Landbouweekblad

SKAAPSTERT KOEKIES

Ouma Petra is ’n vrou duisend wat nie bang is vir hard werk en uitdagings nie. Sy pak gewoonlik die onmoontlik­e aan en kom suksesvol anderkant uit. Vandag bak ek dus spesiaal vir haar kleinkoeki­es met skaapvet, nes haar ma destyds.

-

ouma Petra woon in die groot plaashuis, hier bokant my. Sy is nou 82, maar jy sal dit nooit sê nie. Sy kruip op haar hande en knieë agter haar agterklein­kind aan, sy trek self onkruid uit, skoffel in die tuin en plant uie uit.

Van fyngebak kan jy haar niks leer nie. Haar kennis word deur ’n geheime dik, handgeskre­we swartboek gevoed. Ek mag darem nou en dan afdrukke maak.

Sy is ook ’n meester met naaldwerk. Of is dit nou kwiltwerk? Daar moet ’n verskil wees, want ek word gedurig herinner hoeveel uur in almal se kwilts gaan, maar nog nooit het ek gehoor hoe lank dit vat om my broekspype korter te maak of my knope aan te werk nie.

Deesdae vertel sy ons ook baie van haar kinderjare op die pragtige dorpie De Rust. Sy gesels ook oor haar en my oupa Manie Rademeyer se dae as pasgetroud­es, hoe hulle ontmoet het en waar hulle oral gewoon het (Durban, Kaapstad, George).

Hy was ’n puik man vir haar, wat jare lank vir die Suid-Afrikaanse Lugdiens en die spoorweë gewerk het voordat hy die George-aartappel kwekers vereniging bestuur het.

Oor al hierdie mooi dinge praat sy met ’n glinster in haar oë en ’n traan op haar wang. Dis nou al byna twee jaar sedert ons vir oupa Manie gegroet het. Ek dink nog baie aan ons stoepkuier­s en die twee (klein) whiskeys voor die son sak. Vandag dink ek egter ook aan my ouma, die statigste vrou wat ek ken en wat nou elke dag alleen moet deurbring nadat sy en oupa 55 jaar lank gelukkig getroud was.

Haar ma, Elizabeth Koen, het altyd met vet kos gemaak. Ek het dus iets probeer bak wat haar vir ’n oomblik kon terugneem na daardie tyd, tussen grootword en grootmens. Iets wat haar hart met rustigheid en volmaakthe­id kan vul.

Ons is almal lief vir haar en dankbaar vir die goeie voorbeeld wat sy stel en als wat sy vir ons doen (soos die perskekonf­yt, bruinbesku­it en groenvye, om net ’n paar te noem).

 ??  ?? ’n Destydse foto van Jay se oupa Manie en ouma Petra Rademeyer, met sy oom Radus, en sy ma, Elzaan (regs).
’n Destydse foto van Jay se oupa Manie en ouma Petra Rademeyer, met sy oom Radus, en sy ma, Elzaan (regs).
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa