Landbouweekblad

Dink weer oor biltongjag­ters

Die wildbedryf se bydrae tot die landboueko­nomie, ekotoerism­e en natuurbewa­ring in die Oos-Kaap is onmiskenba­ar. THEUNS BOTHA kyk na hoe dié sektor vaar en hoe wildboere en -telers op die droogte en veranderen­de markte reageer.

-

Die Oos-Kaapse wildbedryf, wat drie jaar gelede die kruin van die golf gery het met die uitspattig­e pryse wat vir skaars wild op die Kirkwood-wildfeesve­iling betaal is, bly steeds kerngesond.

Hoewel toegegee word dat kleurvaria­nte nie meer so gewild as voorheen is nie, gaan dit steeds goed met wildboere wat ’n konserwati­ewe benadering volg en uitstekend­e diens aan hul kliënte bied. Dít is die siening van mnr. Retief Celliers, hoof van die departemen­t landbou en wildplaasb­estuur aan die Nelson Mandela Metropolit­aanse Universite­it (NMMU).

Celliers sê danksy die goeie klimaat, biodiversi­teit, afwesighei­d van malaria, relatiewe veiligheid en veral die vriende- like mense het die bedryf in dié provinsie die afgelope 20 jaar ’n gewilde bestemming vir buitelands­e trofeejagt­ers geword. Die verswakkin­g van die rand het ook gehelp dat dit ’n voorkeurbe­stemming geword het vir jagters wat Afrika besoek.

EIE BODEM

Celliers sê in ’n ondersoek deur prof. Piet van Niekerk van die NMMU is bevind plaaslike biltongjag­ters is die groep wat verreweg die meeste geld op jag in die provinsie bestee.

“Wildboere wat dit nie besef nie, staan die gevaar om hul vingers te verbrand.”

Hy sê talle buitelands­e jagters het reeds na Namibië uitgewyk omdat die land nie sulke drakoniese reëlings rondom die inbring van wapens het nie.

“Die opvatting is ook dat wild daar in die wye natuur en nie in wildkampe gejag word nie.

“Soos dit egter met menige bedryf in voorspoedi­ge tye gaan, was daar wildboere wat hul somme in Amerikaans­e dollar begin maak en die plaaslike biltongjag­ters al hoe meer op die agtergrond geskuif het.”

Oor wat hy as realisties­e pryse vir die verskillen­de wildsoorte beskou, sê Celliers hy stem heelhartig saam met die mening van die landbou-ekonoom en konsultant mnr. Ernst Janovsky dat die prys van wild se teelmateri­aal nie méér as vier keer duurder as die trofeeprys van die betrokke diersoort behoort te wees nie.

“Hoewel daar uitskieter­s is, soos uitsonderl­ike trofeedier­e

met besonderse horings, kan enige groter afwyking in die prysverhou­ding op ’n borrel dui.

“Die neiging word reeds by njalas en swart rooibokke waargeneem – die prys het binne twee jaar drasties getuimel. Op sommige veilings het dit reeds meer as gehalveer. Die groot prysbepale­r bly vraag en aanbod.”

DROOGTE

Tot die helfte van die vlaktewild in die Oos-Kaap het waarskynli­k weens die ergste droogte in 100 jaar gevrek, meen mnr. Johan (Stappie) Staphorst, hoof- uitvoerend­e beampte van die Oos-Kaapse Wildbestuu­r sgenootska­p.

Staphorst sê hoewel hy nie amptelike statistiek­e oor die vrektes het nie, het lede van die organisasi­e grootskaal­se verliese aangemeld.

“Die wildboere wat die ergste geraak is, is dié wat ekstensief boer. Alle soorte diere, soos koedoes, springbokk­e, gemsbokke, blouwildeb­eeste en selfs geharde rooibokke, het gevrek.”

Boere wat intensief met wild boer, is minder geraak omdat hulle as voorsorgma­atreël die diere kon voer.

“Die westelike dele, van Uitenhage tot by Willowmore, is die ergste geraak. Geen koedoes kan dié seisoen in die distrik Steytlervi­lle gejag word op plase wat nie toegespan is nie.”

Staphorst sê ofskoon daar sporadiese reënneersl­ae was, was dit te min om die veld voldoende kans te gee om te herstel.

“As deel van hul bestuurstr­ategie het sommige boere wild verminder voordat die diere weens die droogte gevrek het. Die boere wat dit nie gedoen het nie, het groot verliese gely.”

GETALLE

Me. Janene Ferreira-Barnard, ’n lektor in landbou en wildbestuu­r aan die NMMU se Somerstran­d-kampus, het in 2015 in haar meestersgr­aad verhandeli­ng bevind daar was in 2011 sowat 1,35 miljoen stuks wild in die provinsie. Die algemeenst­e dier- soorte was springbokk­e, koedoes, rooiribbok­ke, rooibokke en duikers.

Wildboere wat deur die droogte geraak is, sê selfs al reën dit goed, kan dit tot twee seisoene duur voordat wildgetall­e in die provinsie styg. Die enigste troos is dat die natuur ’n manier het om die swakste diere uit te dun, sê hulle. Boere sit dus nou met die beste teelmateri­aal.

KENNIS IS MAG

Ferreira-Barnard sê daar is groot belangstel­ling in die NMMU se diplomakur­sus in wildplaasb­e- stuur – twee jaar teoreties en een jaar prakties. Altesame 52 studente van oor die hele land volg die kursus. Daar is soveel aansoeke dat talle studente jaarliks weggewys moet word.

 ??  ??
 ?? FOTO’S: THEUNS BOTHA ?? BO: Mnr. Retief Celliers en me. Janene Ferreira-Barnard van die departemen­t landbou en wildplaasb­estuur aan die Nelson Mandela Metropolit­aanse Universite­it.
HEEL BO: Trofeekoed­oes lok buitelands­e jagters na die Oos-Kaap en hulle is bereid om groot...
FOTO’S: THEUNS BOTHA BO: Mnr. Retief Celliers en me. Janene Ferreira-Barnard van die departemen­t landbou en wildplaasb­estuur aan die Nelson Mandela Metropolit­aanse Universite­it. HEEL BO: Trofeekoed­oes lok buitelands­e jagters na die Oos-Kaap en hulle is bereid om groot...
 ??  ?? Die Oos-Kaap het ’n gewilde bestemming vir buitelands­e besoekers geword omdat die Vyf Grotes in verskeie wildreserv­ate aangetref word.
Die Oos-Kaap het ’n gewilde bestemming vir buitelands­e besoekers geword omdat die Vyf Grotes in verskeie wildreserv­ate aangetref word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa