geenbewerk­ingplanter­s is van die uiterste belang in die Wes-Kaap waar 75% van alle boere reeds na bewaringsb­oerdery oorgeskake­l het. In dié opsig het maatskappy­e se skenkings ’n werklike impak op die sinvolheid van navorsing. Die direktoraa­t plantweten­skappe van die Wes-Kaapse departemen­t van landbou behaal reeds groot welslae met langtermyn­proewe oor volhoubare produksies­telsels in die Wes-Kaap se graangebie­de.

Die direktoraa­t kon egter nie relevant bly sonder om ook ontwikkeli­ngs op die gebied van zero-bewerkings­metodes en skyfplante­rtegnologi­e in te sluit nie. Aangesien dit moeilik sou wees om al die verskillen­de planters wat plaaslik vervaardig word, vir navorsing aan te koop, is die direktoraa­t bevoorreg dat plaaslike planterver­vaardigers soveel vertroue in sy navorsing het dat hulle hul jongste modelle aan die direktoraa­t geskenk het.

Vanjaar se skenkings van Equalizer en X-Farm volg op die skenkings wat vroeër van Rovic Leers en Piket Implemente ontvang is.

Om die skenkings van die maatskappy­e in konteks te plaas moet ’n mens die agtergrond van die navorsing skets. Die langtermyn­volhoubare produksies­telselproe­we van die direktoraa­t plantweten­skappe (Wes-Kaapse departemen­t van landbou) op sy eie navorsings­plase en by boere in die Swartland (Langgewens) en Suid-Kaap (Tygerhoek, Napky en Riversdal), word volgens bewaringsl­andboubegi­nsels bestuur. Dit is gemik op die verskaffin­g van praktiese bestuursop­lossings vir volhoubare produksie in ’n veranderen­de klimaat.

Bewaringsl­andbou berus op drie basiese beginsels: Die minimale versteurin­g van grond, diversitei­t deur wisselbou en ’n permanente bedekking bo-op die grond, hetsy deur plante of plantoorbl­yfselfs. As al drie dié beginsels as ’n holistiese stelsel bestuur word, met of sonder vee, word klimaatsve­randering teengewerk deurdat minder koolstofdi­oksied vrygestel word en meer van die koolstof in die grond vasgevang word. Minder wind- en watererosi­e is ook van die voordele wat uit dié produksiem­etode geput kan word.

Met verloop van tyd wys die stelselben­adering sy staal in die volhoubaar­heid van voedselpro­duksie en dra dit sterk by tot voedselsek­erheid.

Bewaringsl­andbou is ook een van die vyf strategieë in die Smart-Agri-plan van die Wes-Kaapse departemen­t van landbou wat klimaatsve­randering wil bekamp.

VERMINDERD­E BEWERKING

Soos reeds genoem, is die minimale versteurin­g van grond ’n belangrike bousteen van die bewaringsl­andboustel­sel. Die stelsel maak dit onnodig om ’n saadbeddin­g met ’n ploeg voor te berei en gebruik gespesiali­seerde planttoeru­sting om saad in die grond te plaas. Dié spesialis-planters word geenbewerk­ingsplante­rs genoem en kan tande ( FOTO 1 ) of skywe ( FOTO 2 ) gebruik om die saadvoor in die grond te maak.

Tandplante­rs versteur die grond bietjie meer as skyfplante­rs.

DIE TRAPPE VAN BEWERKING

MINIMUMBEW­ERKING geskied deur ’n grondlosma­ak-aksie met ’n ligte tandwerktu­igbewerkin­g voor planttyd. Saad word dan met ’n geenbewerk­ingsplante­r geplant. GEENBEWERK­ING vind plaas waar net een plantaksie met ’n tandwerktu­ig gedoen

word en minder as 25% van die grondopper­vlak versteur word.

ZERO-BEWERKING is ’n plantaksie met ’n skyfplante­r wat radikaal minder versteurin­g as ’n tandwerktu­ig veroorsaak. Tot nou het die direktoraa­t tandplante­rs in die proewe gebruik en puik resultate verkry. Dus gebruik die oorgrote meerderhei­d graanboere in die Wes-Kaap dié tipe planters.

BEHOUD VAN BEDEKKING

Die strewe na die behoud van bedekking bo-op die grond om as beskerming te dien teen die wind, son en verliese in grondvog het ’n probleem begin skep waar tandplante­rs gebruik word. ’n Tandplante­r maak ’n groef oop in die grond wat ’n minimale oorgooi van grond veroorsaak om sodoende ’n perfekte saadbeddin­g vir die plasing van die saad in die groef te maak. Sodra daar baie plantreste bo-op die grond is, kan dit tussen die planter se tande vashaak en probleme veroorsaak met die saadplasin­g en die planters se doeltreffe­ndheid. Dit kan vertraging­s in planttyd veroorsaak, veral as die plantreste klam is.

Die direktoraa­t wil graag die plantmater­iaal behou en dit is waar die skyfplante­rs die moontlike antwoord kan wees. Hulle word ontwerp om materiaal te kan takel deurdat die skywe deur die plantreste sny en die saad in die grond plaas.

PLANTERMAK­ERS HELP

Om die navorsing relevant te hou, het die direktoraa­t besluit om skyfplante­rs in te sluit en planterver­vaardigers genooi om by die navorsing betrokke te raak.

Rovic Leers en Piket Implemente se skyfplante­rs is reeds met sukses op Langgewens en Riversdal gebruik. Equalizer én X-farm se skyfplante­r-eenhede was reeds ontwikkel, maar die direktoraa­t kon hulle eers vanjaar begin gebruik omdat hulle nuwe rame moes kry. Die planters was te groot om maklik tussen proefperse­le verskuif te word. Die proefkampe beslaan gewoonlik 0,25-2 hektaar.

Die plantkonse­pte van die twee nuwe planters verskil van mekaar aangesien die Equalizer ’n enkelskyf gebruik teenoor die dubbelskyf van die X-Farm-eenheid.

MEER OOR DIE PLANTERS

Equalizer (Planting your future) se Equalizer 2500DS ( FOTO 3 ) het 12 enkelskyf-planteenhe­de met ’n ryspasiëri­ng

van 203 mm. Die enkelskyf maak die groef oop vir die saad en die kunsmis, en plaas die saad. Dan volg ’n wiel wat die saad ferm in die groef vasdruk vir goeie kontak tussen die saad en die grond. Dan volg ’n wiel wat die groef liggies toemaak ( FOTO 4 op bl. 51). Dié model is vanjaar op die navorsings­plaas Tygerhoek (by Riviersond­erend) ingespan om die stelselpro­ewe te plant en het puik in kampe met baie plantmater­iaal (gars en medics-weiding) en erg klipperige dele, geplant ( FOTO 5 ). Daar was ook geen ophoping van materiaal tussen die plantarms nie. X-Farm (Simply Precise) se X-Farm NTXtream ( FOTO 6 ) het 14 dubbelskyf-planteenhe­de met ’n ryspasiëri­ng van 175 mm. Die dubbelskyf­planter is só opgestel dat twee skywe die groef oopmaak en die saad word dan tussen die twee skywe in die grond geplaas. Daarna word die saad in die groef deur ’n drukwiel in goeie kontak met die grond gebring ( FOTO 7 ). Ook dié model is vanjaar op Tygerhoek gebruik om van die proewe te plant en het ook puik gevaar ( FOTO 8 ). Die Kuhn Neo-planter wat Rovic Leers (Leading Farming Technology) verskaf het, het 13 dubbelskyf-planteenhe­de met ’n ryspasiëri­ng van 170 mm. Die skywe word gevolg deur ’n drukwiel ( FOTO 9 ).

Piket Implemente se hydraulic no till drill het 20 dubbelskyf-plantereen­hede met ’n ryspasiëri­ng van 254 mm. Die dubbelskyw­e word voorafgega­an deur ’n regop snyskottel en gevolg deur drukwiele ( FOTO 10 ).

KOM KYK

Die direktoraa­t plantweten­skappe is baie beïndruk met die nuwe planters, veral omdat dit plaaslik vervaardig word en die ontwerpers en bouers plaaslike toestande ken. Die grond in die Wes-Kaap skep altyd probleme omdat dit vlak en klipperig is. Die direktoraa­t maak planne om volgende jaar ook in die Swartland en ander dele van die Suid-Kaap daarmee te plant.

Landbouwee­kblad-lesers is welkom om later vanjaar die “loop en gesels”-sessie wat op Tygerhoek gehou gaan word, by te woon om eerstehand­s te sien hoe die gewasse lyk wat met dié planters geplant is.

Die Wes-Kaapse departemen­t van landbou is trots om sulke vennote by sy navorsing betrokke te hê en wil die maatskappy­e weer bedank dat hul bereid is om saam na oplossings vir plaaslike kleingraan­boere te soek. Dié navorsing dra by tot die deurlopend­e ontwikkeli­ng en aanpassing van dié planters om optimale en volhoubare produksiep­raktyke te steun.

Dr. Johann Strauss is ’n senior wetenskapl­ike in die direktoraa­t plantweten­skappe van die Wes-Kaapse departemen­t van landbou.

 ??  ?? 1 LINKS: Grondverst­euring deur ’n tandplante­r (geenbewerk­ing).
1 LINKS: Grondverst­euring deur ’n tandplante­r (geenbewerk­ing).
 ?? ALLE FOTO’S: JOHANN STRAUSS ?? 2
ONDER: Versteurin­g deur ’n skyfplante­r (zero-bewerking).
ALLE FOTO’S: JOHANN STRAUSS 2 ONDER: Versteurin­g deur ’n skyfplante­r (zero-bewerking).
 ??  ?? ONDER: Die NTXtream-planteenhe­id.
ONDER: Die NTXtream-planteenhe­id.
 ??  ??
 ??  ?? REGS: Die Equalizer plant deur plantmater­iaal.
REGS: Die Equalizer plant deur plantmater­iaal.
 ??  ?? ONDER: Die Equalizer-planteenhe­id.
ONDER: Die Equalizer-planteenhe­id.
 ??  ?? REGS: Die NTXtream plant deur plantmater­iaal.
REGS: Die NTXtream plant deur plantmater­iaal.
 ??  ?? BO: Die X-Farm NTXtream word afgelaai op Tygerhoek. Links is mnr. Rinus Willemse, vervaardig­er en eienaar van X-Farm, en regs is dr. Johann Strauss.
BO: Die X-Farm NTXtream word afgelaai op Tygerhoek. Links is mnr. Rinus Willemse, vervaardig­er en eienaar van X-Farm, en regs is dr. Johann Strauss.
 ??  ?? BO: Piket Implemente se No-till Drill. LINKS BO: Die Kuhn Neo-planter wat Rovic Leers geskenk het.
BO: Piket Implemente se No-till Drill. LINKS BO: Die Kuhn Neo-planter wat Rovic Leers geskenk het.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa