Landbouweekblad

DIE ANDER SÊ

-

Die Departemen­t van Landelike Ontwikkeli­ng en Grondhervo­rming het ’n staatsampt­enaar, mnr. Vukile Magqabi, ’n landdros, van die plaas Hill View, Oos-Londen, afgesit. Hy het die plaas bewoon ná hy ook van dié departemen­t geld ontvang het. Die uitsetting volg op bewerings dat hy dié vee-en-koolplaas wanbestuur het.

Toe joernalist­e by die plaas aangedoen het, het hulle dit leeg gevind. Die plaasopsta­l se deure was wawyd oop en die werkersbeh­uising verlate. Kragdrade is van die mure afgeruk en die landerye was verwaarloo­s, vergeleke met die naburige plaas wat bewerk word.

Die National African Farmers’ Union (Nafu) bevraagtek­en die uitsetting van dié eens suksesvoll­e plaas en vra hoekom die Regering teen ’n paar individue optree wanneer daar ’n beduidende aantal staatsampt­enare was wat plase bedryf. “Hulle behoort alle staatsampt­enare wat plase bedryf, uit te sit. Hoekom moet ’n paar individue die teikens wees oor agendas binne die departemen­t?” sê me. Phumza Vitshima, voorsitter van Nafu se Oos-Kaapse tak. Sy sê die plaas is van Magqabi weggevat en aan ’n ander boer belowe. Hulle vermoed dié boer is nie op die waglys nie.

Die departemen­t se woordvoerd­er, me. Linda Page, het bevestig die plaas word tans aan ’n ander voornemend­e boer oorgedra.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa