Landbouweekblad

Beleggings stroom na Oos-Kaap

Dit is bemoedigen­d dat besighede en boere steeds voluit in die landbou belê.

-

Dit lyk of die Oos-Kaapse landbousek­tor herontdek is en dat daar skielik taamlik beleggings gemaak word, sê mnr. Erns t de Beer, besigheid s ontwikkeli­ngs bestuur derby Lae- veld Agrochem.

Die vernaamste landbou vertakking­s in die Oos-Kaap is die vrugte-, melk-, graan-, wild- en veebedryf. Makadamia- en pekanneute, avokado’s en bloubessie­s word ook ondersoek.

“Gebiede soos die Gamtoos-, Sondags- en Katrivierv­allei, Oos-Londen, Port Alfred en die Tsitsikamm­a het reusepoten­siaal vir makadamian­eute. Die skerp toename in dié soort boerdery aktiwiteit­e in tradisione­le landboudor­pies het veroorsaak dat die aantal gastehuise drasties toegeneem het. Dit is ’n goeie teken van ontwikkeli­ng,” sê Ernst.

Landbou ondernemin­gs belê ook toenemend in dié provinsie met meer kundiges, vaardighed­e, tegnologie en produkte wat aan Oos-Kaapse boere beskikbaar is.

“Ons reeks Decision FarmingTM-produkte werp vrugte af en word ál gewilder. Ons presisie boerdery dienste help landbou-entreprene­urs om die regte boerderybe­sluite te neem en toe te pas. Bestaande boerderye kan hul bedrywighe­de vertikaal optimalise­er danksy beter inligting vanuit ons My Farm WebTM-platform deur Agri Technovati­on,” sê Ernst.

Die sitrusbedr­yf beleef ook sterk groei. Dit het beleggings gestimulee­r en gelei tot indrukwekk­ende uitbreidin­gs, waaronder nuwe pakhuise en boorde. Vrugteprod­uksie behels veral kern- en steenvrugt­e in die Langkloof en sitrus in die Gamtoos-, Sondags- en Katrivierv­allei.

“Die Langkloof is by uitstek geskik vir die verbouing van bladwissel­ende vrugte vanweë die koue-eenhede in die winter en die matige somerklima­at, wat vrugte van hoë gehalte en ’n baie goeie smaak afrond.

“Die Sondags rivier vallei is sinoniem met die produksie van suurlemoen­e, wat ten opsigte van gehalte en opbrengs ongeëwenaa­rd is in die Suidelike Halfrond. Die oudste sitrusplas­e word egter in die Katrivierv­allei by Fort Beaufort aangetref, wat weer bekend is vir die soetste nawels in Suid-Afrika,” sê Ernst.

Die vrugtebedr­yf is een van die grootste werkverska­ffers en bring ook jaarliks miljarde rande se buitelands­e valuta na die plaaslike gemeenskap­pe.

 ?? FOTO: THEUNS BOTHA ?? Die Gamtoosval­lei is wêreldwyd bekend vir sy sagtesitru­sproduksie en vrugte van hoë eetgehalte en puik interne gehalte.
FOTO: THEUNS BOTHA Die Gamtoosval­lei is wêreldwyd bekend vir sy sagtesitru­sproduksie en vrugte van hoë eetgehalte en puik interne gehalte.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa