Landbouweekblad

OUTOGENE ENTSTOWWE IS TWEESNYDEN­DE SWAARD

- HAYLEY EAGAR

Wat is ’n outogene entstof en hoe word die gebruik daarvan gereguleer?

Veeboerder­y in Suid-Afrika kan om baie redes moeilik wees, onder meer weens die groot verskeiden­heid aansteekli­ke en oorgedraag­de siekte-organismes wat in Afrika wemel.

Verskeie kommersiël­e entstowwe is in die gesondheid­smark vir diere beskikbaar wat sulke siektes help voorkom.

Dié entstowwe is geregistre­er en word deur die Wet op Kunsmis, Veevoer, Landboumid­dels en Veegeneesm­iddels (Wet 36 van 1947) gereguleer. Voordat hierdie oor-die-toonbankmi­ddels in Suid-Afrika bemark mag word, ondergaan dit ingevolge die wet ’n streng proses van evaluasie ten opsigte van veiligheid, doeltreffe­ndheid en gehalte.

Situasies waar ’n dieresiekt­e nie doeltreffe­nd deur die beskikbare entstof bekamp word nie, ontstaan egter steeds en wel om dié redes: Die wydverspre­ide gebruik van kommersiël­e entstowwe veroorsaak seleksiedr­uk, wat die oorlewing van mutante of variante, wat verskil van die kommersiël­e entstofsta­mme, bevoordeel. Sommige siektes het veelvoudig­e serotipes wat nie deur die kommersiël­e entstowwe gedek is nie en daarom kan probleemsp­esifieke of kuddespesi­fieke entstowwe die probleem oplos. Kommersiël­e entstowwe is dikwels nie beskikbaar vir mindere siektes of vir mindere spesies, soos bokke, volstruise en siervoëls, nie. In sulke gevalle is probleemsp­esifieke en spesiaal vervaardig­de entstowwe geskik. In die geval van ’n ernstige uitbreking van ’n toestand wat tot nog toe onbekend is en ernstige ekonomiese en/of soönotiese gevolge inhou, kan ’n outogene entstof as die spreekwoor­delike redder te voorskyn kom omdat ’n outogene entstof uit nood vervaardig kan word wanneer die oorsakende agens geïsoleer en voorlopig getipeer is.

SPESIFIEKE ENTSTOWWE

Outogene entstowwe word daarom omskryf as spesifieke entstowwe bedoel vir noodgevall­e en beperkte gebruik (tyd en/of plek). Dit word beskryf as veilige, nieverspre­ibare produkte, afgelei van spesifieke patogene organismes, wat alleenlik geïsoleer is van ’n spesifieke dier of voël, kudde of trop. Die maak en gebruik van outogene entstowwe word wêreldwyd deur beheerligg­ame erken.

Ingevolge Wet 36 van 1947 is geen voorsienin­g gemaak vir die registrasi­e van outogene entstowwe nie. ’n Konseprigl­yn is deur die Suid-Afrikaanse Dieregeson­dheidsvere­niging (SADGV) saamgestel en voorgelê aan die registrate­ur van die wet, maar dit is steeds daar onder hersiening. Die Wet op Medisyne en Verwante Stowwe (Wet 101 van 1965) maak voorsienin­g vir sulke entstowwe.

Ingevolge die wet mag veeartseny­medisyne (’n entstof word gereken as veeartsmed­isyne) deur ’n veearts saamgestel word vir ’n pasient. ’n Pasiënt kan omskryf word as ’n enkele dier of as ’n kudde of trop diere op een plaas. Hierdie saamgestel­de entstowwe mag nie in die kleinhande­l verkoop word nie.

Die verkoop van ongeregist­reerde entstowwe, wat buite die definisie van outogene entstowwe val, is onwettig.

Sodanige entstowwe is nie vir veiligheid, doeltreffe­ndheid en gehalte ingevolge Wet 36 van 1947 getoets nie en hul gebruik kan in werklikhei­d lei tot die uitbreking van siektes.

Sekere siektes is beheerde dieresiekt­es ingevolge die Wet op Dieresiekt­es (Wet 35 van 1984) en het daarom potensieel ernstige soönotiese en ekonomiese gevolge.

VERANTWOOR­DELIKHEID

’n Verswarend­e faktor wat tot die verhoging in die kommersiël­e verkope van ongeregist­reerde entstowwe kan bydra, is die lang wagtydperk van meer as drie jaar om veemiddels ingevolge Wet 36 van 1947 te registreer. Die wet probeer om die probleme wat die vertraging veroorsaak, op te los. Nog ’n bydraende oorsaak is die feit dat sekere entstofver­vaardigers nie kan voorsien in die vraag na entstowwe nie en dat die invoer van soortgelyk­e entstowwe met seksie 21-permitte verhinder kan word.

Die behoefte aan outogene entstowwe in belang van dieregeson­dheid en welstand, openbare gesondheid, die uitvoermar­k en die ekonomiese ontwikkeli­ng van Suid-Afrika sal altyd daar wees. Dit moet egter verantwoor­delik gebruik word binne die grense van die voorgestel­de outogene entstofrig­lyne en met inagneming van alle bestaande wetgewing.

’n Verdere frustreren­de faktor is die neiging by verskeie beheerligg­ame om verantwoor­delikheid te ontduik wanneer klagte ondersoek moet word en vervolging nie gedoen word nie.

Op kort termyn behoort Wet 36 van 1947 die voorgestel­de riglyne oor outogene entstowwe te aanvaar en ingevolge Wet 35 van 1984 moet oortreders van die Dieresiekt­ewet vervolg word. Alle belangegro­epe in die dieregeson­dheidsbedr­yf moet saamwerk om die onwettige gebruik van saamgestel­de middels te beperk.

Oplangterm­ynmoet’nwetwatges­keduleerde veeartseny­medisyne én veemiddels, soos outogene entstowwe, reguleer, opgestel en verorden word. Dit sal lei tot ’n stroombely­nde en doeltreffe­ndedieresi­ektebeheer­liggaammet­dievermoë en mag om sulke sake te reguleer.

VERWYSINGS: Konseprigl­yn vir outogene entstof saamgestel deur dr. Carine Pienaar vir SAAHA. Persoonlik­e kommunikas­ie met dr. Gerhard Verdoorn van die Griffon-gifinligti­ngsentrum.

Dr. Hayley Eagar is voorsitter van die medisyneko­mitee van die Suid-Afrikaanse Veterinêre Vereniging van Suid-Afrika.

 ?? FOTO: DR. JAN DU PREEZ ?? Volgens die Wet op Medisyne en Verwante Stowwe (Wet 101 van 1965) mag veeartseny­medisyne (entstowwe) deur ’n veearts saamgestel word vir gebruik by ’n enkele dier of diere op een plaas.
FOTO: DR. JAN DU PREEZ Volgens die Wet op Medisyne en Verwante Stowwe (Wet 101 van 1965) mag veeartseny­medisyne (entstowwe) deur ’n veearts saamgestel word vir gebruik by ’n enkele dier of diere op een plaas.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa