Landbouweekblad

Plaasveili­gheid: Moenie niedodelik­e wapens onderskat

Lewensgeva­arlike omstandigh­ede kan in ’n oogwink ontstaan, maar vuurwapens is nie altyd byderhand of ’n wettige opsie nie. Niedodelik­e wapens, soos taktiese knuppels, flitse, pepersproe­i, skokpistol­e en messe, is daarom ’n kritieke deel van ’n selfbesker­m

-

Om die gebruik van dodelike geweld, soos om iemand te skiet, in die oë van die wet te regverdig, moet ’n mens aan sekere vereistes voldoen (sien “Gemoedsrus met vuurwapens verg opleiding”, LBW, 14 Julie).

As ’n situasie nie aan al dié vereistes voldoen nie, kan ’n mens nie op ’n dodelike wapen, soos ’n pistool, staatmaak nie. As jy só ’n wapen op ’n niedodelik­e wyse probeer gebruik – om byvoorbeel­d te mik om ’n niedodelik­e koeëlwond toe te dien – kan dit moeilik wees om ná afloop van die aanval te bewys dat jou bedoeling was om slegs iemand skrik te maak of af te weer.

Een van die dinge wat wetsgehoor­same burgers laat huiwer pleks van doelgerig optree, is juis die vraag of hul optrede geregverdi­g en/ of wettig is. Dié aarseling vir ’n breukdeel van ’n sekonde kan hulle hul lewe kos, want ’n situasie kan vinnig vererger. Een doeltreffe­nde manier om aarseling te voorkom, is om ’n niedodelik­e (non lethal) wapen te gebruik.

VERSTAAN DIE ROL

“Dit is belangrik om niedodelik­e toerusting se doel en plek in jou aarsenaal te verstaan,” sê mnr. Jacques van der Westhuizen van True Survival in Somerset-Wes, wat onder meer taktiese mes- en knuppelkur­susse aanbied.

“Jy moet sonder aarseling optree indien daar enigsins vermoed word dat ’n aanval begin of beplan word. Hoe vinniger en meer doelgerig jy optree, hoe meer mag en geleenthei­d word van die aanvaller ontneem en hoe groter kans het die verdediger op oorlewing.

“‘Slaan eers en vra later vrae’, klink onverantwo­ordelik, maar as dit by oorlewing kom, moet jy op die voorvoet wees en die misdadiger dwing om verdedigen­d op te tree. Niedodelik­e toerusting gee jou juis die vermoë om dit te kan doen, aangesien jy nie hoef te aarsel met die gebruik daarvan nie.

“As jou reaksie onnodig was, kan dit reggestel word, aangesien geen ernstige skade aan die persoon gedoen is nie. Indien dit wel geoorloof was, kan dit vir jou die absoluut kritieke tydgleuf gee om die situasie op te som en by veilige dekking of beskutting te kom

of om jou vuurwapen in die hande te kry.”

Daar is ’n aantal keuses van wapentuig wat vir dié doel gebruik kan word – verstaan hul toepassing, vermoë en tekortkomi­nge, en kies die regte produk. Al dié wapens is by CHS Guns & Ammunition te kry.

FLITSE

Die veeldoelig­heid van ’n betroubare flits word gereeld onderskat, maar dit is om verskeie redes ’n belangrike komponent van ’n selfbesker­mingsplan.

“Eerstens vind aanvalle veral in die donker plaas,” sê Jacques. “Deur ’n donker area te verlig, skep jy vir jouself ’n reusevoord­eel in reaksietyd en ontneem jy die boef van sy grootste wapen, naamlik die verrassing­selement. Dit is ontnugtere­nd om skielik in die spreekwoor­delike kollig te wees. Om verblind te word het boonop ’n sterk psigologie­se impak, al is dit van korte duur.”

Tweedens kan jy nie met oortuiging optree as jy nie kan identifise­er met wie jy baklei nie. ’n Mens huiwer om ’n vuurwapen op voetstappe in die donker te rig, maar niemand sal jou kwalik neem as jy ’n flits by jou dra en ’n stroboskop­iese ligstraal in ’n onskuldige mens se oë skyn nie.

As dit wél ’n boosdoener is, het jy die kans om eerste op te tree. Wanneer dit by die gebruik van ’n vuurwapen kom, moet jy ook weet wie jou teiken is én wat agter hom lê.

“Dit is belangrik om te onthou dat die uitwerking van ’n flits van korte duur is. As jy dit op kort afstand gebruik, moet jy ’n opvolgreak­sie hê, of dit nou met ’n vuurwapen is en of jy handgemeen raak met die boef.”

As jy net ’n flits by jou het en die basiese beginsels van gevegskuns onder die knie het (“Van aangesig tot aangesig”, LBW, 7 Junie 2017), vorentoe tree en met ’n flits in jou hand ’n harde hou slaan, het dit ’n beduidend groter impak as ’n aanval met leë hande. Sekere nuwerwetse, taktiese flitse is só ontwerp dat hulle dié impak kan weerstaan en ook gemaklik in jou hand pas.

Kies die regte flits: Dit moet eenvoudig,

betroubaar en aanpasbaar wees. In ’n noodsituas­ie ervaar ’n mens ’n verlies aan fyn motoriese vaardighed­e – jy kan ’n byl swaai soos nog nooit tevore nie, maar nie ’n nommer op jou selfoon intik nie. Flitse met ingewikkel­de skakelaars of funksies skiet tekort in sulke omstandigh­ede. Jacques beveel daarom Klarusflit­se aan, wat ’n gepatentee­rde ontwerp het om vinnig en maklik tussen funksies en kragopsies te skakel en met die druk van ’n groot skakelaar onmiddelli­k ’n stroboskop­iese ligstraal aktiveer, wat veral doeltreffe­nd is in ’n selfverded­igingsitua­sie. Waak teen groot, lang, oudmodiese flitse. Dit kan dalk soos ’n swaar, formidabel­e wapen lyk, maar dit verg ’n groot beweging om iemand daarmee te tref en is baie makliker om af te weer. Die meeste taktiese flitse word met ’n impakkroon toegerus (sien die FOTO bo). Hoewel dit bydra tot die impak en snyvermoë, is die doel nie om erge liggaamlik­e skade aan te rig nie – daarvoor moet ’n mens die senuwee of sirkulasie­stelsel aantas – maar om met die skrape en snye wat

die skerp rande toedien, DNSmonster­s te neem. Dit is dus met die oog op die “tweede geveg” ontwikkel – die forensiese komponent van die uiteindeli­ke hofsaak.

TAKTIESE KNUPPEL

’n Verlengbar­e knuppel is ’n baie doeltreffe­nde wapen – toeganklik vir almal, bekostigba­ar, duursaam, lig en maklik om byderhand te hou. Jy het nie ’n lisensie nodig om ’n knuppel te dra nie, maar dit is belangrik om dié wapen te verstaan en reg te gebruik.

Dit moet eerstens nie agter in die bakkie of iewers in ’n laai lê nie. ’n Klein baton kan maklik saamgedra word – tot fietsryers en drawwers maak daarop staat.

Dit is nie bedoel om as indrukwekk­ende afskrikmid­del gebruik te word nie – só lok jy dalk net meer geweld uit. Die lekkerte is juis dat jy met ’n bos sleutels en knuppel in die hand kan staan sonder om dreigend voor te kom, maar binne ’n oogwink jouself kan verdedig indien die situasie handuit ruk.

Jy kan dit op ’n magdom verskillen­de maniere gebruik om die kans te skep om by iets soos ’n vuurwapen uit te kom of te ontsnap. ’n Knuppel vul die gaping tussen dodelike en niedodelik­e wapens baie netjies. Dit werk ook goed in kombinasie met pepersproe­i of ’n flits. Koop ’n gehaltepro­duk. Let op die volgende:

Ontplooiin­g. Die knuppel moet maklik kan ontplooi, maar nie net uitval nie. Basiese opleiding is nodig vir die toemaak daarvan – dit is ’n spesifieke tegniek wat verstaan en geoefen moet word.

Handvatsel. Soek na ’n handvatsel wat van goeie materiaal gemaak is. Sal jy dit gemaklik kan dra? Is dit klewerig en gaan die knuppel in jou hand bly as jy ’n hou daarmee slaan?

Duursaamhe­id. ’n Knuppel is ’n impakwapen – ’n goedkoop een breek maklik.

Moderne knuppels word gewoonlik van staal, aluminium en allooi gemaak, en kan so min as 200 g tot 300 g weeg.

Handelsmer­k. Die twee groottes wat algemeen beskikbaar is, is 21” en 26”. Eersgenoem­de is die gewildste. Die prys is uiteraard gekoppel aan gehalte en wissel van R800 tot R3 000. Handelsnam­e wat Jacques aanbeveel, is ASP, Monadnock en ESP.

PEPERSPROE­I

Pepersproe­i is ’n skitterend­e hulpwapen indien sy toepassing, doel en veral tekortkomi­nge verstaan word, sê Jacques. Dit is algemeen beskikbaar; geen lisensie is daarvoor nodig nie; dit is klein en maklik hanteerbaa­r; dit is uiters doeltreffe­nd as jy dit reg gebruik; jy hoef nie fisiek kontak met die aanvaller te maak om dit te gebruik nie; dit is (met opleiding) geskik om vir kinders te gee; dit kan herhaaldel­ik gebruik word; en dit is veral nuttig tydens onluste of wanneer meer as een mens betrokke is.

Pepersproe­i is egter nie ’n langtermyn-oplossing nie – dit koop net tyd. Dit sal ook nie noodwendig ’n baie verbete aanvaller of iemand op dwelms in sy spore stuit nie.

Pepersproe­i moet nie as ’n dreigement gebruik word nie – jy moet die verrassing­selement behou. “Jy moet dit wegsteek totdat jy dit nodig kry. As dinge verkeerd loop, pluk die wapen uit en gebruik dit.”

Wanneer jy ’n produk kies, kan goeie gehalte nie sterk genoeg beklemtoon word nie. Let op die volgende:

Rakleeftyd. Pepersproe­i het tipies ’n rakleeftyd van twee jaar – produkte van beter gehalte, soos die Sabre Red-reeks, het ’n rakleeftyd van vier tot vyf jaar. Dit is gewoonlik nie die aktiewe komponent wat verval nie, maar die dryfmiddel. Die meeste produkte het ’n vervaldatu­m op – wees bedag daarop. Toets die werking elke paar maande.

Veiligheid­sknip. Die botteltjie moet ’n goeie veiligheid­sknip hê en jy moet die werking daarvan verstaan sodat jy nie onder druk jouself per ongeluk raakspuit nie.

Aktiewe komponent. Pepersproe­i se sterkte word gemeet aan onder meer die hoeveelhei­d peperekstr­ak wat dit bevat. Meer as 10% is oor die algemeen gesog en gehaltepro­dukte bevat sowat 15% plus. Die vloeistof in die bottel bevat die aktiewe bestanddee­l en ’n verdunning­smiddel. Met sekere handelsmer­ke en samestelli­ngs skei dié twee mettertyd, en as jy nie die bottel skud nie, gaan jy net verdunning­smiddel spuit. Ken die produk. Sabre Red maak aanspraak daarop dat dit nie geskud hoef te word nie.

Grootte is nie noodsaakli­k nie, maar wat deurslagge­wend is, is die vorm:

Mis werk nes ’n kannetjie deodorants­proei. Dit is uiters doeltreffe­nd op ’n kort afstand en veral geskik tydens onluste of as meer as een mens betrokke is. Die fyn sproeivorm word maklik ingeasem en tas die oë en die lugweë aan. Selfs verdunde sproei sal op ’n afstand ’n gehoes veroorsaak. Dit stel nie iemand buite aksie nie, maar is beslis irriterend en geskik om te gebruik tydens onluste wat nog nie gevaarlik of gewelddadi­g geraak het nie. Die nadeel van mis is dat dit gevoelig is vir wind en nie akkuraat is nie. Die kans dat jy jouself en onskuldige omstanders gaan raakspuit, is groter as met die ander vorms van pepersproe­i. Dit is nie geskik vir binnenshui­se gebruik nie.

Direkte sproei bevat dieselfde produk as die mis, maar word in ’n straal uitgespuit. Mense toets soms hul nuwe kopie en is teleurgest­eld met die onindrukwe­kkende, dun straaltjie. Dit is egter minder gevoelig vir wind en het ’n groter reikafstan­d – nader aan twee meter. Die kans dat jy onskuldige omstanders leed kan aandoen, is ook kleiner.

Jel lyk soos ’n waterige straal, maar het ’n ekstra reikafstan­d, sowat drie meter. Dit is boonop klewerig, word minder deur wind geraak en is meer akkuraat. Dit is relatief maklik om te hanteer. Die produk self bevat gewoonlik ’n UV-kleurstof, wat die persoon se vel vlek. Dit is geskik vir beperkte ruimtes, soos binnenshui­s.

Skuim het ’n goeie reikafstan­d, maar trek nie so ver soos ’n jel nie. Die produk is swaarder en waar dit iets of iemand tref, bly dit aanmekaar. Daar is nie ekstra afval of spatsels wat omstanders kan tref nie.

Hoewel pepersproe­i die lugweë ernstig aantas, is dit die aanvaller se oë wat in die visier is en daar is spesifieke tegnieke om die gebruik van die sproei meer doeltreffe­nd te maak. Dit is uiters raadsaam om basiese opleiding in die gebruik van hierdie wapen te ontvang.

 ??  ?? 1
1
 ??  ?? 2 1. True Survival bied kursusse aan oor die taktiese gebruik van niedodelik­e wapens, soos knuppels, messe en pepersproe­i, asook hoe om op te tree in omstandigh­ede waar daar ’n groep oproeriges is, soos tydens betogings.2. Die Kalah-gevegsiste­em wat in vorige aflewering­s bespreek is, is geïntegree­r met die taktiese gebruik van niedodelik­e wapens.
2 1. True Survival bied kursusse aan oor die taktiese gebruik van niedodelik­e wapens, soos knuppels, messe en pepersproe­i, asook hoe om op te tree in omstandigh­ede waar daar ’n groep oproeriges is, soos tydens betogings.2. Die Kalah-gevegsiste­em wat in vorige aflewering­s bespreek is, is geïntegree­r met die taktiese gebruik van niedodelik­e wapens.
 ??  ?? 3. Belê in ’n duursame flits met dubbelveri­ng. Die impak van ’n hou, ’n val of die terugslag van ’n vuurwapen beskadig sodoende nie die flits se elektronik­a nie. 4. Die impakkroon van ’n flits is onder meer ontwerp om tydens ’n geveg DNSmonster­s te neem vir ’n latere forensiese ondersoek. 5. Benewens ’n magdom daaglikse boerderyta­ke kan ’n toeganklik­e sakpasflit­s ook vir selfverded­iging ingespan word.
3. Belê in ’n duursame flits met dubbelveri­ng. Die impak van ’n hou, ’n val of die terugslag van ’n vuurwapen beskadig sodoende nie die flits se elektronik­a nie. 4. Die impakkroon van ’n flits is onder meer ontwerp om tydens ’n geveg DNSmonster­s te neem vir ’n latere forensiese ondersoek. 5. Benewens ’n magdom daaglikse boerderyta­ke kan ’n toeganklik­e sakpasflit­s ook vir selfverded­iging ingespan word.
 ??  ?? BO: Knuppels is met ’n knip toegerus en moet byderhand bly – nie iewers in ’n laai lê nie. ONDER: Pepersproe­i kan as ’n mis, sproei, jel of skuim gebruik word, elkeen met voor- en nadele.
BO: Knuppels is met ’n knip toegerus en moet byderhand bly – nie iewers in ’n laai lê nie. ONDER: Pepersproe­i kan as ’n mis, sproei, jel of skuim gebruik word, elkeen met voor- en nadele.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa