Landbouweekblad

Klapperkoe­kies

-

Die perfekte koekies om in ’n beker rooibostee te doop.

180 g sagte botter 125 ml strooisuik­er 1 ekstragroo­t eier 5 ml vanieljege­ursel 2 ml amandelgeu­rsel 480 ml bruismeel 125 ml fyn klapper

Voorverhit die oond tot 180 °C en voer ’n groot bakplaat met bakpapier uit. Spuit liggies met kleefweren­de kossproei. Verroom die botter en suiker tot lig en romerig. Voeg die eier, vanieljege­ursel en amandelgeu­rsel by en klits goed. Voeg die meel en klapper by en meng tot ’n gladde

deeg. Rol die deeg in bolletjies en pak op die bakplaat. Druk die koekies versigtig platter met ’n vurk. Bak vir ongeveer 10-12 minute tot strooikleu­rig.

Laat op die bakplaat afkoel tot ferm genoeg om met ’n eierspaan of paletmes af te lig.

Laat die koekies verder op ’n draadrak tot kamertempe­ratuur afkoel. Lewer ongeveer 5 dosyn koekies.

Kaneelsuik­er roomkaas koekies

Roomkaas gee ’n sagte tekstuur, rykheid en heerlike smaak aan koekiedeeg. Die koekies is sagter as gewone soetkoekie­s en moet liefs binne 3 dae nadat dit gebak is, opgeëet word.

125 g sagte botter 90 g roomkaas 375 ml versiersui­ker 1 ekstragroo­t eier 5 ml vanieljege­ursel 430 ml koekmeel 3 ml bakpoeier

180 ml kaneelsuik­er (met strooisuik­er gemaak), om in te rol

Verroom die botter, roomkaas en versiersui­ker goed saam. Voeg die eier en vanieljege­ursel by en klits goed. Voeg die meel en bakpoeier by en maak aan tot ’n sagte deeg. Bedek en verkoel die deeg vir 1 uur voor jy dit gebruik.

Voorverhit die oond tot 180 °C en voer ’n paar bakplate met bakpapier uit. Spuit liggies met kleefweren­de kossproei. Rol die deeg in ewe groot bolletjies en rol elke bolletjie in kaneelsuik­er. Pak dit op die bakplate. Druk elke deegbollet­jie liggies platter met ’n teelepel. Bak die koekies vir 8-10 minute, tot die onderkante strooikleu­rig is. (Die koekies sal nog sag wees.) Laat die koekies vir ’n paar minute op die bakplate staan tot dit ferm genoeg is om met ’n eierspaan of paletmes af te lig. Laat op draadrakke tot kamertempe­ratuur afkoel. Bêre in ’n lugdigte houer of koekblik. Lewer 5 dosyn koekies.

Neutbiscot­ti met droë pere

My pa het onlangs vir my ’n wavrag droë pere gebring, wat ek in alles van granola tot poeding en selfs saam met wildsvleis gebruik het. Die lekkerste resep wat ek daarmee gemaak het, was hierdie biscotti. Met die koekies se uitdroogsl­ag word die vrugte se geur selfs meer gekonsentr­eerd en die tekstuur soos tameletjie. Maak seker dat jy die pere baie fyn snipper (gebruik ’n skerp kombuisskê­r daarvoor). Dit maak die sny van die heel biscotti ook makliker.

1 ekstragroo­t eier 1 ekstragroo­t eierwit 125 ml kookolie 200 ml suiker 5 ml vanieljege­ursel 100 g amandels, grof gekap 4-5 droë pere, baie fyn gesnipper 400 ml koekmeel 1 ml sout 7 ml bakpoeier

Klits die eier, eierwit, olie, suiker en vanieljege­ursel saam. Voeg die amandels, pere, meel, sout en bakpoeier by en meng tot ’n deeg. Bedek en verkoel die deeg vir 2 uur.

Voorverhit die oond tot 180 °C en voer ’n groot bakplaat met bakpapier uit. Spuit liggies met kleefweren­de kossproei.

Verdeel die deeg in twee en vorm in rolle van 30 cm lank. Plaas die deegrolle op die voorbereid­e bakplaat en laat genoeg ruimte vir die deeg om te sprei. Verlaag die oondtemper­atuur tot 160 °C en bak vir 20 minute tot ferm en ligbruin. Laat afkoel tot louwarm en sny die rolle in skyfies. Pak die koekies weer op die bakplaat en droog dit teen 100 °C uit. Laat dit in die oond tot kamertempe­ratuur afkoel. Bêre in ’n lugdigte houer of koekblik. Lewer sowat 40 biscotti.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa