Vleisinspeksie: Só gaan dit werk
MET Suid-Afrika se pas afgekondigde Vleis inspeksie skema begin ’n nuwe era vir vleisveiligheid, waarin vleisinspeksies volgens ’n onafhanklike stelsel sal geskied.
Die nuwe stelsel sal die private én die openbare sektor betrek.
Dr. Gerhard Neethling, hoofbestuurder van die Rooivleis abattoir vereniging, sê benewens die voordeel van onafhanklikheid stel die skema verder eenvormige nasionale standaarde daar vir inspeksies – ’n waarborg van vleisveiligheid vir verbruikers.
Die minimum standaarde behels volgens hom nie net die fisieke inspeksie van karkasse nie, maar ook die regulatoriese toepassing van aspekte, soos diereIn welsyn, higiëne, slag tegnieke, verkoeling en dokumentasie stelsels by abattoirs.
“Dit sal onregmatige mededinging in die bedryf, weens verskillende toepassings van regulasies, help voorkom,” sê Neethling.
Nog ’n voordeel van die skema, wat op 7 Julie in die Staatskoerant afgekondig is, is dat dit sal verseker dat abattoirs wa taan uitvoerstandaarde voldoen, inspeksiedienste kan kry wa taan invoerlande se standaarde voldoen.
VENNOOTSKAP
Die skema se doel is om seker te maak dat vleisinspeksies by alle abattoirs kragtens die Wet op die Veiligheid van Vleis (Wet 40 van 2000) sal geskied.
Dié wet is nooit volledig deur die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye in werking gestel nie, sê Neethling. Die vleisbedrywe vra al jare vir ’n inspeksieskema en die afkondiging is deur lang en robuuste gesprekvoering voorafgegaan.
Neethling sê die departement het wél sekere aanbevelings van die rooivleisbedryf aanvaar.
“Die rooivleisbedryf het terselfdertyd sekere toegewings gemaak ten opsigte van eenvormige standaarde wat vir alle rooivleis produkte geld .”
Neethling sê in ander lande lewer of subsidieer die staat die betrokke inspeksiedienste.
Suid-Afrika het die Regering egter in 1992 besluit om dit te privatiseer, iets wat later wyd as ’n verkeerde besluit beskou is omdat dit die onafhanklikheid van inspekteurs in die gedrang gebring het.
“Weens verskillende omstandighede is’ n staat s inspeksie diens nie in Suid-Afrika oorweeg nie,” sê Neethling.
“Die Vleis inspeksie skema baan nou diewe g vir vleis inspeksie dienste as’ n kombinasie van openbare en private dienste.
“Die totstandkoming van ’n Vleis inspeksie forum, wa tin die skema beskryf word, bied verder aan die onderskeie vleisbedrywe die geleentheid om deel te wees van besluitneming oor die lewering van inspeksiedienste, sonder om die onafhanklikheid daarvan in te boet.”
Luidens die Staatskoerant geld die nuwe model vir ’n gesamentlike diens deur die openbare en private sektor by alle abattoirs met ’n hoë omset en waar diere gereeld geslag word.
In landelike gebiede en by abattoirs waar min diere ongereeld geslag word, sal die staat uiteindelik die inspeksiediens lewer, maar intussen geld die gesamentlike model.
Neethling sê egter die staat se diens moet dringend in werking gestel word om dienste volgens ’n minimum standaard aan alle verbruikers te kan verseker.
AGENTSKAPPE
Die eerste stap om die skema aan die gang te kry, is dat vleisinspeksie-agentskappe deur die Minister van Landbou, Bosbou en Visserye aangestel moet word.