Landbouweekblad

Wanneer die prys te hoog word Jy moet sterk morele spiere hê as jy die versoeking tot skielike rykdom van die hand wil wys.

- DS. KOBUS VAN DER WESTHUYZEN

Daar is min dinge wat sekere mense se persoonlik­heid en karakter so vinnig ongunstig verander as geld en eersug. Die bekende Cecil John Rhodes het by geleenthei­d gesê: “Elke man het sy prys.” Sommiges kan vir min gekoop word, terwyl jy vir ander weer die prys hoog moet insit. Dis die aas wat bepaal hoe vinnig of versigtig die vis gaan byt.

Gelukkig is daar darem ook die onomkoopba­res, al is hulle in die minderheid. C.J. Langenhove­n het die behoefte aan die onomkoopba­res só verwoord: “Gee my ’n man wat sê wat waar is; as die Duiwel daar is; Wat doen wat reg is as die regter weg is; wat trou by sy gewete bly as hy straf in plaas van beloning kry.”

Een van my grootste persoonlik­e teleurstel­lings was om te aanskou hoe ’n skynbaar mooi mens deur ’n omkoopgesk­enk sy naam en karakter op die spel plaas. Wanneer ’n mens sukkel om finansieel kop bo water te hou, moet jy sterk morele spiere hê as jy die versoeking tot skielike rykdom van die hand wil wys.

Tragies genoeg kan daar altyd ’n rede gevind word waarom dit nie te ernstig is om eenmalig aan die versoeking toe te gee nie. “Net één keertjie, ek beloof, dan sal ek weer die goeie paadjie loop,” is gewoonlik die belofte wat jy aan jouself maak, voordat jy oor die afgrond tuimel.

Die probleem is dat hierdie “een keertjie” ’n hipnotiese effek het wat jou telkens weer terugroep.

Onthou net dat die prys van hierdie kits-rykdom ontsettend hoog kan wees. Wat is die prys wat jy uiteindeli­k daarvoor sal moet betaal?

Dis die prys van jou Christelik­e gewete; die prys van jou goeie naam. Jou naam verbind jou aan ’n klomp mense wat skaam en teleurgest­eld gaan wees.

Wat is dan die gevolgtrek­king? Padlangs loop, boeta, padlangs loop!

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa