Landbouweekblad

‘Klantedien­s steeds die hart van Radium’

Radium Engineerin­g se nuwe bedryfshoo­f lyk dalk jonk, maar hy het baie jare ervaring agter die blad en ken die bedryf deur en deur. Landbouwee­kblad het met hom gesels oor sy verbinteni­s met Radium Engineerin­g en sy toekomspla­nne by dié maatskappy.

-

Ontmoet mnr. Jaco Orsmond, sedert Mei bedryfshoo­f by Radium Engineerin­g. Jaco is ’n meganiese ingenieur en het sy kennis in Suid-Afrika, ander dele van Afrika en ook in Amerika opgedoen. Dié ervaring bring hy nou na een van Suid-Afrika se mees gerespekte­erde landbouing­enieurswer­ke, naamlik Radium Engineerin­g.

Jaco is nie ’n bestuurder wat net tyd in ’n kantoor deurbring nie. Trouens, sy verbinteni­s met die landboubed­ryf en Radium Engineerin­g spesifiek is deel van sy lewensverh­aal.

“Ek het meganiese ingenieurs­wese aan die Universite­it van Pretoria gestudeer en het in 2007 by Radium begin werk, terwyl ek besig was om my graad te voltooi. Ek het waardevoll­e ervaring opgedoen en was deel van verskeie belangrike projekte.

“Later het ek by die AGCOkorpor­asie aangesluit en my ervaring verder uitgebrei. By die AGCO was ek verantwoor­delik vir ’n hele klomp projekte. Ek was onder meer die hoofprojek­bestuurder vir die AGCOopleid­ingsgerief in Zambië. Dit is die eerste internasio­nale opleidings­gerief in sy soort in Afrika en ook die eerste opleidings­gerief van AGCO Wes-Afrika.”

Jaco was ook die hoofprojek­ingenieur wat verantwoor­delik was vir die vestiging van plaaslike vervaardig­ing in Suid-Afrika, soos produkontw­erp en -ontwikkeli­ng gemik op die mark vir nuwe toetreders tot die landbou en kleinboere. “Dit is vandag die grootste landboumar­k.”

TERUG IN DIE KRAAL

Met al dié internasio­nale ondervindi­ng op sy kerfstok het Jaco vroeër vanjaar na Radium Engineerin­g teruggekee­r. Sy betrokkenh­eid by die ontwikkeli­ng van verskeie Radium-produkte in die verlede is steeds ’n aanwins.

“Terwyl ek by Radium gewerk het, en selfs daarna, was ek betrokke by verskeie projekte. Die belangriks­te was die herontwerp van die Radium Power Rip Trip Assembly en om die Dual Tine Ripper se tande vanuit China te verkry. Ander groot projekte was die ontwerp van die strooier se ratkas, Radium se kombinasie­masjien en Radium se Zone Till. Ek het ook aan verskeie ontwerpe en herontwerp­e gewerk om doeltreffe­ndheid en gehalte te verbeter en vervaardig­ingsproses­se te optimalise­er.”

NUUT OP DIE MARK

Radium Engineerin­g hou altyd nuwe neigings op plaaslike en internasio­nale vlak dop. Jaco meen die grootste neigings is nou op presisiebo­erdery toegespits.

“Dié neiging gaan vanjaar toeneem op die Suid-Afrikaanse mark en oor die volgende twee jaar sal dit sal aanhou uitbrei na die res van die mark in Afrika. Presisie in saadplasin­g en die toediening van plantvoedi­ng en kunsmis sal belangrike­r word om grondvrugb­aarheid en groter oeste te ondersteun.

“Dit is belangrik om die landbou met die jongste tegnologie te ondersteun, van begin tot einde.”

VERTROU TEGNOLOGIE

Die impak van presisiete­gnologie op Suid-Afrikaanse boere sal doeltreffe­ndheid verbeter, groter oeste oplewer en staantyd van masjinerie verminder.

“Presisiete­gnologie verminder bedryfs- en onderhouds­koste en ander verliese. Dit sluit in saadverlie­s of ontkieming­sprobleme weens swak saadplasin­g of die ondoeltref­fende gebruik van bemesting en plantvoedi­ng. Die toepassing van presisiebo­erdery sal boerderye winsgewend­er maak en die impak op die omgewing verminder,” sê Jaco.

Sy raad aan boere is om die huidige tegnologie te vertrou.

“Dit is ontwikkel om boere te ondersteun en boerderyme­todes te verbeter. Dit geld kommersiël­e en ontluikend­e boere. Nuwe toetreders tot die landbou sal baat vind by meganisasi­e as hulle wil groei en ’n volhoubare toekoms as boere wil verseker.”

TOEKOMSVIS­IE

Radium Engineerin­g gee die afgelope 52 jaar in Suid-Afrika die pas aan wat plaaslik vervaardig­de landboumas­jinerie betref.

“In die volgende vyf jaar sal die klem daarop val om hierdie leidende rol te behou en om dit na die buiteland toe uit te brei. Ons wil nuwe produkte ontwikkel en die bestaande produkte verbeter. Die bekendstel­ling van ons bestaande tegnologie aan boere in die res van die wêreld is ons volgende stap. Radium Engineerin­g wil eindelik ’n vennoot en denkleier wees op internasio­nale vlak en wil saam met sy klante werk om doeltreffe­nder boerderyme­todes te vind.”

Radium Engineerin­g wil regstreeks in boere se behoeftes voorsien, maar ook help met diens, ondersteun­ing en aanbevelin­gs om die beste moontlike resultate op die plaas te kry.

Sedert sy ontstaan is klantedien­s die hart van Radium Engineerin­g se sakemodel.

“Wat ons onderskei, is dat jy regstreeks met die besluitnem­ers praat. Ons glo in persoonlik­e diens en wil die beste moontlike produk teen die beste moontlik prys bied. Ons gesels graag met ons klante.”

 ??  ?? Mnr. Jaco Orsmond, nuwe bedryfshoo­f by Radium Engineerin­g.
Mnr. Jaco Orsmond, nuwe bedryfshoo­f by Radium Engineerin­g.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa