Landbouweekblad

McCormick wys vuurwarm modelle

Argo se nuwe McCormick-trekkermod­elle is nou plaaslik beskikbaar. Dié nuwe toevoeging­s tot die McCormick-stal kombineer waarde vir geld, Italiaanse styl én krag onder die kap.

-

Argo S.p.A het onlangs sy reekse McCormick-trekkers in die medium- en laekilowat­tklas aangepas. Van dié ou trekkermod­elle, wat reeds geruime tyd in Suid-Afrika beskikbaar is, word nou vervang met nuwe naamreekse en ’n nuwe ontwerp.

Dit val saam met Argo Tractors in Italië se voorgenome strategie vir produkontw­ikkeling in die ontwerp van nuwe trekkermod­elle. Dit sal aanpas by die nuwe landboumet­odes wat deurgaans ontwikkel, in die wêreldmark en in die plaaslike landboumar­k.

Die volgende ou modelreeks­e word vervang:

McCormick MB word nou die B-Max 75/85-reeks.

McCormick B-Max word nou die B-Max 90/100/110-reeks. Hierdie nuwe trekkermod­elle is nou aangepas om die meer tradisione­le Landini-ontwerpsty­l te volg.

MCCORMICK B-MAX 75/85-REEKS

Die ou McCormick MB-reeks word nou vervang deur die nuwe McCormick B-Max 75/85- reeks.

Hierdie modelle is toegerus met vier silinder-Perk i ns-dieselenji­n smet direkte brandstof inspuiting. Dit voldoen aan Vlak 2- omgewing standaarde. Die wringkrag is onderskeid­elik 290 N.m en 294 N.m.

Die reeks is standaard toegerus met ’n transmissi­e met twaalf ratte vorentoe en twaalf truratte en ’n meganiese spoelkas.

Die kragaftakk­er verskaf spoedkeuse­s van 540 r/min. of 1 000 r/min.

’n Meganies beheerde hysstelsel met KAT11-driepunt- koppeling verskaf al die normale werktuig beheer funksies. Dit het ’n hysvermoë van 2 700 kg.

Twee afstandbeh­eer kleppe word ondersteun deur’ noop vloeihidro­uliese stelsel met ’n vloeitempo van 53 liter per minuut.

Die McCormick B-Max 75/85 is in tweewiel- en vierwielaa­ndrywing beskikbaar. Tans is dié reeks net in platformko­nfigurasie beskikbaar.

MCCORMICK B-MAX 90/100/110-REEKS

Die ou B-Max reeks is ook aangepas en staan nou bekend as die McCormick B-Max 90 (61 kW), 100 (68 kW) en 110 (75 kW). Die nuwe modelle i smet vier silinder-Per kin stu r bo dieselenji­ns toegerus met direkte brandstofi­nspuitinge n tussenverk­oeling. Dit voldoen aan Vlak 3omgewing standaarde. Dié trekkers het wringkrag van 362 N.m (B-Max 90), 384 N.m (B-Max 100) en 416 N.m (B-Max 110). Die reeks is standaard toegerus met ’n transmissi­e met twaalf ratte vorentoe en twaalf truratte en ’n meganiese spoelkas. Die kragaftakk­er verskaf spoedkeuse­s van 540 r/min. en 1 000 r/min.

HYSSTELSEL

Die meganies beheerde hys stelsel met KAT 11- drie punt koppeling verskaf al die normale werktuig beheer funksies.

Die hysvermoë met twee hulpsilind­ers is 2 600 kg (opsioneel) vir die B-Max 90 en 3 700 kg (standaard) vir die B-Max 100 en B-Max 110.

Twee afstandbeh­eer kleppe word ondersteun deur’ n hidroulies­e oopvloeist­elsel met ’n vloeitempo van 52,3 liter per minuut.

Die McCormick 90/100/110 i sin twee-en vierwielaa­ndrywing en in platform-of kajuit- konfiguras­ie beskikbaar.

 ??  ??
 ??  ?? BO: Argo se nuwe McCormickt­rekkermode­lle in die B-Max-reeks. Links is die McCormick B-Max 75/85-reeks, wat die ou McCormick MBreeks vervang. Regs is die McCormick B-Max 90/100/110-reeks, wat die ou McCormick B-Max-reeks vervang.
BO: Trekkerope­rateurs...
BO: Argo se nuwe McCormickt­rekkermode­lle in die B-Max-reeks. Links is die McCormick B-Max 75/85-reeks, wat die ou McCormick MBreeks vervang. Regs is die McCormick B-Max 90/100/110-reeks, wat die ou McCormick B-Max-reeks vervang. BO: Trekkerope­rateurs...

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa