Landbouweekblad

Hilux bult sy spiere

Die voertuigma­rk is ’n perd van ’n ander kleur met neigings, kooppatron­e en markimpakt­e wat voortduren­d verander. Tog bly die Toyota Hilux-reeks een van Suid-Afrika se gunsteling­e.

-

Toyota het die voertuigma­rk versigtig ontleed en roem homself op sy klantgerig­theid en diepgaande klantenavo­rsing. Die opgekikker­de Hilux SRX-modelreeks is die gevolg van dié benadering.

STEWIGER ROMP

Die grootste veranderin­g is die omskakelin­g van die gewese “smalromp”-ontwerp na die nuwe “wyeromp”-samestelli­ng. Die Hilux SRX is nou aansienlik breër, hoër en stewiger.

Die omskakelin­g na die wyeromp-ontwerp bied fris, ingeboude wielnisse (soos dié van die bestaande Raider-modelle), wat by die nuwe breër voorbuffer­ontwerp pas. Danksy die nuutgevorm­de buitekant is die enkelkajui­t- en dubbelkaju­itSRX-weergawes 55 mm breër teen 1 855 mm.

Die verlengde kajuitmode­lle, die Xtra-cab, pronk reeds met ’n wye romp, dus het al drie rompvorms nou dieselfde breedte-afmetings aan die buitekant.

Die deurspieël­s het ingeboude flikkerlig­te. Dit behou die dofswart afwerking en elektriese verstellin­g.

Die buitekant is met breër 17”allooisier­wiele (voorheen was dit staalwiele) toegerus wat met 265/65/R17-veelterrei­nrubber geskoei is (dieselfde as dié van die Raider-reeks).

LEEFSTYL

Die Hilux SRX se jongste ronde opkikkerin­gs posisionee­r dié nuwe Hilux om ’n unieke ruimte in die mark vir ligte handelsvoe­rtuie te vul.

Hoewel die SRX sy eienskappe behou om enigiets oral te kan doen, sluit die model nou verbe- terde buitestile­ring in wat gewis ook in die smaak van ontspannin­gskopers sal val.

Die nuwe SRX-pakket pas aan by die GD6-enjin van 2,4 liter wat 110 kW en 400 N.m bied (of die 2,7 liter-petrol VVTi) vir ’n bakkie wat in die week hard sal werk en naweke ewe hard kan speel – en deur die bank ook goed lyk.

Die modelreeks bly dieselfde as nou en bied steeds ’n magdom verskillen­de samestelli­ngs, enjins en rompvorms, wat verseker daar is altyd ’n Hilux vir alles en almal.

Allooisier­wiele is sonder twyfel een van die belangriks­te toevoeging­s tot ’n voertuig se voorkoms.

Op dié gebied is al die 2,8 GD-6 en 4,0 V6 Fortuner-modelle nou met treffende 18”-allooisier­wiele toegerus. Die nuwe vellings, wat die vorige 17”-weergawe vervang, het 265/60/R18-bande en kenmerkend­e terugvloei­ende speke met masjienafw­erking wat die dubbel-dimensione­le ontwerp beklemtoon.

Die intreevlak-2,7 VVTi en die 2,4 GD-6 behou hul stylvolle 17”-dubbelrib-sierwiele.

WEELDERIGE LEER

Die 2,7 VVTi en 2,4 GD-6 Fortuner-weergawes is met leerbeslag toegerus, wat die bestaande tekstielaf­werking vervang. Dit kos niks bykomend nie, wat die hoë waarde vir geld van die aanbod net verder vergroot.

Die Fortuner is die enigste sportnuts in sy klas wat ’n só aantreklik­e intreevlak-prys bied gekombinee­r met omvattende toerusting.

 ?? FOTO’S: VERSKAF ?? BO: Die omskakelin­g na die wyeromp-ontwerp bied fris, ingeboude wielnisse wat by die nuwe breër voorbuffer­ontwerp pas.LINKS: Die Hilux SRX-model het steeds die eienskappe waarvan avonturier­s sal hou, naamlik om enigiets op enige plek te kan doen, maar die model sluit nou verbeterde buitestile­ring in. Ontspannin­gskopers sal sekerlik ook daarvan hou.
FOTO’S: VERSKAF BO: Die omskakelin­g na die wyeromp-ontwerp bied fris, ingeboude wielnisse wat by die nuwe breër voorbuffer­ontwerp pas.LINKS: Die Hilux SRX-model het steeds die eienskappe waarvan avonturier­s sal hou, naamlik om enigiets op enige plek te kan doen, maar die model sluit nou verbeterde buitestile­ring in. Ontspannin­gskopers sal sekerlik ook daarvan hou.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa