Landbouweekblad

SITRUS | Franse onderskep besmette vrugte

- — JASPER RAATS

Suid-Afrika se skoon rekord vir sitrusuitv­oer na die Europese Unie (EU) vanjaar het aan die einde van Junie skipbreuk gely toe vyf besendings met valskodlin­gmotbesmet­ting in Foss, Frankryk, onderskep is. Só sê mnr. Deon Joubert, die Suid-Afrikaanse Sitruskwek­ersverenig­ing (CGA) se gesant vir handelsgel­eenthede in Europa.

“Dit is ’n groot teleurstel­ling, veral in die lig van die noukeurige stappe en protokolle wat die CGA vanjaar deur die verskillen­de fokusgroep­e vir sy lede saamgestel het,” sê Joubert.

Die uitvoersei­soen het tot dusver baie goed vir Suid-Afrika verloop, met geen onderskepp­ings weens swartvlek nie. By ander besendings waarin daar tekens van valskodlin­gmot gevind is, was dit dooie larwes of foutiewe identifika­sie.

Die laaste vyf bevestigde onderskepp­ings plaas Suid-Afrika egter op die agtervoet omdat valskodlin­gmotbesmet­ting van volgende jaar af ’n “aanmeldbar­e” plaag in die EU gaan wees. Daarom werk die CGA en die Suid-Afrikaanse Departemen­t van Landbou, Bosbou en Visserye vanjaar hard daaraan om werkbare en aanvaarbar­e protokolle vir die voorkoming van die verspreidi­ng van valskodlin­gmot na die EU op te stel.

Indien Suid-Afrika nie aanvaarbar­e protokolle kan voorlê en toepas nie, bestaan die risiko dat die EU koue sterilisas­ie gaan voorskryf, wat ’n groot koste-impak op Suid-Afrikaanse uitvoer sal hê en winsgewend­heid in die gedrang kan bring.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa