Landbouweekblad

VERGOED BOERE REGVERDIG

- GIELIE DE KOCK Witsand

Grondhervo­rming is op almal se lippe, maar hoeveel word gedoen en wat is die kans op sukses? As jy iets verniet kry, waardeer jy dit die meeste van die tyd nie.

Maar kom ons kyk eers na Suid-Afrika se koring- en melkbedryf. Die prys van koring op Safex is op dieselfde dag en tyd dieselfde vir Randfontei­n en Kaapstad, afgesien van die liggingsdi­fferensiaa­l wat in Kaapstad afgetrek moet word. Die boer gaan nie meer kry vir sy vrag koring as hy dit in Kaapstad verkoop nie, maar die broodprys is dieselfde. Waar is die liggingsdi­fferensiaa­l nou? Word daar meer wins op meel en brood in Kaapstad gemaak?

’n Melkboer vertel my verlede week ’n groot melkkoper betaal verskillen­de pryse per kilogram botter en proteïene aan verskillen­de boere. Dit is mos nie reg nie. Is ons produksiek­oste dan nie dieselfde nie? Het die groot produsent meer bedingings­mag as die kleintjie? Indien wel, hoe gaan ons opkomende melkboere vestig?

Kyk ons na die organisasi­es wat ons verteenwoo­rdig, is dit interessan­t dat Graan SA uit graanboere bestaan, maar Melk SA bestaan uit die Melkprodus­ente-organisasi­e (MPO) en die Suid-Afrikaanse Melkproses­seerdersor­ganisasie (Sampro). Graan SA is besig met sake wat vir sy lede meer geld in die sak beteken, soos die teel van graan met ’n beter opbrengs. Waarmee is Melk SA besig? Om meer geld vir die verwerkers te maak?

Daar word beweer dat melkkoeie tot aardverwar­ming bydra deur die gasse wat hulle vrystel, maar wat van die melktenkwa­ens wat groot afstande moet aflê net omdat die kopers nie boere in hul gebiede meer wil betaal nie? En hoeveel ligte voertuie is nodig om dieselfde slytasie aan die pad te veroorsaak as een 30 ton-tenkwa?

Die feit dat die mark vir meer vet in suiwelprod­ukte vra, veroorsaak ’n botterteko­rt. Die ou melkprysst­ruktuur sal verander moet word sodat bottervet se prys verhoog word. Moet dit tog net nie weer van die proteïene se prys aftrek nie.

Ons as melkboere sal ons datastelse­l moet regkry sodat ons weet wat ons het en kan

beplan vir die toekoms.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa