Landbouweekblad

Kies regte planters vir sukses

Kommersiël­e boere verstaan en ondersteun die beginsels van bewaringsb­oerdery. Natuurlike hulpbronne, soos grond en water, is nie hernubaar is nie. Dit spoor almal aan om dit met sorg te benut.

-

Met bewaringsb­oerdery is daar nie ’n regte of verkeerde benadering nie. Almal het verskillen­de menings oor motivering en aanvaardin­g. Hetsy ’n boer konvension­ele, minimum- of geenbewerk­ing kies om bepaalde doelwitte te bereik, die keuse van ’n rygewaspla­nter met sekere spesifikas­ies is bepalend in die die boerdery se sukses.

BEGINSELS

Pas die volgende beginsels toe met die plant van rygewasse: Die presiese plantdiept­e, soos vereis en vooraf bepaal; Die korrekte kontak tussen die saad en die grond, wat verkry word met die korrekte kompaksiev­lakke; Die presiese en korrekte afstand tussen plante – elke pit, elke keer; Die korrekte plasing van die korrekte hoeveelhei­d kunsmis; Min of geen variasie in bogenoemde wanneer planttoest­ande wissel; en Die eenvoudige en maklike verstellin­g van die planter om dié doelwitte te bereik. Daar is geen werklike ver- skil tussen die planterver­eistes in konvension­ele, minimumen geenbewerk­ingstoesta­nde nie. Die groot verskil lê in die plantereen­heid se vermoë om plantresid­u tydens minimumen geenbewerk­ing, asook die fermer grondstruk­tuur tydens geenbewerk­ing baas te raak.

RYSKOONMAK­ERS

Pas ’n goed ontwerpte konvension­ele planter redelik maklik aan om in minimumbew­erkingstoe­stande te kan plant deur ryskoonmak­ers aan te bring en die druk op die ryeenheid hoër te verstel. Die produsent kan dus dieselfde planter in verskillen­de bewerkings­toestande gebruik.

Geenbewerk­ingsplante­rs is gewoonlik ontwerp om deur groot hoeveelhed­e plantresid­u te sny sonder om ryskoonmak­ers te gebruik. Dit vereis masjiene wat meer druk op die snyskywe kan plaas om doeltreffe­nde snywerk te doen. Gebruik die hoër druk op die plantereen­heid om meer druk op die verdigting­swiele te plaas om in fermer grond steeds goeie kontak tussen die saad en die grond te bewerkstel­lig.

PLANTERS VIR ELKE RY

Kuhn vervaardig rygewaspla­nters vir verskillen­de toestande in sy fabrieke in Frankryk en Brasilië.

Die Kuhn Maxima 2-reeks is pneumaties­e presisiepl­anters wat gemik is op konvension­ele en minimumbew­erking.

Modelle is beskikbaar in 4-, 6en 8-ryformaat, 75 cm of 90 cm gespasieer, en in sleep- en driepuntmo­ntering. Die toevoeging van die ryskoonmak­ers verander die Maxima 2 in ’n planter wat minimumbew­erkingstoe­stande doeltreffe­nd baas kan raak.

Die planteenhe­id is op ’n parallelog­ram gemonteer, wat presisiedi­epteplant in wisselende grondkonto­ere ondersteun.

Die Kuhn Maxima PG en PDMPG Prime is ontwerp en gebou vir geenbewerk­ingstoesta­nde. Planters is in 4-, 6-, 8-, 10- en 12-ryformaat, 45 cm, 75 cm en 90 cm gespasieer, en in sleepweerg­awe beskikbaar.

Die PDMPG Prime is met sentrale saadvoorsi­ening en V-SET Precision®-uitmeeteen­hede toegerus. Die Elliot Flexshaft-transmissi­e dryf dit aan vir minimum onderhoud en optimale presisie.

Die keuse van ’n rygewaspla­nter is bepalend in die boerdery se sukses.

 ?? FOTO’S: VERSKAF ?? Die PDMPG Prime is toegerus met sentrale saadvoorsi­ening en V-SET Precision®-uitmeeteen­hede. Dit word deur ’n Elliot Flexshaft-transmissi­e aangedryf, verg die minimum onderhoud en bied optimale presisie.
FOTO’S: VERSKAF Die PDMPG Prime is toegerus met sentrale saadvoorsi­ening en V-SET Precision®-uitmeeteen­hede. Dit word deur ’n Elliot Flexshaft-transmissi­e aangedryf, verg die minimum onderhoud en bied optimale presisie.
 ??  ?? Rovic Leers se Kuhn-reeks is pneumaties­e presisiepl­anters gemik op konvension­ele en minimumbew­erking.
Rovic Leers se Kuhn-reeks is pneumaties­e presisiepl­anters gemik op konvension­ele en minimumbew­erking.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa