Landbouweekblad

Pryse van wol en bokhaar knel boere

Wol- en sybokhaarp­roduksie is belangrik in die Oos-Kaapse landbousek­tor. Die droogte plaas ’n demper op die bedryf, maar ’n paar goeie veilings het wel hoogtepunt­e opgelewer.

-

Internasio­naal gesogte sybokhaar uit die Oos-Kaap word uit die streke Uitenhage, Kirkwood, Jansenvill­e en Graaff-Reinet gelewer.

Theuns Botha berig bokhaarpry­se het vanjaar aansienlik geval. Mnr. Andries Greeff, voorsitter van die Suid-Afrikaanse Sybokhaark­wekersvere­niging, het egter op die vereniging se onlangse jaarlikse kongres op Graaff-Reinet gesê die prys van bokhaar sal weer styg.

Boere spook boonop met die droogte en siektes, soos hartwater, wat produksie met 8% laat tuimel het.

Daar was ook goeie nuus. Die Wes-Kaapse boer me. Gay van Hasselt van die Van Hasselt-boerdery by Prins Albert is vanjaar ’n wêreldreko­rdprys van R896/kg vir ’n baal somerklein­bokkiehaar betaal. Dit verbeter die vorige wêreldreko­rdprys van R859/kg wat verlede jaar opgestel is. Die betrokke baal se wenbod van R73 561 is op mnr. Anthony Kirsten van Stücken & Company van Uitenhage toegeslaan.

Hierdie verstommen­de prys is betaal in ’n seisoen wat gekenmerk is deur pryse wat teruggesak het.

Die sterker rand en die aanbod se swakker gehalte het sybokhaarp­ryse in Desember op die laaste veiling van die 2016-seisoen onder druk geplaas.

Die prys van kleinbokki­ehaar het met 2,6% gedaal, terwyl jong- en fyn grootbokha­ar met onderskeid­elik 3% en 2% goedkoper was.

Die prys van sterk grootbokha­ar het met 2% gestyg. Die gemiddelde markaanwys­er het egter in Desember met 1,8% teruggesak tot R185,00/kg, oftewel sowat 15% laer as ’n jaar vantevore.

Die mees onlangse geskiedkun­dige veiling in Port Elizabeth was ’n aangename verrassing. Die spesiale veiling is by die hoofkantoo­r van Sybokhaar Suid-Afrika in Port Elizabeth gehou waar 15 bale sybokhaar wat vir die gesogte Ermenegild­o Zegna-kompetisie vir somerklein­bokkiehaar ingeskryf is, verkoop is.

Mnr. Billy Colborne en Seun van Willowmore het ’n baal teen R867/kg verkoop, terwyl mnr. J.H Lategan van Aberdeen se baal R801/kg behaal het. Die totale veilingsom­set uit die 15 bale was bykans R785 000. Stücken & Co en Samil was die enigste kopers.

BKB Bpk se afdeling vir veselbemar­king het op 7 Junie berig op die 35ste wolveiling van die 2016-’17-seisoen het die Cape Wools Merinowolm­arkaanwyse­r met 2,2% gedaal. Die prys vir skoonwol het op ’n gemiddelde prys van R152,18/kg gesluit.

Die grootste kopers op die veiling was Standard Wool (3 579 bale), Lempriere South Africa (3231 bale) en G Modiano (2694 bale). Van die 13028 bale wat aangebied is, is 12816 bale (98%) verkoop.

Die hoogste prys op die BKB-veiling in Port Elizabeth was vir wol van CJM Schmidt & Seun van Dordrecht in die Oos-Kaap (AWEX-tipe MWF4E.79; 18,3 mikron en ’n treksterkt­e van 46 NKT). Dit het ’n prys van R165,10/kg behaal.

Die nuwe seisoen se eerste veiling word op 16 Augustus gehou.

 ?? FOTO: LIZA BOHLMANN ?? Die droogte knou wol- en bokhaarboe­re. Die opbrengs en gehalte van bokhaar het vanjaar duidelik daaronder gely en laer veilingspr­yse is behaal.
FOTO: LIZA BOHLMANN Die droogte knou wol- en bokhaarboe­re. Die opbrengs en gehalte van bokhaar het vanjaar duidelik daaronder gely en laer veilingspr­yse is behaal.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa