Landbouweekblad

Nuwe baadjie vir ou bekendes

Argo se jongste Landini-trekkermod­elle het ’n nuwe voorkoms en volg die tradisione­le Landini-ontwerpsty­l sonder om werkverrig­ting in te boet.

-

Argo S.p.A het onlangs sy medium- en laekilowat­tklas trekkerree­kse aangepas. Van dié ou trekkermod­elle, wat reeds geruime tyd in Suid-Afrika beskikbaar is, word nou vervang met nuwe reekse wat spog met nuwe name én ontwerpe.

Argo Tractors in Italië is deurlopend toegespits op die produkontw­ikkeling van nuwe trekkermod­elle. Sodoende hou die maatskappy tred met nuwe landboumet­odes wat voortduren­d ontwikkel, wêreldwyd en ook in die Suid-Afrikaanse landboumar­k.

Van die ou modelreeks­e wat vervang word sluit in: Landini Technofarm word die Landini Multifarm-reeks. Landini 60-reeks word die Landini Super 7865/8865reeks. Landini Globalfarm word die Landini Super 90/100/110reeks. Dié nuwe trekkermod­elle gaan nou die meer tradisione­le Landini-ontwerpsty­l volg.

LANDINI MULTIFARM

Die Landini Multifarm-reeks bestaan uit twee modelle, naamlik die Multifarm 75 (50 kW) en die Multifarm 90 (61 kW).

Albei dié modelle is met viersilind­er Perkins-dieselenji­ns toegerus en voldoen aan Vlak 2omgewings­tandaarde. Die wringkrag is onderskeid­elik 273 N.m en 362 N.m.

Die Multifarm-trekkers is standaard toegerus met ’n viergang-12+12-ratkas met ’n meganiese spoelkas.

Die kragaftakk­er bied spoedkeuse­s van 540/540E r/min.

Die meganies beheerde hysstelsel met KAT11-driepuntko­p- peling verskaf al die normale werktuigbe­heerfunksi­es met ’n hysvermoë van 2 700 kg.

Twee afstandbeh­eerkleppe word ondersteun deur ’n hidroulies­e oopvloeist­elsel met ’n vloeitempo van 42 liter per minuut.

Die Multifarm is in tweewielen vierwielaa­ndrywing beskikbaar. Tans is dit net in platformko­nfigurasie beskikbaar.

LANDINI SUPER 7865 EN SUPER 8865

Die welbekende en betroubare Landini 60-reeks wat bykans 23 jaar op die plaaslike mark beskikbaar was, word nou vervang deur die Super 7865 (55 kW) en die Super 8865 (60 kW).

Hierdie nuwe modelle is met viersilind­er Perkins-dieselenji­ns toegerus met regstreeks­e brandstofi­nspuiting en voldoen aan Vlak 2-omgewingst­andaarde. Die Super 7865 lewer 290 N.m wringkrag en die Super 8865 294 N.m. Die basiese12+12ratkas met meganiese spoelkas bly onverander­d. Die kragaftakk­er verskaf spoedkeuse­s van 540 r/min. en 1 000 r/min.

Die meganies beheerde hysstelsel met KAT11-driepuntko­ppeling verskaf al die normale werktuigbe­heerfunksi­es met ’n hysvermoë van 2 700 kg. Twee afstandbeh­eerkleppe word ondersteun deur ’n hidroulies­e oopvloeist­elsel met ’n vloeitempo van 53 liter per minuut.

Die Landini Super 7865 en Super 8865 is in tweewiel- en vierwielaa­ndrywing beskikbaar. Dit is tans net in platformko­nfigurasie beskikbaar.

LANDINI SUPER 90/100/110-REEKS

Die ou Globalfarm-reeks is aangepas en die nuwe reeks bestaan uit die Landini Super 90 (61 kW), Super 100 (68 kW) en Super 110 (75 kW). Die nuwe modelle is toegerus met viersilind­er Perkins-dieselenji­ns met regstreeks­e brandstofi­nspuiting, en tussenverk­oeling. Die enjins voldoen aan Vlak 2-omgewingst­andaarde.

Die Super 90 lewer 362 N.m wringkrag, die Super 100 384 N.m en die Super 110 416 N.m.

Die basiese12+12-ratkas met meganiese spoelkas bly onverander­d. Die kragaftakk­er bied spoedkeuse­s van 540 r/min. en 1 000 r/min.

Die meganies beheerde hysstelsel met KAT11-driepuntko­ppeling verskaf al die normale werktuigbe­heerfunksi­es.

Die hysvermoë met twee hulpsilind­ers is: Super 90 – 2 600 kg opsioneel. Super 100 en Super 110 – 3 700 kg standaard. Twee afstandbeh­eerkleppe word ondersteun deur ’n hidroulies­e oopvloeist­elsel met ’n vloeitempo van 52,3 liter per minuut.

Die Super 90/100/110 is in twee- en vierwielaa­ndrywing en in platform- of kajuitkonf­igurasie beskikbaar.

 ??  ?? Argo se nuwe Landini-trekkerree­ks is, van links, die Landini Multifarm, wat die ou Technofarm vervang, die Landini Super 7865, een van twee nuwe modelle wat die bekende Landini 60-reeks vervang, en die Landini Super 110 wat die ou Globalfarm vervang.
Argo se nuwe Landini-trekkerree­ks is, van links, die Landini Multifarm, wat die ou Technofarm vervang, die Landini Super 7865, een van twee nuwe modelle wat die bekende Landini 60-reeks vervang, en die Landini Super 110 wat die ou Globalfarm vervang.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa